SuperSport Schools News

Virseker nie meer borg van Noordvaal-trofee

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-03-03

Na 5 jaar se borgskap is Virseker nie meer die borg van die Noordvaal rugbykompetisie nie.
Die kontrak met Virseker het aan die einde van 2019 ten einde geloop.Na samesprekings en
vergaderings met Virseker,is die verlenging van die borgskap teen spertyd nie hernu nie.
As gevolg van Covid-19 kon daar vir ongeveer 2 jaar geen rugby gespeel word nie. Die
Noordvaalkompetisie, die oudste van sy soort in die wereld, het in 1920 ontstaan as’n inter-
skole kompetisie wat toe deur Ermelo gewen is.
Vanaf 1922 tot en met 1981 was dit bekend as die Administrateursbeker.Vanaf 1982 tot
1994 het die kompetisie bekend gestaan as die Direkteurstrofee. In 1995 verander die naam
na die Beeldtrofee en vanaf 2016 staan hierdie kompetisie bekend as die Virsekerbeker.
Voortaan (vanaf 2022) sal die kompetisie bekendstaan as die Noorvaalkompetisie totdat’n
nuwe borg aan boord kom.
Noordvaal bestaan uit 6 Rugbyprovinsies: Blou Bulle,Leeus,Luiperds,Valke,Pumas en
Limpopo.Oor die afgelope 102 jaar was daar net 3 jare wat die kompetisie nie kon plaasvind
nie. In 1948 a.g.v. polio en 2020 en 2021 a.g.v. Covid.Ons wil graag ons borge van die
afgelope 102 jaar bedank vir hul betrokkenheid by skolerugby.Ons nooi dus ook enige
belangstellendes uit wat bereid sal wees om as borge op te tree by hierdie grootste
rugbyplatvorm in Suid-Afrika.
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.