SuperSport Schools Plus

Voorskou – 2017 – Affies vs Waterkloof

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-06-02

NewsG AffiesDie Wit Bulle van die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal op hul hoede wees wanneer hulle more teen Hoërskool Waterkloof op die veld draf. ‘

Klofies sal wel op Affies opdaag met ‘n loesing van 8-45 verlede week teen Helpmekaar-kollege vars in hul gegee, maar die span het vanjaar al gewys dat hy gevaarlik is. Waterkloof se beste sege tot dusver was sy oorwinning van 38-25 oor Paul Roos Gimnasium tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley.

Paul Roos het op dieselfde toernooi vir Affies met 21-14 verslaan.

Daar kan egter nie veel in die twee uitslae gelees word nie met Affies wat vir Outeniqua (34-0) en Helpmekaar (31-19) geklop het, terwyl hy teen Grey-kollege met 32-35 vasgeval het. Klofies het teen dieseldfe spanne so bietjie meer as Affies gesukkel. Waterkloof het in sy eerste wedstryd van die seisoen teen ‘n omgesukkelde Grey met 12-67 die onderspit gedelf, terwyl hy die Kwaggas van Outeniqua met 34-15 verslaan het.

Die grootste rede hoekom Affies versigtig vir Klofies sal wees is egter die feit dat elf van hulle spelers weens beserings nie more sal uitdraf nie. Van die vernaamste name op die krukkelys is Johan Mulder (skrumskakel), Dewald Donald, James Combrinck (albei stutte), Sean Thungo (vleuel), Carl Els, Michael de Waal (albei slotte), Marnus Potgieter (senter) en Ruan Wasserman (vleuel).

Dit is veral Klofies se agterhoede wat gevaar vir die tuisspan inhou. Die besoekers het in sy twee vleuels, PJ Krugell en Sean du Plooy, spelers wat weet hoe op die doellyn oor te steek. Die skrumskakel, Giovan Snyman, is sonder twyfel die beste skrumskakel in Blou Bul-kontrei.

Voorlangs behoort die slot Ruben Kotze en agtsteman, Ewan Visser, Klofies se aanslag te lei.

Vir Affies sal sy losskakel, Regardt Roets, sake moet dikteer. Sy voorlspelers met die agtsteman, Phillip Potgieter, kaptein en haker, Johan van Zyl, en flank Jaco Labuschagné aan die spits behoort hom van genoeg balbesit te verseker.

Vorige ontmoetings (2000-2016): 

2016Affies48Waterkloof14
2015Affies28Waterkloof15
2014Waterkloof38Affies21
2013Affies19Waterkloof18
2012Waterkloof23Affies16
2006Affies17Waterkloof7
2006Waterkloof21Affies18
2006Affies28Waterkloof24
2006Waterkloof45Affies20
2005Waterkloof20Affies12
2005Affies29Waterkloof22
2004Affies26Waterkloof19
2003Waterkloof33Affies16
2003Waterkloof11Affies6
2002Affies19Waterkloof16
2002Affies37Waterkloof28
2002Affies9Waterkloof8
2001Affies37Waterkloof13
2001Affies26Waterkloof8
2000Affies27Waterkloof10

Die spanne is:

Affies: 15 Charles Goedhals, 14 Ewan Botha, 13 Heinrich Boshoff, 12 Juandré du Piesanie, 11 Ruben Meiring, 10 Regardt Roets, 9 Steyn van der Spuy, 8 Philip Potgieter, 7 Jaco Labuschagné, 6 Divan du Preez, 5 Jordan Swemmer, 4 Mika Ruthven, 3 Sarel Joubert, 2 Johan van Zyl (kaptein), 1 Wiehan Bezuidenhout. Plaasvervangers: 16 Janco Uys, 17 Coetzee Michau, 18 Herman du Plessis, 19 Robin Brooks, 20 Marius Potgieter, 21 Dewaldt van der Merwe, 22 Jason Scheepers, 23 Ruan van Tonder.

Waterkloof: 15 Gideon Peters, 14 Sean du Plooy, 13 Jandré Pretorius, 12 Ruan Allers, 11 PJ Krugell, 10 Ulrich Maritz, 9 Giovan Snyman, 8 Ewan Visser, 7 Wikus Lindeque, 6 Gustav de Jager, 5 Ruben Kotze, 4 Wihan de Beer, 3 Gerrit Visser, 2 Ruben Veldsman (kaptein), 1 Bradley McGeer. Plaasvervangers: 16 Eckard Boshoff, 17 Jason Hattingh, 18 André Dippenaar, 19 Richard van den Berg, 20 Danie Wessels, 21 Wiam Badenhorst, 22 Brendon Katzke, 23 Neil Tolmie, 24 Renaldo Kuppen, 25 Juandré Jooste, 26 Polla Melamed.

Afskop: 13:30

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.