SuperSport Schools Plus

Volpunte vir Beker-Bere in Johannesburg

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-04-12 Tags: , , , , ,

DERRICK KUHN, skrumskakel van Hoërskool Garsfontein, in ekstase na sy tweede drie. FOTO: Marius Nortjé.

Hoërskool Garsfontein het die verdediging van sy Beker-titel in die SDC Noordvaal Cup met ‘n spogvertoning in Johannesburg afgeskop.

Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Die Bere het vyf keer agter die doellyn van Helpmekaar Kollege gaan draai om hul veldtog op ‘n drafstap te open met ‘n telling van 47-29 .

Die span van Pretoria het boonop aangedui dat hy nie slegs oor ‘n formidabele agttal beskik nie, maar agterlangs ook aanskoulike hardlooprugby kan opdis.

Skrumskakel, Derrick Kuhn, het sy indrukwekkende seisoen voortgesit om nie alleen self twee keer die doellyn oor te steek nie, maar ook puik diens te lewer vir losskakel, Junaid Passensie, waarmee hy die gevaarmanne aan sy buitekant, Junaide Stuart (regtervleuel) en Drewyn Baron (heelagter), los kon laat.

Old School

Vir die Helpies het binnesenter, Ethan Lourens, uitgeblink met bal in hand en ook op die verdediging ‘n massiewe bydrae gelewer.

Die grondslag vir die besoekers se sege was oudergewoonte voorlangs gelê, met vaskopstut, Luan “Propie” van den Berg, wat aanhou beïndruk met sy uitgebreide vaardigheidstel vir ‘n voorryman. Van den Berg beskik oor uiters betroubare hande en is vanjaar dikwels betrokke in sy span se aanvalsbewegings.

Helpies se haker, Gustav Grotius, het ook gewoel in die los en nie teruggedeins vir die fisieke stryd voorlangs nie.

Puntemakers:

Garsfontein 47 (22) – Drieë: Derrick Kuhn (2), Junaide Stuart, Drewyn Baron, Luan van den Berg. Doelskoppe: Kuhn (2). Strafdoele: Kuhn (3). Helpmekaar Kollege 29 (15) – Drieë: Ethan Lourens, Llewelyn Vermaak, Jandré Botha, Keanan Combrink. Doelskoppe: Wian Strom (3). Strafdoel: Storm.

Ander spanne:

o.16: Garsfontein 41, Helpmekaar 12.

o.15: Garsfontein 28, Helpmekaar 15.

o.14: Garsfontein 23, Helpmekaar 21.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.