Vonke gaan Saterdag in die Paarl spat
Die vonke gaan behoorlik Saterdag in die Paarl spat.
Vier van die voorste vyf skolespanne op School of Rugby se ranglys is more in die Bolandse dorpie in aksie. Paarl Gimnasium kom op sy tuisveld om 14:00 teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch te staan. Die wedstryd word regstreeks op SuperSport 8 uitgesaai. Op Brugstraat in die Paarl sal die Hoër Jongenskool poog om Grey-kollege van Bloemfontein vir die vierde agtereenvolgende jaar ore aan te sit.
Paarl Gimnasium het dieselfde missie met sy laaste nederlaag teen Paul Roos (10-16) wat in 2014 op sy tuisveld in die Paarl was. Die twee spanne beklee onderskeidelik die tweede en derde posisie op die nuutste ranglys en ‘n sege Saterdag kan beteken dat een van die twee spanne die boonste posisie beklee. Dit hang natuurlik alles af van wat tussen Boishaai en Grey gebeur. Grey is op die oomblik die voorste span in die land, terwyl Boishaai die vyfde posisie beklee.
Gimmies se sleutelspeler is sy kaptein en binnesenter, Dawid Kellerman. Hy sal in ‘n hewige tweestryd met Brendan Venter in die middelveld gewikkel wees. Venter is die seun van die gewese Bok-senter en hulpafrigter, Brendan Venter. Kellerman het vroeër vanjaar die nasionale skole-sewesspan gehelp om sy titel in Namibië te behou.
Paul Roos het sy agttal vir die wedstryd meer lyf gegee deur sy loskopstut tot dusver die seisoen, Mink Scharink, na slot te skuif. Die Nederlander het verlede jaar ook in die posisie vir die span van die Eikestad diens gedoen. Hy sal dus nie te ongemaklik met die skuif wees nie.
Robbie Rodgers, seun van die voormalige Bok-stut Heinrich Rodgers, sal na die loskop kant van die skrum skuif. Hanru Jacobs wat die skrum op vaskop moet anker het tydens die Wildeklawer-toernooi gewys dat hy self ‘n sterke derduiwel is.
Indien Paul Roos genoeg balbesit voorlangs kan bedwing sal sy agterhoede met die losskakel, Juan Mostert, aan die spits heelwat vrae aan Gimmies se verdediging vra. Gimmies het in Juan Beukes, Jean-Jacques Rossouw (albei slotte) en die flank Mark Etzebeth ‘n paar ysters voorlangs wat Paul Roos se planne in die wiele kan ry.
Die spanne is:
Paarl Gimnasium: 15 Tiaan Swanepoel, 14 Francois Marais, 13 Stephan du Toit, 12 Dawid Kellerman (kaptein), 11 Stravino Jacobs, 10 Charl Janson, 9 Bobby Alexander, 8 Hendri Siebert, 7 Mark Etzebeth, 6 Dean Nieuwoudt, 5 Juan Beukes, 4 Jean-Jacques Rossouw, 3 Jovan Bekker, 2 Delarey Nel, 1 Preben Verleden. Plaasvervangers: 16 Liam Compion, 17 Wian van Zyl, 18 Gerhard van Niekerk, 19 Pierich Siebert, 20 Juan Wilson, 21 Willem van Niekerk, 22 Jurie Matthee, 23 Jacques Marais.
Paul Roos Gimnasium: 15 Kade Wolhuter, 14 Remy Engelbrecht, 13 Regan van der Westhuizen, 12 Brendan Venter, 11 Tiaan Pretorius, 10 Juan Mostert, 9 Xander Botha, 8 Matthew Cordy, 7 Hermann Heins, 6 Jarrod Cairns, 5 Micardo du Preez, 4 Mink Scharink, 3 Hanru Jacobs, 2 JJ Kotze (kaptein), 1 Robbie Rodgers. Plaasvervangers: 16 Jan-Corrick van der Watt, 17 Meiring Ebersohn, 18 Daniel Swart, 19 Johann Bouwer, 20 André Smit, 21 Gerhard Cloete, 22 Ruben Labuschagne, 23 Cade Croy.
Vorige Ontmoetings:
| 2017 | Paarl Gimnasium | 20 | Paul Roos Gimnasium | 19 | Stellenbosch |
| 2016 | Paarl Gimnasium | 28 | Paul Roos Gimnasium | 24 | Paarl |
| 2015 | Paarl Gimnasium | 23 | Paul Roos Gimnasium | 21 | Stellenbosch |
| 2014 | Paul Roos Gimnasium | 16 | Paarl Gimnasium | 10 | Paarl |
| 2013 | Paarl Gimnasium | 24 | Paul Roos Gimnasium | 15 | Stellenbosch |
| 2012 | Paarl Gimnasium | 28 | Paul Roos Gimnasium | 8 | Paarl |
| 2011 | Paul Roos Gimnasium | 34 | Paarl Gimnasium | 30 | Stellenbosch |
| 2010 | Paarl Gimnasium | 30 | Paul Roos Gimnasium | 27 | Paarl |
| 2009 | Paul Roos Gimnasium | 47 | Paarl Gimnasium | 36 | Stellenbosch |




