Virsekerbeker Plaat-kompetise se bepalings vir 2020 bekend
 Die verdedigende kampioen van die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie, Ben Vorster van Tzaneen, sal vanjaar weg van die huis op sy stukke moet wees indien die trofee weer staanplek in die Buffels se trofeekas sal kry.
Die verdedigende kampioen van die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie, Ben Vorster van Tzaneen, sal vanjaar weg van die huis op sy stukke moet wees indien die trofee weer staanplek in die Buffels se trofeekas sal kry. 
Die Vossies skop sy aanslag op 2020 se titel op sy tuisveld teen die Hoërskool Nelspruit af. Hy sal ook in sy volgende twee wedstryde in Tzaneen teen Transvalia van Vanderbijlpark en Kempton Park te staan kom. Daarna sal die span egter sy volgende vier wedstryde weg van die huis moet speel.
Die Vossies het steeds sy skitterende losvoorspeler, Renzo du Plessis, in sy geledere. Die afrigter Peter Schutte is ook ‘n man wie se planne nooit opraak nie.
Transvalia het verlede jaar nog in die Beker-kompetisie van die reeks gespeel. Die span van Vanderbijlpark sal dus deeglik sy stempel in die Plaat-kompetisie wil afdruk.
Die Vossies het Eldoraigne naelskraaps met 37-36 in die eindstryd van die Plaat-kompetisie verlede jaar in Alberton verslaan. Die Eldo Drake wat in 2018 die kampioen was, is gerelegeer na die Skild-kompetisie van Afdeling 1 van die Virsekerbeker.
Daar behoort soos die eerste twee jaar van die Plaat-kompetisie nie veel tussen die agt spanne in die reeks te kies te wees nie. Die Hoërskool Rustenburg word deur die gewese Springbok-stut Attie Strauss gebrei.
Die 2020-seisoen sal ook ‘n spesiale jaar vir die Noordvaal Skolerugby-vereniging wees. Dié vereniging sal die 100ste bestaansjaar van die kompetisie vier wat voorheen ook as die Administrateursbeker, Direkteurstrofee en Beeldtrofee bekend gestaan het.
Die eindstryd van van die toernooi sal op 22 Augustus beslis word, terwyl die halfeindstryde die week voor dit gespeel sal word.
Die bepalings is (tuispanne eerste vermeld):
Saterdag, 18 April 2020
Ben Vorster vs Nelspruit
Saterdag, 25 April 2020
Kempton Park vs Nelspruit
Ben Vorster vs Transvalia 
Saterdag, 2 Mei 2020
Zwartkop vs Hoërskool Middelburg
Hoërskool Rustenburg vs Montana
Transvalia vs Kempton Park
Saterdag, 9 Mei 2020
Nelspruit vs Montana
Transvalia vs Zwartkop
Ben Vorster vs Kempton Park
Hoërskool Middelburg vs Hoërskool Rustenburg
Saterdag, 16 Mei 2020
Nelspruit vs Hoërskool Middelburg
Hoërskool Rustenburg vs Ben Vorster
Montana vs Transvalia
Saterdag, 23 Mei 2020
Zwartkop vs Hoërskool Rustenburg
Hoërskool Middelburg vs Ben Vorster
Kempton Park vs Montana
Saterdag, 11 Julie 2020
Hoërskool Rustenburg vs Nelspruit
Montana vs Zwartkop
Hoërskool Middelburg vs Kempton Park
Saterdag, 18 Julie 2020
Kempton Park vs Zwartkop
Montana vs Hoërskool Middelburg
Transvalia vs Hoërskool Middelburg
Saterdag, 25 Julie 2020
Nelspruit vs Transvalia
Zwartkop vs Ben Vorster
Saterdag, 1 Augustus 2020
Nelspruit vs Zwartkop
Montana vs Ben Vorster
Kempton Park vs Hoërskool Rustenburg
Transvalia vs Hoërskool Middelburg
Nog Artikels:
Vossies onttroon Eldos se Groen Drake as Virsekerbeker-kampioene
Eldoraigne sal Virseker-titel teen nuwelinge Ben Vorster verdedig
Vorster beklink sege vir Vossies oor die Rhinos met strafdoel
Vossies en Marais Viljoen beklink seges in die doodsnikke in Virsekerbeker
[powr-comments id=”65b526ff_1578308387137″]
 
 
 Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup
Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 