Vonke gaan spat in laaste ronde van die Skild


Die laaste ronde van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling eerskomende Saterdag is die belangrikste nóg, met selfs vier spanne wat vir Hoërskool Secunda uit die vierde plek op die puntelys kan lig vir ‘n plek in die halfeindronde.
Volg al die SDC Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Hoërskool Lichtenburg en Hoërskool Montana, wat tans bo aan die puntelys lê en reeds vir ‘n halfeindstryd gekwalifiseer het, pak mekaar vir die tweede keer vanjaar in Lichtenburg. In die vorige kragmeting, tydens die NWU Prestige-reeks, het die Monties met ‘n enkele punt (29-28) die pyp gerook.
Die Liggies sal oorgehaal wees om die bordjies te verhang, verkieslik met ‘n bonuspunt om aan die einde van die rondomtalie-wedstryde die eerste plek te beklee, wat moontlik ‘n tuiseindstryd kan verseker indien hulle die halfeindstryd oor ‘n week kan wen. Duan Kruger keer terug om die tuisspan se voorry op volsterkte te bring, met Juan van Rhyn wat weer sy plek op haker inneem.
Die Monties hoef egter slegs een punt uit die wedstryd te kry om sy voorsprong heel bo aan die puntelys te behou.
Teen wie dié twee spanne in hul onderskeie halfeindeindstryde te staan sal kom, bly egter nog ‘n raaisel. Met slegs een punt wat Secunda (23) in die vierde plek en Hoërskool Pietersburg (22) in die vyfde plek skei, kan daar hierdie naweek nog heelwat water in die see loop.
Dit maak van Secunda se besoek aan Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen ‘n uiters belangrike een. Die moontlike terugkeer van binnesenter, Bismarck Jansen, in wat straks sy laaste en belangrikste wedstryd vir die span van Mpumalanga kan wees, sal verwelkom word.
Secunda spook nie slegs vir ‘n plek in die halfeindronde nie, maar moet boonop ook nog die relegasie-spook wat oor sy kop hang afweer. Slegs ‘n halwe punt (129.5) hou tans sy kop bo water, met die Lichtenburgers (129) wat in sy nek blaas, en teen die twee topskole in die afdeling kan sake moeilik raak Saterdag.
Selfs die Buffels het nog ‘n skraal wiskundige kans om by die agterdeur in te glip, maar sal hul stryd met Secunda met ‘n bonuspunt móét wen om daardie kans lewend te hou.
Die Pieties durf vir Hoërskool Die Anker aan met ‘n onveranderde span in Polokwane. Dié ander voorslagspan uit Limpopo het so te sê uit die dood opgestaan en staan ‘n uitstekende kans om die halfeindronde te haal na twee reuseseges in die vorige rondes.
‘n Sege oor die besoekers van Brakpan sal beteken dat hy verby Heidelberg Volkskool skuif en moontlik met 26 punte in die derde plek kan eindig. Die Volkies, met 24 punte, sal moet hoop dat Die Anker hom ‘n guns doen deur die Pieties te klop, asook dat Secunda met geen punte van Tzaneen terugkeer nie.
Die span van Brakpan kan self nog met ‘n bonuspuntsege inglip. Dit sal hom na 25 ligapunte neem, een meer as die Volkies, wat verlede naweek in hul laaste wedstryd van dié ronde vir Secunda met 31-24 verslaan het.
Die spanne:
Hoërskool Lichtenburg t. Montana om 12:30 in Lichtenburg
Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 MC Shanahan, 6 Ruan Kroëse, 5 Darius Lombard, 4 George Bingudza, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Dirk Coetzee, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Ashton Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Aiden Vorster, 2 Juan Theunissen, 1 Joseph Wilkonson.
Ben Vorster t. Hoërskool Secunda om 13:30 in Tzaneen
Ben Vorster (moontlik): 15 Freddie Pinto, 14 Zane Trollip, 13 Gehan Hendricks, 12 Stiaan du Rand, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Joshua van Eeden, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Amaris Nortjé, 5 Chifu Banda, 4 Lourens Harmse, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Secunda (mmontlik): 15 Dillon Grundlingh, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismarck Jansen, 11 Damian de Beer, 10 Alonzo Blakenberg, 9 JD van Coller, 8 Renier Combrink, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Shongwe, 5 JC Olivier, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Jarred Davies, 1 Nathan Erasmus.
Hoërskool Pietersburg t. Die Anker om 12:30 in Polokwane
Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Elkan Esterhuyze, 13 Zuhan Labuschagne 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.
Die Anker (voorlopig): 15 Duan Conradie, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Ethan Minnie, 9 Troy Joubert, 8 Altus Pretorius, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Gerhard Oosthuizen, 4 Jaydon Steenkamp, 3 Tyron Davis, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.