SuperSport Schools Plus

VKB-week altyd ‘n hoogtepunt op die plattelandse skolerugby kalender

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-06-29 Tags:

VKBDie 24e VKB/Reits Rugbyweek sedert 1998 skop op hierdie Saterdag weer in die Oos-Vrystaat af.

Al die wedstryde is regstreeks beskikbaar op SuperSport SchoolsRegistreer nou

In 2018 is die rugbyweek verdeel in die Stedelik en Platteland weke. Die Stedelike week het in die laaste week van Junie afgespeel, waar die Blou Bulle kop en skouers bo die ander sewe spanne uitgestaan het. Hulle het in die eindstryd met 32-20 teen die Vrystaat Arende gewen

Die Platteland week begin amptelik vandag, waneer die spanne in Reitz bymekaar kom, en die eerste wedstryd is Saterdag om 09:00. 12 spanne sal gedurende die week meeding vir ‘n plek in Woensdag se eindstryd.

Op Dinsdag sal daar ook ‘n sewes-toernooi plaasvind.

Na afloop van die rugbyweek word ‘n Platteland span gekies wat na Frankryk gaan toer, asook ‘n sewes-span wat in Dubai gaan meeding.

Vir ‘n volle lys van al die spanne, lees gerus ons 2023 VKB/Reitz Platteland Rugbyweek spanaankondiging artikel.

Verlede jaar het die Luiperds met 24-17 teen die Rooikatte in die eindstryd geseevier.

Die Luiperds groep wat hierdie jaar daardie sukses sal wil herhaal bestaan uit agt spelers van Hoërskool Lichtenburg, en agt uit Hoërskool Vryburg. Wolmaransstad het ook vier spelers in die span, terwyl Koster, Stella en Zeerust elk een speler het wat hulle verteenwoordig.

Verlede jaar se Speler van die Toernooi, die Midstream College flank, Tian Pretorius, wat vir die Rooikatte uitgedraf het, speel tans in Amerika vir The University of Mary in Washington.

Die eerste dag se bepalings:

09:00 – Luiperds t. Zululand; 10:20 – Rooikatte t. Sandveld; 11:40 – Kiewiete t. Barbarians; 13:00 – Pumas t. Griekwas; 14:20 – NKZN t. Kiewiete Platteland; 15:40 – SKZN t. Oos-Vrystaat.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.