Verskeie spanne wys hul tande voor Noord/Suid

KRUGERSDORP. – Alle paaie lei die week na die jaarlikse Noord/Suid-toernooi wat by Affies in Pretoria aangebied word.
Paul Roos Gimnasium en Affies wat Saterdag in die hoofwedstryd van die rugbyfees teen mekaar te staan kom het gewis reeds vandag vir mekaar tande gewys.
Paul Roos Gimnasium het vir HTS Drostdy met 73-10 in die Markötter-stadion in Stellenbosch verniel. Sy losskakel, Joshua Dampies, het ‘n goeie dag op kantoor belee en 21 van sy span se punte aangeteken.
Hy het nege van sy span se tien drieë verdoel asook ‘n strafdoel tussen deur die pale gejaag. Die tiende drie is deur Matthew Seymore verdoel. Seymore is die seun van die voormalige eersterangse krieketspeler, André Seymore.
Affies het self na ‘n hoër rat oorgeskakel om Helpmekaar op sy tuisveld in Johannesburg met 45-21 die loef af te steek. Die haker, Ethan van Dyk, sowel as die linkervleuel, Nicolaas Grobler, het elk dubelle driedruk-plesier ervaar.
Monument se Wit Bulle het hul seisoen op die Ras van Rooyen-veld teen Welkom Gimnasium met ‘n klinkende sege van 64-28 afgeskop.
Hoewel die span wel met rukke en stote gespeel het, sal die span se afrigters, Tjaart van der Walt en Francois Robbertse, nie te ongelukkig oor die eerste vertoning van jaar wees nie.
Albei Monnas se vleuels, Ernesto Oersen en Kealan Milton, het glad nie koud op die punte gekry nie. Albei het goeie wedstryde belee en etlike meters veld gewen.
Die Wit Bulle kom Saterdag tydens Noord/Suid teen Paarl Gimnasium te staan.
Paarl Gimnasium het self ‘n behoorlike grom ingekry deur Stellenberg met 29-5 te verslaan. Die Gimmies se gemaklikste sege die afgelope decade oor die Jade Brigade.
Gimmies was onderskeidelik in 2023 (24-23) en 2022 (12-6) na ‘n hewige gestoei net-net baas oor Stellenberg.
Garsfontein het sy seisoen met ‘n sege van 37-31 oor Jeppe High School for Boys afgeskop. Die Bere kom reeds Vrydag op die Noord/Suid-toernooi teen Oakdale Landbou te staan.
Jeppe en King Edward VII kry vanjaar ‘n vuurdoop tydens die toernooi. Hulle kom albei teen Grey-kollege te staan, terwyl Jeppe boonop op die eerste dag teen die Hoër Jongenskool Paarl sake sal uitspook.
KES het ‘n goeie sege van 31-27 Saterdag oor Noordheuwel behaal om hul seisoen mee te begin.
Selborne College het ‘n sege van 14-7 oor Graeme College op laasgenoemde se jaarlikse rugbydag in Makhanda verslaan.
Grey High School het op dié sportdag ook sy seisoen met ‘n gemaklike oorwinning van 44-5 oor Hudson Park behaal. Nico Malan van Humansdorp sal self trots op hul oorwinning van 31-29 oor Dale College wees.
Goudveld-Hoërskool in Welkom het hierdie week ‘n dubbelle slag geslaan toe hy twee skole van Bloemfontein in die Wesgrow-reeks, Fichardtpark (22-19) en Jim Fouché (20-13), verslaan het. Fichies is boonop die verdedigende kampioen.
Dit blyk of die NWU Sport-reeks se trofee dalk ‘n staanplek by EG Jansen, Waterkloof of Menlopark gaan kry. Die Jansies het vir Transvalia met 41-0 verslaan, terwyl Menlopark vir Hoërskool Middelburg met 53-5 kaf gedraf het.
Waterkloof het in hul eerste wedstryd van die seisoen vir HTS Middelburg met 40-10 ore aangesit.
Al die uitslae:
KWAZULU-NATAL
Durban High School 23, Kearsney College 0; Michaelhouse 25, Westville Boys’ High 17; Northwood 10, Hilton College 7; Maritzburg College 83, Clifton 10; St Charles College 25, Milnerton 19.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Jim Fouché 24, Witteberg 24; Goudveld-Hoërskool 22, Fichardtpark 19; Noord-Kaap 57, Louis Botha 14; Goudveld-Hoërskool 20, Jim Fouché 13; Witteberg 51, Sentraal 8; Diamantveld 29, Hoërskool Trio 27; Voortrekker 33, Fichardtpark 10; Hentie Cilliers 63, Wilgerivier 14; Hoërskool Upington 31, Curro Kathu 7.
