Garsies en Boland Landbou deel louere op Loftus Versfeld
Dit is min dat twee rugbyspanne gelykop speel en albei se afrigters nie te ontevrede met hul spanne se vertonings is nie. Die Hoërskool Garsfontein en Boland Landbou het met 15-elk gelykop gespeel in die hoofwedstryd van die vierde jaarlikse Afgri Prestige Rugbydag op Loftus Versfeld.
Al die wedstryde in die stadion is regstreeks deur DigiTV.co.za gebeeldsend. Geen stelskoppe is in die wedstryde van 50 minute waargeneem nie.
Garsfontein se heelagter, Zeilinga Strydom, het ‘n droom buiging vir sy nuwe skool beleef. Hy het twee keer ‘n draai agter die doellyn gemaak, waarvan die tweede drie ‘n juweel was.
Strydom het met die perfekte hardlooplyn ongeveer op die halflyn by die agterhoede aansluiting gevind en sy vaart was genoeg om hom in die regterkantse hoek te sien oorduik.
Garsies se agtsteman, Hardus Rothman, het ook ‘n barshou gespeel. Die span se vaskopstut, Gerhard van der Merwe, het in die skrums sowel as in die vastelos skitterend vertoon. Garsies het in die skrums die oorhand gehad.
Die Garsie Bere se binnesenter, AJ Johnson, moes reeds in die eerste minuut van die kragmeting weens ‘n besering die veld verlaat. Hy behoort egter weer sy plek in die middelveld Saterdag teen Kempton Park in te neem.
Boland Landbou se twee flanke, Reinhardt Spies (kaptein) en Jacques Mostert, is albei ysters. Albei spanne het nie ‘n tree vir mekaar in die fisieke aspekte van die spel terug gestaan nie. Die duo saam met die slotte, Conrad Petersen en Marco de Witt, was veral vir hul span goud werd in die afdeling.
Garsies se SA Skole-skrumskakel, Jurich Claassens, asook die vleuel Geraldo Flusk kan ook meer as tevrede met hul vertonings voel. Vir die span van die Agter-Paarl het Boeta Moolman (heelagter) en Tarique Petersen (vleuel) ook blink vertoon.
Puntemakers:
Hoërskool Garsfontein 15 (10) – Drieë: Zeilinga Strydom (2), Hardus Rothmann. Boland Landbou 15 (5) – Drieë: Marco de Witt, Corné Grobbelaar, Tauriq Pietersen.
Hoërskool Sentraal 30 (25) – Drieë: Janko Kachelhoffer (2), Pietman Oosthuizen, Frans Erasmus, Francois du Plessis. Ben Viljoen 5 (0) – Drie: Nikus Lourens.
Al die uitslae:
[powr-comments id=”563688ab_1551864557966″]




