SuperSport Schools Plus

Uppies bo-baas teen Diamantveld, Velties te sterk vir die Kalahari Leeus

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-04-17 Tags: , , ,

NewsG Jasper Wiese UppiesSaterdag was ‘n suksesvolle dag van rugby vir die Upington inwoners met albei hul skole wat indrukwekkende tuisseges verwerf het.

Hoërskool Upington het ‘n sterk stelling gemaak met hul oorwinning teen Diamantveld.

Hierdie is wedywering was tussen 2008 en 2015 deur die Diamante domineer, met Upington wat ses agtereenvolgende wedstryde teen Diamantveld verloor het.

Na ‘n sewe jaar breuk het Uppies egter met ywer weer die uitdaging neergelê teen die span van Kimberley.

Hul vlinke vleuel, Khayalenkosi Maganga kon twee maal agter die Diamantveld doellyn gaan kuier, maar dit was hul senter Ruwin Isaks wat die meeste punte aangeteken het deur al vier van sy span se drieë te verdoel en nog vyf strafskoppe ook oor te sit.

Hul stut, PA Karsten en no. 8, Jaco Fourie, kon ook ‘n drie elk bydra.

Die Diamante kom van twee goeie oorwinnings by die KES Paasfeestoernooi, en hul agterlyn was nogsteeds gevaarlik, hulle het vyf drieë teenoor die tuisspan se vier gedruk, maar Isaks se skopskoen het die verskil gemaak.

Diamantveld se vleuel, Lehan van der Westhuizen kon twee drieë vir sy span druk, terwyl ander staatmakers in hul agterlyn, Kyle Taute (vleuel), Simon Liversage (senter), en Valentino Lenge (senter) ook elk ‘n drie kon druk. 

Die Upington span sal veral trots wees op hul vertoning teen die groot voorry van Diamantveld. 

Gewoonlik is dit die Diamante wat strafskoppe afdwing en hul opponente stadig versmoor, maar Uppies het by hul strukture gehou en hul man gestaan, terwyl Isaks die besoekers vir elke glips gestraf het.

Duineveld was ook in aksie in Upington teen Kalahari

Die Velties het hul spiere voor die tuisskare gebult, en ‘n weghol 86-8 sege oor die besoekers behaal. 

Albei die Upington spanne sal voel dat hierdie wedstryde goeie tekens van hul vordering is voor hulle mekaar later die jaar in die Upington-derby aanpak.

Hoërskool Upington het veral ‘n stelling gemaak deur om op die wyse, voor hul tuisskare, teen hul ou vyand te wen.

Die Wildeklawer Akademie, wat spelers van die kleiner skole in die omgewing ontwikkel, het ‘n baie indrukwekkende dag teen Douglas gehad. 

Hul eerstespan wen 14-12, maar dit is die sukses van hul jonger spanne wat veral opwindend is vir die toekoms van die spelers.

Puntemakers:

Hoërskool Upington 43 – Drieë: Khayalenkosi Maganga (2), PA Karsten, Jaco Fourie. Doelskoppe: Ruwin Isaks (4). Strafdoele: Isaks (5). Diamantveld 31- Drieë: Lehan van der Westhuizen (2), Valentino Lenge, Kyle Taute, Simon Liversage. Doelskoppe: Marco Mathewson (3).

Wildeklawer 14 – Drieë: Gerero Ontong, Jona Tities. Doelskoppe: Tities (2). Douglas 12 – TBC

Ander tellings:

Duineveld 86, Kalahari 8.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.