SuperSport Schools Plus

Uppies bo in Klein Interjol van 2014

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-05-19

HOËRSKOOL UPINGTON se eerste rugbyspan het sy tuisveld-voordeel tot volle benut en sy ENB Classic Clash teen Duineveld met 16-8 gewen.

Uppies se heelagter, Benna Nieuwoudt het al sy span se punte aangeteken. Hy het vir ’n drie deurgedraf, dit verdoel en drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.

Vir Velties het sy slot Ryno Karstens en senter Coenie Lampbrecht goeie spel gelewer.

) Landboudal van Jacobsdal het ’n oortuigende sege van 47-5 oor Hoërskool Kalahari van Kuruman behaal. Die span se twee Cravenweek-spelers, die slot Teubes Brits en stut FC Smit was soos gewoontlik staatmakers. Die haker, Gideon Kriel het ook probleme vir die Leeus van Kuruman besorg.

Agterlangs het die losskakel Guillaume Oberholster en senter Erick Reinecke goed vertoon.

Die strafskop-telling in die tweede helfte was 22-5 teen Lanties.

) In die Sandveld-liga het Bothaville sy oorheersing voorgesit. Die span van kaptein en agtsteman, Sakkie Bester het eers vir Wessel Maree (60-0) en toe vir Riebeeckstad (41-5) verlede week uit die pad gevee.

Die vleuel, Tshepo Maseki was die speler van die wedstryd teen Wessel Maree, terwyl Bester, die ander vleuel Thato Mojaki en skrumskakel JP Korkie ook goed gespeel het.

Korkie was Saterdag die grootste doring in Riebies se vlees. Hy het die oond seepglad skoongemaak en sy ondersteuning vir die baldraer was wat hom gevaarlik op die aanval gemaak het. Bester, Maseki en die stut Donovan van Wyk kan ook maar vandag breëbors rondloop. Vir Riebies het die flank Zander Bester moedig probeer walgooi. Hy is goed deur die agtsteman, Kobus Scheepers en voorryman Morné Botha ondersteun. Agterlangs verdien die senters Johan Engelbrecht en Antonio Jurack vermelding vir hulle spel.

Hennenman het Wessel Maree met 31-15 getroef. Vir die wenspan was die agtsteman Daniel Nkopane, losskakel Angelo Pienaar en heelagter Stefan Smit uitblinkers.

) In die Oos-Vrystaat het Vrede ’n oortuigende sege van 58-5 oor Ladybrand behaal. Die span se flak, Michael Podges het ’n driekuns aan drieë behaal.

Wilgerivier moes hard werk om Ficksburg 24-13 onder te kry. Ficksburg het op sy tuisveld met die omdraaislag met 13-12 voorgeloop. Die span van Frankfort se flank, Gerrie Muller moet ’n sterk aanspraakmaker op ’n plek in die Griffons se Cravenweekspan wees. Muller beleef sover vanjaar ’n uitmuntende seisoen.

) Bultfontein het twee goeie seges verlede week oor onderskeidelik Hoopstad (24-10) en Salomon Senekal van Viljoenskroon (58-0) behaal. Die span se agtsteman, GJ van Eeden het ’n driekuns aan drieë teen Salomon Senekal behaal en ook twee keer teen Hoopstad oor die doellyn geval.

Bothaville 41 (24) – Drieë: Sakkie Bester (2), Donovan van Wyk, WJ Crous, Tshepang Maseki, Derek Beeslaar, Strafdrie. Doelskoppe: Bester (2), Crous. Riebeeckstad 5 (0) – Drie: Morné Botha.

Hennenman 31 – Drieë: Angelo Pienaar (2), Donovan Sithole, SF Jerling. Doelskoppe: Stefan Smit (2), Pienaar (2). Strafdoel: Pienaar. Wessel Maree 15 – Drieë: Lerato Mere, Armand du Plooy, Vuyani Malawu.

Bothaville 60 (33) – Drieë: Sakkie Bester (2), Thato Mojaki (2), Rikus Alkema, Alec Dodge, WJ van Staden, WJ Crous, Derek Beeslaar, Riaan Badenhorst. Doelskoppe: Beeslaar (4), Bester. Wessel Maree 0.

Vrede 58 – Drieë: Michael Podges (3), Charl du Toit (2), Juanovive Pienaar (2), Johan Esterhuizen, Athur Longuera, PJ Jonker. Doelskoppe: Esterhuizen (4). Ladybrand 5.

Wilgerivier 24 (12) – Drieë: Christiaan Muller, Monré Venter, Ricard Frade, MJ Lourens. Doelskoppe: Gerrie Muller, JJ Dekker. Ficksburtg 13 (13) – Drieë: Doors Smit (2). Strafdoel: Lionel Pietersen.

Hoopstad 54 – Drieë: Andries van Zyl (2), Estean Smit (2), Frans-Willem van Beeck (2), MJ de Bruin, Gerrit Smit, Janus Venter, Franco Schoonraad. Doelskoppe: Schoonraad (2). Welkom High 7.

Sandveld 24 – Drieë: Johan Fick, Michael Fulton, Juandré Botes, Jaco Groenewald. Doelskoppe: Lucky Bob (2). Theunissen 13 – Drie: Wian Jordaan. Doelskop: Sylvester Seseane. Strafdoele: Seseane (2).

Bultfontein 58 – Drieë: GJ van Eeden (3), Niel Grobbelaar, Tefelo Ramathello, Guilliam Viljoen, Marnes van Staden, Erik Helm, Etien Botha, Arno Taljaard. Doelskoppe: Van Eeden (2), Taljaard (2). Salomon Senekal 0.

Bultfontein 24 – Drieë: GJ van Eeden, Erik Helm, Marco Oberholzter, Stefan Basson. Doelskoppe: Van Eeden (2). Hoopstad 10.

) GRIEKWAS

Hoërskool Upington 16 (10) – Drie: Benna Nieuwoudt. Doelskop: Nieuwoudt. Strafdoele: Nieuwoudt (3). Duineveld 8 (3) – Drie: Ettienne Kruger. Strafdoel: Ruan Matthews.

Landboudal 47 (33) – Drieë: Guillaume Oberholster (2), Erick Reinecke (2), Petri Fourie (2), Kat Mabaleng. Doelskoppe: Oberholster (6). Kalahari 5 (0).

Hartswater 31 – Drieë: Bakkies Pholoholo, Franco Holtzhausen, Jaco Ras, NJ van der Walt, Altus van Zyl. Doelskopp: Van Zyl (3). Prieska 15.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.