Uitslae – Dag 2 – Wildeklawer
Toe was dit weer so! Die “hoofwedstryd” waarna almal op vanjaar se Wildeklawer-toernooi in Kimberley uitgesien het, was soos die afgelope paar jaar weer ‘n uitstekende vertoonvenster van die gehalte van skolerugby in Suid-Afrika.
Die stryd tussen Grey-kollege en Paarl Gimnasium was kliphard en albei spanne het die spel gespeel soos wat dit gespeel behoort te word. Grey-kollege het sy onoorwonne status vir 2017 behou deur met 31-19 in die aanskoulike wedstryd van die veld te stap.
Grey het teen die omdraaislag ‘n skrale voorsprong 17-12 geniet. Die span van die Rosestad se agterlyn het deurgans gevaarlik gelyk, terwyl Gimmies se groot agttal voorlangs die stryd gewen het.
Daar moet wel bygevoeg word dat Grey se ligter agttal nie ‘n enkele millimeter vir sy groter teenstander terug gestaan het nie. Dit was veral die haker, Ru-hann “Varkie” Greyling, en die flank Marcel Theunissen wat met hul spel voorlangs beindruk het.
Agterlangs het die heelagter, David Kriel, skrumskakel Ross Braude en vleuel Henk Cilliers uitgetroon. Cilliers is ‘n klipharde speler met ‘n uitstekende aanvoeling vir die spel. Braude se diens is suiwer en dit speel ‘n groot rol in die ekstra spasie wat die span se agterkwarte geniet.
Gimmies se haker, Chris Rossouw, het met sy vertoning gewys dat hy gewis ook soos sy pa ‘n loopbaan uit die spel kan maak. Sy pa ook Chris Rossouw was ‘n lid van die Springbokke wat in 1995 as Wereldkampioen gekroon is. Die heelagter en kaptein van Gimmies, Muller du Plessis, het die geleenthede wat hy gekry het goed benut en ook op ‘n keer sy span van nog ‘n drie gered deur vreesloos ‘n hangskop uit die lug te vang.
Waterkloof het vir die grootste opskudding in die Diamantstad gesorg deur Paul Roos Gimnasium met 38-25 te troef. Klofies het vir die eerste keer vanjaar weer daarin geslaag om ‘n soortgelyke spelpatroon as die Leeus te volg. Klofies se twee vleuels, Sean du Plooy en PJ Krugell, het elk twee keer agter die doellyn gaan draai.
Krugell is vir sy indrukwekkende spel na afloop van wedstryd as Speler van die Wedstryd aangewys. Soos gewoontlik het die skrumskakel, Giovan Snyman, en die
In ‘n wedstryd waarin albei spanne dit as ‘n “eindstryd” benader het, het Diamantveld vir Welkom-Gimnasium met 8-6 getroef. Soos ‘n goeie eindstryd was daar ook ‘n gebruiklike skepdoel.
Diamonds se Handre Bruwer het ‘n skepdoel oorgeklits wat uiteindelik die verskil tussen die twee spanne was. Die gasheer het ook daarin geslaag om Gimmies se gevaarman Andrew Kota in toom te hou. Kota het ook die veld weens ‘n besering verlaat.
Puntemakers:
Grey-kollege 31 (17) – Driee: Henk Cilliers, Arno Nieuwoudt, Ross Braude, Daniel Kriel. Doelskoppe: Christopher Schreuder (4). Strafdoel: Schreuder. Paarl Gimnasium 19 (12) – Driee: Chris Rossouw, Ryno Beukes, Corne Uys. Doelskoppe: Daniel Beukes (2).
Diamantveld 8 (5) – Drie: Ashwill Botha. Skepdoel: Handre Bruwer. Welkom Gimnasium 6 (3) – Strafdoele: Andrew Kota (2).
Paarl Boys’ High 30 (13) – Driee: Cornell Kotze, Abner van Reenen, JG de Bruin. Doelskoppe: Van Reenen (2). Strafdoele: Van Reenen (2). Glenwood 12 (0) – Driee: JJ van der Mescht, Siyanda Cele. Doelskop: Jaden Hendrikse.
Affies 34 (20) – Driee: Charles Goedhals (2), Ruben Meiring, Carl Els, Ruan Wasserman. Doelskoppe: Reghardt Roets (3). Strafdoel: Roets. Outeniqua 0.
Oakdale Landbou 40 (26) – Driee: Janco Klinck (2), Hanu Heunis, Luke Hertz, Dian Bleuler, Hannes Gous. Doelskoppe: Pietie Uys (5). Garsfontein 19 (7) – Driee: JJ van Zyl, Juandre Scheepers, Keagan Johannes. Doelskoppe: Barry Schoombee, Wesley Thompson.
Boland Landbou 24 (17) – Driee: Erik Lambrecht, Darren Hendricks, Gavin Mills. Doelskoppe: Hendricks (2). Strafdoel: Hendricks. Monument 22 (8) – Driee: Dandre Prinsloo, Morne Brandon, Tinus Combrinck. Doelskoppe: Luke Rossouw (2). Strafdoel: Rossouw.
Noord-Kaap 20 (13) – Driee: Yaseer Daniels, Cameron Hufke. Doelskoppe: Hufke (2). Strafdoele: Hufke (2). EG Jansen 14 (0) – Driee: Reinhardt Venter, Sheldon Rivabella. Doelskoppe: Dylan Schwartz (2).
Waterkloof 38 (14) – Driee: Sean du Plooy (2), PJ Krugell (2), Gideon Peters, Ulrich Maritz. Doelskoppe: Maritz (3), Du Plooy. Paul Roos Gimnasium 25 (13) – Driee: Colia Louis, Gerado Jaars, Alexander Mbete. Doelskoppe: Louis (2). Strafdoele: Louis (2).
Helpmekaar 28 (28) – Driee: Tommy van Tonder, David Cary, Francois Janse van Vuuren. Doelskoppe: Tristan Oosthuizen (2). Strafdoele: Oosthuizen (3). Selborne College 5 (0) – Drie: Sibabalwe Xamlashe.
Stellenberg 31 (17) – Driee: Erik Vermeulen, Jacques van Biljon, Nivan Petersen, Angelo Davids. Doelskoppe: Petersen (3). Strafdoel: Petersen. HTS Middelburg 21 (0) – Driee: Tiaan de Beer, Frans Malan, Andries Koen. Doelskoppe: Morne Sonnekus (3).