Uitslae – VKB-week – Dag 2
Luiperds-platteland sal sy titel as kampioen van die VKB-week in Reitz Vrydag in die eindstryd teen Suid-Natal verdedig. Die Luiperds het sy plek in die eindstryd met ‘n oortuigende oorwinning van 31-3 oor OP-platteland bespreek. Die span het verlede jaar die Noord-Natal Lammergeiers in die eindstryd met 55-27 afgestof.
Dit sal die derde agtereenvolgende jaar wees dat die Luiperds in die eindstryd in aksie sal wees. Dit sal die eerste keer wees dat Suid-Natal in die eindstryd in aksie sal wees. Vanjaar is die 20ste keer wat die VKB-week in Reitz aangebied word.
Daar sal vanjaar vir die eerste keer ‘n “stedelike” eindstryd ook plaasvind. Die Barbarians sal in die eindstryd teen die Valke te staan kom. Die Barbarians wat uit spelers van Voortrekker en Witteberg van Bethlehem, Reitz, Wilgerivier van Frankfort en Fichardtpark bestaan het tot dusver met hulle aanvallende speelstyl die opwindendste rugby in die Riemland opgedis.
Puntemakers:
Barbarians 39 (15) – Drieë: Evan van der Merwe (2), Marcel Engelbrecht (2), Quinten Mostert, Andre Badenhorst, Jaco Rossouw. Doelskoppe: Louis Viljoen (2). Rooikatte 27 (17) – Drieë: Johan de Beer, Angelo Koklas, William Hillocks, Nayron Paulsen. Doelskoppe: Charl Niemand (2). Strafdoel: Niemand.
Valke 27 (7) – Drieë: Dian Coetzee (2), Ruan Kruger, Tertius Loots. Doelskoppe: Lionel Ueckerman (2). Strafdoel: Ueckerman. Griffons 17 (17) – Drieë: Stompie Hanabe, Juan Jordaan. Doelskoppe: Hanabe, James Mofokeng. Hanabe.
Valke-platteland 27 (15) – Drieë: Webster Swanepoel, Francis Mohlala, Branden Steyn, Brandon Fourie. Doelskoppe: Swanepoel, Mohlala. Strafdoel: Mohlala. Lynx 15 (3) – Drieë: Jose Dias, Chadrack Tshimanga. Doelskop: Chandre van der Berg. Skepdoel: Ashley Potgieter.
Luiperds 31 (5) – Drieë: Tiaan Wagner (2), Henk Venter (2), Pieter Visser. Doelskoppe: Ruben Kotze (2), Stephan de Kock. OP-platteland 3 (3) – Strafdoel: Jason Trollip.
Suid-Natal 14 (7) – Drieë: Tyron Kinsey-Alers, Vian Potgieter. Doelskoppe: Marcus Botha (2). Oos-Vrystaat 3 (3) – Strafdoel: Norman Bibbey.
Noord-Natal Lammergeiers 31 (7) – Drieë: Anlu Louw, Siya Nkabinde, Thami Mbatha, Sizwe Malokoane, Mvuselelo Zulu. Doelskoppe: Ruben Kwakkermaak (3). Vrystaat Kiewiete 12 (6) – Strafdoele: William Bloem (3), Bradley van Wyk.
Sandveld 43 (21) – Drieë: Johan Marais (3), Billy van Beeck (2), Sizwe Wittes, Griffhein Kruger. Doelskoppe: Wian Visser (2), Van Beeck (2). Suid-Vrystaat 35 (21) – Drieë: Raymond Schwartz (2), Schal-Willem Visser, Breyton Arends, Daniel Cilliers. Doelskoppe: Visser (4), Parsons.





