Uitslae – Dag 1 – Canon Kwagga-week – 2017
Menlopark se o.14-rugbyspan pak Maandag in die hoofwedstryd van die tweede dag van die Canon Kwagga-rugbyweek vir Durbanville. Menlopark is deur die organiseerder beloon na ‘n naelskraapse sege van 19-18 oor Paarl Boys’ High wat die spelers van die Jakarandastad nog lank sal onthou.
Die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria se o.14-span het vir Paul Roos Gimnasium met 20-10 verslaan, terwyl Monument met 26-5 te sterk vir Stellenberg was. Boland Landbou het met ‘n oorwinning van 22-16 oor Waterkloof ook gewys dat hulle vanjaar onder die voorste spanne in hul ouderdomsgroep in die land tel.
Die gasheer se o.14-span het Garsfontein van Pretoria met 71-0 afgeslag. Garsies speel more op die C-veld teen Jeugland na die nederlaag. Die Kwaggas kom teen Affies te staan.
Die Kwaggas se o.15-span kom in die vernaamste voorwedstryd teen Diamantveld te staan. Die span het op die eerste dag vir Grey High van Port Elizabeth met 29-8 getroef. Diamantveld het met 27-7 as oorwinnaars van die veld teen Windhoek Gimnasium gestap.
Die uitslae is:
o.14: Menlopark 19, Paarl Boys’ High 18; Affies 20, Paul Roos Gimnasium 10; Monument 26, Stellenberg 5; Boland Landbou 22, Waterkloof 16; Kwagga XV 45, Centurion 7; Diamantveld 41, Jeugland 0; Wynberg Boys’ High 22, Kemptonpark 12; Outeniqua 71, Garsfontein 0; Durbanville 45, Noordheuwel 5; Brandwag (Uitenhage) 24, Windhoek Gimnasium 19; Klerksdorp 8, Parel Vallei 5; Heidelberg Volkies 74, Sentraal 0; Grey High School 21, Florida 19.
o.15: Outeniqua 29, Grey High School 8; Boland Landbou 31, Durbanville 17; Bellville 35, Jeugland 12; Diamantveld 27, Windhoek Gimnasium 7; Brandwag (Uitenhage) 20, Parel Vallei 5; Noordheuwel 24, Klerksdorp 15; Heidelberg Volkies 17, Sentraal 7.
Bepalings vir Maandag, 2 April 2017 is:
A-veld
08:30 – o.15 – Brandwag (Uitenhage) vs. Klerksdorp
09:30 – o.15 – Noordheuwel vs. Bellville
10:30 – o.14 – Heidelberg Volkskool vs. Wynberg Boys’ High
11:30 – o.14 – Outeniqua vs. Affies
12:30 – o.14 – Monument vs. Paul Roos Gimnasium
13:30 – o.15 – Boland Landbou vs. Grey High School
14:30 – o.15 – Diamantveld vs. Outeniqua
15:30 – o.14 – Menlopark vs. Durbanville
B-veld
08:30 – o.14 – Stellenberg vs. Kemptonpark
09:30 – o.14 – Diamantveld vs. Florida
10:30 – o.14 – Brandwag (Uitenhage) vs. Klerksdorp
11:30 – o.14 – Boland Landbou vs. Grey High School
12:30 – o.14 – Waterkloof vs. Paarl Boys’ High
13:30 – o.15 – Heidelberg Volkskool vs. Durbanville
14:20 – o.15 – Windhoek Gimnasium vs. Jeugland
15:30 – o.15 – Parel Vallei vs. Sentraal
C-veld
08:30 – o.14 – Windhoek Gimnasium vs. Kwagga XV
09:30 – o.14 – Centurion vs. Sentraal
10:30 – o.14 – Jeugland vs. Garsfontein
11:30 – o.14 – Noordheuwel vs. Parel Vallei




