Valia en Witteberg wil vandag ritme herwin na skoolvakansie
Witteberg en Transvalia meet Maandag om 14:00 kragte in Bethlehem voor hulle hul onderskeie finale ligabepalings na die skoolvakansie aanpak.
Dit is vir albei skole ‘n kans om weer ritme te vind voor die seisoen hervat word en ‘n unieke geleentheid om hulself te toets teen ‘n span wat nie in dieselfde streeksliga meeding nie.
Transvalia veg in die SDC Noordvaal Plaat-afdeling waar hulle sover nog onoorwonne die seisoen is.Die span van Vanderbijlpark se Cravenweek-losskakel, Duan du Toit,se skopskoen was al meer as een span se ondergang hierdie seisoen.
Valia se voorry, aangevuur deur hul haker, Junior van Wyngaardt, kan ook ‘n handvol wees vir die tuisspan.
Witteberg neem deel aan die Wesgrow Sentrale Sprotreeks. Hy sal Saterdag weer in aksie wees teen Jim Fouché, dan het hy nog net vir Hoërskool Trio en die onoorwonne Fichardtpark wat op hul wag.
Nico van Rensburg (senter) en Daniel Meintjies (agsteman) van Witteberg was gedurende die vakansieperiode deel van die onoorwonne Barbarians span by die VKB Platteland Rugbyweek in Reitz. Albei spelers is aangewys as die beste in hul posisie gedurende die toernooi en gekies as deel van Platteland-span wat na Frankryk gaan toer.
Meintjies is ook aangewys as die beste voorspeler by die toernooi en kon minstens een drie in elke wedstryd die week druk.
Pieter Nel (stut) en Jacques van der Merwe (haker) het Witteberg verteenwoordig by die o.17 Rhino-week in Vanderbijlpark waar hulle ook uitgestaan het en vir die toerspan na Ierland gekies is.
Die spanne is:
Witteberg t. Transvalia om 14:00:
Witteberg: 15 Curtley Smith, 14 Ashton Diedericks, 13 Kenyon Morat, 12 Nico van Rensburg, 11 Xavier Lotter, 10 Sydwell Sethi, 9 Dries Stemmet, 8 Daniel Meintjies, 7 Llewellyn Beukes, 6 Marco Grobler, 5 Gerard de Boer, 4 Pieter Nel, 3 Bongi Mbamo, 2 Jacques van der Merwe, 1 Zethu Mokhosi.
Transvalia: 15 Daniel Grobler, 14 Kiki Maccamel, 13 Siya Khambule, 12 Brandon Smit, 11 Frikkie Smit, 10 Duan du Toit, 9 Ruben Claasen, 8 Anro Labuschagne, 7 Xander McNeill, 6 Alex McNeill, 5 Dane Beytell, 4 Vincent Brits, 3 Stiaan Breedt, 2 Junior van Wyngaardt, 1 Arné Botes.




