SuperSport Schools Plus

Twee Virsekerbeker-kampioene, Vossies en Parkies, pak mekaar Tzaneen

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2020-03-14 Tags:

NewsGRenzoduPlessis‘n Unieke situasie het hom vanjaar tydens die voor-seisoen van vanjaar se skolerugby voorgedoen. Vier van die kampioene van bokant die Oranjerivier het mekaar in die eerste paar weke van die seisoen die stryd aangesê. Vandag pak twee van die Virsekerbeker se Afdeling 1-kampioene, Menlopark (Beker-afdeling) en Ben Vorster (Plaat-afdeling) mekaar in Tzaneen in ‘n vriendskaplike wedstryd. 

Ben Vorster het verlede week sy seisoen op sy tuisveld teen die Virsekerbeker se Afdeling 2-kampioen, die Hoërskool Pietersburg, met 45-7 afgestof. Menlopark het vir sy eerste wedstryd van die seisoen gereis na die Goudveld en teen Welkom Gimnasium met 43-7 ‘n drag slae gekry. Gimmies is die verdedigende kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga. 

Menlopark het in verlede jaar se interskole teen die Vossies met 44-30 koning gekraai. Die Vossies met sy kaptein en flank, Renzo du Plessis, aan die spits is egter ‘n heel ander neut om te kraak in Tzaneen. Du Plessis het verlede jaar die SA Skole A-span verteenwoordig en sal indien hy op verlede jaar se vertonings kan voortbou ‘n sterk aanspraakmaker wees om die SA Skole-trui oor sy kop te trek. 

Die Parkies se Tiaan Lange was soos Du Plessis onlangs betrokke by SA Rugby se hoë-prestasie oefenkamp. Lange het verlede jaar as baljagter sake by die afbreekpunte vir ‘n hele paar spanne moeilik gemaak. Daar word verwag dat hy vanjaar as haker sal uitdraf. 

Menlopark sal as die gunsteling uitdraf met Niel Beukes (heelagter), Lincoln Adams (buitesenter), Marcelle Deysel (losskakel), Ernst Simon (flank) en Theo Daily (slot) wat saam met Lange verlede jaar in die beginspan was wat die Virsekerbeker verower het. Veral Beukes en Adams behoort met hul aanvallende vernuf die Vossies probleme te besorg. 

Renzo du Plessis behoort goeie bystand voorlangs vanaf Dean Ballentyne te ontvang. Hy kan indien Lange op haker uitdraf die besoekers probleme by die afbreekpunte besorg. 

FOTO: Bulletin

Die spanne is: 

Ben Vorster: 15 Kamagelo Kgohloane, 14 Kabello Kgohloane, 13 Nathan van den Heever, 12 Alexander Grid, 11 Ndzalama Twala, 10 Lehann Marais, 9 Eugene van den Heever, 8 Ryno Scheepers, 7 Renzo du Plessis (kaptein), 6 Dean Ballentyne, 5 Dehan van Vuuren, 4 Marvoules Mashumbye, 3 Nicky Grobler, 2 Johndé Grobler, 1 Khutso Terwey. 

Menlopark (moontlik): 15 Niel Beukes, 14 Reynier Oorweg, 13 Lincoln Adams, 12 Wian Faber, 11 Wihan Hendricks, 10 Marcelle Deysel, 9 Jano Joubert, 8 Charl Ehlers, 7 Francois Oosthuizen, 6 Ernst Simon, 5 Roald Hattingh, 4 Theo Daily, 3 Stefan Maritz, 2 Tiaan Lange, 1 Valere Mombers. 

Al die wedstryde op die A-veld word regstreeks op VossieTV via digitv.co.za uitgesaai: 

Vossie TV12:45u19ABen Vorster vs Menloparkhttps://digitv.co.za/#/video/21032/21032/live 
11:30u16A Ben Vorster vs Menlopark https://digitv.co.za/#/video/21032/21032/live 
10:15u19BBen Vorster vs Menlopark https://digitv.co.za/#/video/21032/21032/live 
09:00 u15ABen Vorster vs Menlopark https://digitv.co.za/#/video/21032/21032/live 
08:00 u14ABen Vorster vs Menlopark https://digitv.co.za/#/video/21032/21032/live 

[powr-comments id=”4877e110_1584166283000″] 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.