Vonke gaan reeds vroeg volgende jaar in die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie spat
Die vonke gaan volgende jaar sommer vroeg in Afdeling 1 van die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie spat.
Dié kampioen, Hoërskool Monument van Krugersdorp, sal sy aanslag op 2023 se titel op sy tuisveld teen die nuweling, Hoërskool Nelspruit, afskop. Monnas het vanjaar nie ‘n enkele wedstryd in die kompetisie verloor nie.
Nelspruit se Rhinos was as kampioen van die Plaat-kompetisie gekroon. Hulle het hier ook nie ‘n enkele wedstryd verloor nie. Die Rhinos het in die Plaat-eindstryd vir die Hoërskool Middelburg met 23-17 verslaan.
Nelspruit is in die plek van HTS Middelburg se Rooi Bulle aan die einde van die seisoen na die boonste kompetisie van die reeks gepromoveer.
Dan pak die twee aartsvyande van Pretoria se Ooste, die Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Waterkloof, mekaar boonop ook nog tydens die eerste ronde wedstryde. Die Garsies was vanjaar die naaswenner van die Beker-kompetisie en het in die doodsnikke teen Monnas met 28-30 in die eindstryd vasgeval.
Die ander wedstryd van die eerste ronde dal tussen Helpmekaar-kollege en Menlopark beslis word. Die twee spanne het mekaar vanjaar behoorlik in die kragmeting opgekeil.
Die twee voorste spanne van 2022 sal mekaar reeds in die tweede ronde wedstryde die stryd aansê. Garsies sal dan die tuisveldvoordeel hê.
Die ander drie spanne in die Beker-kompetisie – Noordheuwel van Krugersdorp, Marais Viljoen van Alberton en Dr. EG Jansen van Boksburg sal hul aanslae eers in die tweede ronde wedstryd afskop. Die Nories sal in Johannesburg vir Helpies die stryd gaan aansê.
Terwyl EG Jansen na Alberton moet reis om vir Marais Viljoen teen te staan.
Die eindstryd sal op 26 Augustus beslis word, met die halfeindronde wat op 19 Augutus sal plaasvind.
Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):
6 Mei 2023
Garsfontein vs Waterkloof
Monument vs Nelspruit
Helpmekaar vs Menlopark
13 Mei 2023
Garsfontein vs Monument
Waterkloof vs Menlopark
Helpmekaar vs Noordheuwel
Marais Viljoen vs EG Jansen
20 Mei 2023
Noordheuwel vs Monument
Menlopark vs Garsfontein
EG Jansen vs Helpmekaar
Nelspruit vs Waterkloof
27 Mei 2023
Noordheuwel vs Menlopark
Nelspruit vs Helpmekaar
Garsfontein vs Marais Viljoen
Waterkloof vs EG Jansen
3 Junie 2023
Monument vs EG Jansen
Nelspruit vs Noordheuwel
Marais Viljoen vs Helpmekaar
10 Junie 2023
Marais Viljoen vs Noordheuwel
Garsfontein vs Nelspruit
Helpmekaar vs Waterkloof
EG Jansen vs Menlopark
22 Julie 2023
Monument vs Marais Viljoen
Menlopark vs Nelspruit
Noordheuwel vs Waterkloof
Nelspruit vs EG Jansen
29 Julie 2023
Monument vs Helpmekaar
Menlopark vs Marais Viljoen
Noordheuwel vs Garsfontein
Nelspruit vs EG Jansen
5 Augustus 2023
Menlopark vs Monument
EG Jansen vs Garsfontein
Waterkloof vs Marais Viljoen
12 Augutus 2023
Waterkloof vs Monument
EG Jansen vs Noordheuwel
Marais Viljoen vs Nelspruit
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15
- Rondebosch finish the prestigious Peninsula Festival as the only unbeaten side - 2025-01-12