SuperSport Schools Plus

Twee “Groot Skole” in Virsekerbeker uitspele

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-08-05 Tags: ,

NewsGChylevanZylDaar kan geen meer twyfel bestaan of die nuwe model van die Virsekerbeker die regte rigting was om in te slaan nie.

Die twee skole wat verlede jaar nog aan die Groot Skole-afdeling deelgeneem het, Transvalia en Helpmekaar, het albei vir die halfeindronde van die nuwe Beker-kompetisie van Afdeling 1 gekwalifiseer.

Helpies het boonop bo-aan die puntelys afgesluit en sal teen die enigste span in die kompetisie waarteen hy die knie moes buig, Transvalia, in die halfeindronde te staan kom. Garsfontein sal in die ander halfeindstryd teen die verdedigende kampioen, Monument, te staan kom.

Helpmekaar het sy plek bo-aan die puntelys met ‘n oorwinning van 27-18 oor Monnas verseker. Die span van die Goudstad het laas in die 1990’s teen Monnas die knie gebuig.

Helpies se slot Michael Amiras was soos gebruiklik op sy stukke en een van sy twee driee was ‘n briljante individuele poging.

Die span se linkervleuel, Christiaan Bezuidenhout, het ook Helpies se rekordboeke herskryf deur sy 17de drie van die seisoen te druk. Dit is die meeste in die geskiedenis van die skool se eerstespan vir ‘n seisoen.

Vir Monnas was sy skrumskakel, Zihan Coetzee, en agtsteman, Izan Esterhuizen, uitblinkers. Helpies se losskakel, Tiaan Botes, het met sy skopwerk telkens daarin geslaag om die druk te verlig.

Transvalia het slegs ‘n bonuspunt teen Garsfontein benodig om sy plek in die uitspele te bespreek. Garsfontein het die kragmeting in Vanderbijlpark naelskraaps met 22-20 gewen, maar die span van Vanderbijlpark het genoeg gedoen om Menlopark uit die halfeindronde te hou.

Garsies se SA Skole-senter van 2017, Diego Appollis, het sy spelpeil tot , mate herwin en ‘n hele paar teenstanders hard met moeder aarde laat kennis maak. Appollis het nie vanjaar die SA Skole-span gehaal nie.

Die Turkoois Bere se haker, Ricardo Botha, flank Johandre Buitedag asook die kaptein en slot, Jordan van Dyk kan vandag ook kop omhoog na hul vertonings rondloop.

Menlopark se eerstespan het gedoen wat sy afrigters van hom verwag het. Die span het reeds ‘n bonuspunt vir vier driee in die eerste van van sy sege van 52-28 oor EG Jansen in die sakkie gehad.

Die span se skitterende skrumskakel, Bernard van der Linde, het drie keer agter die doellyn gaan kuier en ook ses van sy span se agt driee verdoel om ‘n persoonlike bydrae van 27 punte tot die sege te lewer.

Die Hoerskool Nelspruit se Rhinos het hul seisoen met ‘n silwer rand om ‘n donker wolk geeindig. Die Rhinos het HTS Middelburg in die stryd om die houtlepel met 41-14 verslaan om ten minste 2018 as die voorste skolespan in Mpumalanga af te sluit.

Nelspruit se haker, Chyle van Zyl, was woelig en het daarin geslaag om vier keer oor die Rooi Bulle se doellyn te val. Hoewel al die somme nog nie gemaak is nie, behoort Nelspruit vir 2019 tot die Plaat-afdeling van die Virsekerbeker gerelegeer te word.

Nelspruit en HTS Middelburg sal dus nie in 2019 teen mekaar te staan kom, behalwe as hulle ‘n vriendskaplike wedstryd onder mekaar reel nie. Dit kan ‘n wesenlike impak op die Pumas se Cravenweek-span he.

Puntemakers:

Garsfontein 22 (15) – Driee: Jurich Claassens, Kallie Calitz, Wicus Basson. Doelskoppe: Claassens (2). Strafdoel: Claassens. Transvalia 20 (12) – Driee: Damian Jordan (2), Zeilnga Strydom. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoel: De Jager.

Menlopark 52 (35) – Driee: Bernard van der Linde (3), Eddie Wesso (2), Franco Conradie (2), Jaco Britz. Doelskoppe: Van der Linde (6). EG Jansen 28 (14) – Driee: Garren Morris, Zander Scwarzer, Craig Hutchinson, Dian Coetsee (haker). Doelskoppe: Aurelio Philander (4).

Helpmekaar 27 (8) – Driee: Michael Amiras (2), Ricardo van der Merwe, Christiaan Bezuidenhout. Doelskoppe: Tiaan Botes (2). Strafdoel: Botes. Monument 18 (5) – Driee: Tristan Dullisear (2), Zihan Coetzee. Strafdoel: Coetzee.

Hoerskool Nelspruit 41 – Driee: Chyle van Zyl (4), Jacques McGuire (2), Christopher Sprinkhuizen. Doelskoppe: Sprinkhuizen (3). HTS Middelburg 14 – Driee: Tjaart Kruger, Edwin Till. Doelskoppe: Ricardo Schonfeldt (2).

Ander spanne:

o.16: Menlopark 26, EG Jansen 26; Garsfontein 24, Transvalia 18; Monument 18, Helpmekaar 15; Nelspruit 30, HTS Middelburg 17.

o.15: Menlopark 48, EG Jansen 0; Transvalia 36, Garsfontein 22; Monument 26, Helpmekaar 3; HTS Middelburg 12, Nelspruit 10.

o.14: Menlopark 29, EG Jansen 0; Transvalia 24, Garsfontein 5; Helpmekaar 12, Monument 6; HTS Middelburg 17, Nelspruit 10.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.