NOORDVAAL
Affies 45, Helpmekaar 21; Garsfontein 37, Jeppe 31; Monument 64, Welkom Gimnasium 28; Jeppe 36, Pretoria Boys’ High 20; King Edward VII 31, Noordheuwel 27; St Stithians College 62, St Benedict’s College 3; St John’s College 29, St David’s Marist 21; St Alban’s College 37, Parktown Boys’ High 20; EG Jansen 57, Ligbron Akademie 23; Frikkie Meyer 12, Bergsig Akademie 10; HTS Tom Naudé 28, Merensky 14; Die Wilgers 35, Hartbeespoort 17; Randpark High 45, Edenvale 12; Glen Harvie 20, HTS Sasolburg 13; Northcliff 27, Springs Boys’ High 12; Standerton 23, Overvaal 5; Dinamika 36, Centurion 19; Randburg 26, Midstream College 12; Bekker 34, John Vorster (Nigel) 17; Brandwag (Benoni) 46, Generaal Hertzog 0.
NWU SPORT-REEKS
Kempton Park 31, Transvalia 21; Oos-Moot 37, Hoërskool Nelspruit 29; Menlopark 53, Hoërskool Middelburg 5; Waterkloof 40, HTS Middelburg 10; EG Jansen 41, Transvalia 0; Menlopark 48, Oos-Moot 7; Waterkloof 63, Kempton Park 21.
NWU PRESTIGE-REEKS
Hugenote (Springs) 24, Hoërskool Klerksdorp 19; Montana 35, Oosterlig 10; Hoërskool Rustenburg 18, Wesvalia 18; Zwartkop 32, Potchefstroom Volkskool 23; Marais Viljoen 33, Jeugland 21; Lichtenburg 28, Hoërskool Pietersburg 11; Potchefstroom Gimnasium 12, Die Anker 5.
NWU 16-REEKS
Pretoria-Noord 20, Stoffberg 15; Sarel Cilliers (Glencoe) 36, Ferrum 34; Volksrust 28, Pionier 24; Riebeeckrand 27, Leeuwenhof 12; Ben Viljoen 34, Hans Strijdom 27; Wolmaransstad 33, Fochville 14; Vryburg 69, Schoonspruit 5; Oosterland 27, Delmas 17.
OOS-KAAP
Selborne College 14, Graeme College 7; St Andrew’s College 34, Die Brandwag (Uitenhage) 19; Nico Malan 31, Dale College 29; Framesby 43, Stirling 0; HTS Daniël Pienaar 43, Union 6; Grey High School 44, Hudson Park 5; Kingswood College 29, Marlow Landbou 14; Cambridge 24, Muir College 21; Pearson 19, Queen’s College 11; Mary Waters 13, HTS Port Rex 12; Port Alfred 12, Graeme College II 12; Woodridge College 7, Die Brandwag (Uitenhage) II 10.
WES-KAAP
Paul Roos Gimnasium 73, HTS Drostdy 10; Paarl Gimnasium 29, Stellenberg 5; Bishops 43, Hoërskool Windhoek 8; Wynberg Boys’ High 84, Hoërskool Windhoek 3; Oakdale Landbou 17, Rondebosch Boys’ High 13; SACS 25, Hoërskool Durbanville 22; Parel Vallei 13, Hermanus 5; Boland Landbou 15, Outeniqua 13; Robertson 15, Vredendal 12; Charlie Hofmeyr 41, DF Malan 15; Worcester Gimnasium 24, Tygerberg 15; Hottentots-Holland 38, Fairbairn College 0; Strand 33, Hamiltons RFC 31; Labori 10, Bosmansdam 0; Melkbosstrand 22, Fairmont 7; Edgemead 20, Vredenburg 0; Piketberg 27, Esselenpark 19; Steynville 27, De Villiers Graaff 24; Weston 12; De Kuilen 7; Brackenfell 15, Hopefield 14; Montagu 52, Jakes Gerwel 12; Langenhoven Gimnasium 24, Overberg 17; Hugenote (Wellington) 14, Hoërskool Punt 10.
 
 
 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 