Valia sewestoernooi skop Vrydag af
Daar is weer hope sewes-aksie by Transvalia in Vanderbijlpark hierdie naweek.
32 o.15- en o.17-spanne sal van Vrydag middag af meeding vir die Noordvaal Valke Sewes-titel.
Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
Hierdie toernooi sal ook ‘n geleentheid bied vir nie Valke spanne wat volgende naweek aan die onderskeie Frogfoot- en Darryl Weir-reekse deelneem volgende naweek in Krugersdorp en Benoni om hul staal te toets teen van die plaaslike kompetisie wat ook by daardie toernooie deelneem.
Verlede jaar was Dr EG Jansen die voorste sewesspan in die streek. Hulle kon albei plaaslike toernooie by onderskeidelik Hans Moore en Hugenote wen.
In altwee daardie wedstryde het hulle teen Kempton Park te staan gekom in die eindstryd, en daar is ‘n goeie kans dat ons hierdie jaar nog ‘n uitspeelwedstryd tussen die twee trotse skole sal sien.
EG Jansen deel ‘n poel met Hugenote, Birchleigh en Vereeniging Gimnasium. Vir ‘n kans om Saterdag aan te beweeg na die uitspeelrondes toe sal hulle tenminste bo twee van hul teenstanders in hul groep moet eindig.
Die tuisspan kompeteer met Die Anker, Hoërskool Sasolburg en Dr Malan vir ‘n plek in die kwarteindstryd terwyl verlede jaar se naaswenners, Kempton Park, moet reken met Brandwag, Driehoek en Hans Moore.
Die groepe:
Poel A: EG Jansen, Hugenote, Birchleigh, Vereeniging Gimnasium.
Poel B: Jeugland, Heidelberg, Oosterlig, HTS Sasolburg.
Poel C: Transvalia, Die Anker, Hoërskool Sasolburg, Dr Malan.
Poel D: Brandwag, Kempton Park, Driehoek, Hans Moore.
Die bepalings:
Vrydag
A-veld: 12:00 – EG Jansen t. Vereeninging Gimnasium; 12:20 – Jeugland t. HTS Sasolburg; 12:40 – Transvalia t. Dr Malan; 13:00 – Brandwag t. Hans Moore; 13:40 – Hugenote t. Vereeniging Gimnasium; 14:00 – Heidelberg t. HTS Sasolburg; 14:20 – Die Anker t. Dr Malan; 14:40 – Kempton Park t. Hans Moore; 15:20 – Vereeniging Gimnasium t. Birchleigh; 15:40 – HTS Sasolburg t. Oosterlig; 16:00 – Jeugland t. Heidelberg; 16:20 – Brandwag t. Kempton Park; 16:40 – EG Jansen t. Hugenote; 17:00 – Transvalia t. Die Anker.
B-veld: 16:00 – Driehoek t. Hans Moore.
C-veld: 12:00 – Hugenote t. Birchleigh; 12:20 – Heidelberg t. Oosterlig; 12:40 – Die Anker t. Hoërskool Sasolburg; 13:00 – Kempton Park t. Driehoek; 13:40 – EG Jansen t. Birchleigh; 14:00 – Jeugland t. Oosterlig; 14:20 – Transvalia t. Hoërskool Sasolburg; 14:40 – Brandwag t. Driehoek; 15:40 – Dr Malan t. Hoërskool Sasolburg




