SuperSport Schools Plus

Twee oud-Bokke gooi hulle gewig agter Hoërskool Durbanville

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-01-31

DawieSnymanDie Hoërskool Durbanville het die legendariese breier en voormalige Springbok Dawie Snyman sr. as een van sy afrigters vir 2017 aangestel. Snyman sal help met spelerontwikkeling asook die ontwikkeling van vaardighede.

Hy sal na die afrigters van die skool en hul opleiding omsien. Durbanville se hoofafrigter is Shaun Huygen wat verlede jaar ook die leisels vasgehou het. 

Huygen het voorheen in Italië die klubspan Modena afrig. Huygen het die span van die derde liga na die premier liga in Italië geneem. Hy het ook die Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley gebrei.

Hy het is ‘n deurwinterde afrigter wat al die by die Universiteit van Stellenbosch die Victoriane en Maties gebrei het. Hy het die Maties saam met die voormalige Springbok en Bok-breier, Ian Kirkpatrick afgerig.

Hy was ook in sy loopbaan as breier by Paul Roos Gimnasium en die Hoërskool Oosterlig betrokke. Hy is ‘n produk van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad.

Snyman het die Westelike Provinsie tussen 1982 tot 1986 tot ‘n rekord vyf agtereenvolgende titels in die Curriebeker gebrei. Snyman het op sy dag ook die Blitsbokke afgerig. 

Hy het die Streeptruie se seniorspan van 1981 tot en met 1989 gebrei. Hy was ook weer by die afrigting van die span in 1993 en 1994 betrokke. 

Dit is nie die eerste keer dat Snyman sy kennis met ‘n skolespan deel nie. Hy was vir drie jaar (2013-15) by Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch se eerstespan betrokke. Snyman het aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer en ook die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Snyman het die Springbokke in tien toetse verteenwoordig. 

Hoërskool Durbanville se skoolhoof, George Germishuys, sal weer die voorspelers touwys maak. Die span se agterhoede sal deur Conrad Loubser geslyp word. Die voormalige Springbok-senter Marius Joubert sal op ‘n konsultasie-grondslag ook sy gewig agter die skool se rugby ingooi. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.