Uitslae – Wildeklawer Junior-toernooi 2019 – Dag 1
Grey-kollege van Bloemfontein se o.16-span het ‘n klinkende sege van 35-7 oor Monument van Krugersdorp tydens die eerste dag van die Wildeklawer-juniortoernooi behaal. Die span van die Rosestad kom Saterdag in sy tweede wedstryd van die toernooi teen Helpmekaar-kollege te staan.
Die Hoër Jongenskool Paarl se o.16-span het nie te veel probleme ervaar om Glenwood van Durban met 26-0 te troef nie. Paarl Gimnasium het self sy spiere met ‘n sege van 43-10 oor Transvalia van Vanderbijlpark gebult.
Boishaai kom Saterdag teen Affies te staan, terwyl Gimmies vir EG Jansen van Boksburg die stryd sal aansê.
Oakdale Landbou beskik ook oor ‘n o.16-span met hope talent. Die span van Riversdal het oor heeltemal te veel skietgoed vir sy eweknie van Waterkloof (56-8) beskik.
Paarl Gimnasium se o.15-span tel onder die voorstes in die land en het Transvalia met 26-0 verslaan. Boishaai se o.15’s was met 38-14 te sterk vir Glenwood, terwyl Menlopark met 61-10 oor Outeniqua geseëvier het. Grey se o.15-span was ook op sy stukke en het Monument met 41-5 uit die pad gevee.
Hoërskool Outeniqua se o.14-span was soos verwag op sy stukke en het Menlopark met 55-0 kaf gedraf. Boshaai het Glenwood met 22-0 geklop, terwyl Garsfontein vir Diamantveld ‘n loesing van 70-0 toegedien het.
Al die wedstryde op Kimberley Boys’ High se A- en B-veld word regstreeks deur DigiTV.co.za gebeeldsend.
Al die uitslae:
o.16: Menlopark 31, Outeniqua 0; Affies 52, HTS Drostdy 14; Paarl Boys’ High 26, Glenwood 0; Grey-kollege 35, Monument 7; Stellenberg 12, EG Jansen 12; Oakdale Landbou 56, Waterkloof 8; Helpmekaar 52, Noord-Kaap 0; Paarl Gimnasium 43, Transvalia 10; Garsfontein 16, Diamantveld 11.
o.15: Affies 32, HTS Drostdy 7; Grey-kollege 41, Monument 5; Menlopark 61, Outeniqua 10; Oakdale Landbou 24, Waterkloof 15; Paarl Boys’ High 38, Glenwood 14; Helpmekaar 62, Noord-Kaap 0; EG Jansen 20, Stellenberg 15; Paarl Gimnasium 26, Transvalia 0; Garsfontein 25, Diamantveld 16.
o.14: Outeniqua 55, Menlopark 0; Grey-kollege 24, Monument 8; HTS Drostdy 14, Affies 11; Stellenberg 19, EG Jansen 0; Helpmekaar 56, Noord-Kaap 7; Oakdale Landbou 33, Waterkloof 5; Garsfontein 70, Diamantveld 0; Paarl Gimnasium 26, Transvalia 0; Paarl Boys’ High 22, Glenwood 0.
[powr-comments id=”fb18a5a1_1556887018027″]