Uitslae – Dag 2 – Francois Swart Rugbyweek (o.15) – 2017
Toeskouers op vanjaar se Francois Swart o.15-rugbyweek by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria kan hulle lippe aflek vir die hoofwedstryd van die laaste dag van die week.
Die gasheer, Affies, sal Donderdag in die hoofwedstryd van die 13de Francois Swart Rugbyweek teen EG Jansen van Boksburg te staan kom. Albei spanne is nog onoorwonne tydens die week.
Affies het vandag vir Nelspruit met 83-0 in die hoofwedstryd verniel. EG Jansen het self ‘n indrukwekkende sege van 45-5 oor Jeppe High School for Boys’ op die tweede dag behaal.
Zwartkop se span se hope durf in sy kragmeting teen Helpmekaar getoon. Helpies het die wedstryd met 10-5 gewen.
Helpmekaar sal Donderdag teen Kearsney College probeer om die rugbyfees onoorwonne af te sluit. Die span van die Goudstad het op die eerste dag vir Kemptonpark met 24-12 getroef.
King Edward VII sal ook die laaste met ‘n onoorwonne status betree. KES het vandag vir Kemptonpark met 24-5 die loef afgesteek. Die span het op die eerste dag met Nelspruit (20-7) afgereken.
‘n Sege oor Waterkloof Donderdag sal beteken dat KES die week met drie seges afsluit. Klofies het egter ook nog nie verloor nie, maar het vandag met 7-elk gelykop teen Maritzburg College gespeel. Klofies het op die eerste dag vir Kearsney College naelskraaps met 15-14 geklop.
Vandag se uitslae:
Affies 83, Nelspruit 0; EG Jansen 45, Jeppe High School for Boys’ 5; Helpmekaar 10, Zwartkop 5; Kearsney College 15, Eldoraigne 14; Maritzburg College 7, Waterkloof 7; King Edward VII 24, Kemptonpark 5.
Bepalings vir Dag 3:
08:30 – King Edward VII vs Waterkloof
09:30 – Helpmekaar vs Kearsney College
10:30 – Eldoraigne vs Maritzburg College
11:30 – Jeppe High School for Boys’ vs Nelspruit
12:30 – Kemptonpark vs Zwartkop
13:30 – Affies vs EG Jansen
Uitslae van Dag 1:
Helpmekaar 24, Kemptonpark 12; EG Jansen 50, Maritzburg College 21; Affies 55, Zwartkop 7; Waterkloof 15, Kearsney College 14; Eldoraigne 23, Jeppe High School for Boys’ 14; King Edward VII 20, Nelspruit 7.




