SuperSport Schools Plus

Trio sit strawwe voorseisoen voort teen Noordheuwel

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-01 Tags: , , , ,

Byron Biennas, Hoërskool Trio | FOTO: Kulu Ferreira

Voordat die spanne met hul onderskeie ligabepalings begin, bied die Hoërskool Trio-sportdag hierdie naweek vir die afrigters en spelers nog ‘n ideale geleentheid om finale skaafwerk te doen.

Beleef al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

Die manne van Kroonstad staan definitief nie terug vir ‘n uitdaging nie. Verlede naweek het hulle hul seisoen begin met een van die moeilikste bepalings vir enige skool, toe hulle vir Grey-kollege by die President Steyn-sportdag aangedurf het. Hierdie naweek daag hulle die NWU Prestige- en Noordvaal Sewes-kampioene, Hoërkool Noordheuwel, uit in nog ‘n strawwe bepaling voordat hul liga-wedstryde in aanvang neem.

Die Nories het verlede jaar se SDC Noordvaal-kampioene, Hoërkool Garsfontein, ook laat sweet en naelskraaps met 30-28 verloor toe die twee mekaar verlede jaar ontmoet het.

Jenemo Luiters (vleuel) en Jeandré Uithaler (losskakel) het reeds in 2023 hul vermoëns om die verdediging te ontsluit tentoongestel, en die tuisspan sal moet stewig staan om die span van Krugersdorp aan bande te lê.

Die Trio-span is egter self in staat om die verdediging te straf, met hul ster losskakel, Byron Biennas, aan die spits van hul aanslag.

Thuto Kekane (vleuel) en Tapiwa Mundeta (flank) was twee van sewe spelers uit die Kroonstad-span wat verlede jaar die Griffons se Cravenweekspan gehaal het. Hulle sal ook Saterdag hul stempel op die wedstryd wil afdruk as deel van Trio se ervare kern-groep.

Hoërskool Rustenburg meet hulself teen die Cherries van Grey-kollege in die voorlaaste wedstryd.

Lorenzo Snyers het verlede jaar reeds sy hand opgesteek in die SDC Noordvaal Plaat-afdeling, waar Rustenburg in die eindstryd teen Hoërskool Kempton Park met 49-24 geseëvier het.

Tiano Combrink (heelagter), Zulu Khumalo (vleuel), Awie Alberts (senter), MC Smit (agsteman) en Pedrie Human (slot) was ook deel van daardie Rusties-span wat die plaat omhoog kon lig.

Grey-kollege se tweedespan het egter ook al verlede naweek gewys dat hulle oorgehaal is vir die seisoen, deur Voortrekker Hoërskool se tweedes met 64-7 pakslae te gee by die President Steyn-sportdag.

Heinz Stockenström was een van die uitblinkers op heelagter by daardie geleentheid, en met ‘n paar opwindende ander name in die Cherries-groep sal die Rustenburg seuns moet bontstaan op die veld om die Bloemfonteiners te tem.

Die spanne:

Trio t. Noordheuwel om 16:00

Hoërskool Trio: 15 Byron Maggerman, 14 Thuto Kekane, 13 Franco de Wet, 12 Tyron Adams, 11 Aaron Kriek, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Keanu Swanepoel, 7 Tapiwa Mundeta, 6 JP Botha, 5 Danie Fourie, 4 Dian Serfontein, 3 Sebastian du Preez, 2 Killian Kriek, 1 Hanco Geel.

Hoërskool Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Jenemo Luiters, 13 Lindsey Jansen, 12 Jared Coetzee, 11 Cheswill Jooste, 10 Jeandré Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Jaundré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Xander Buytendag, 4 Alex Greeff, 3 Martin Nel, 2 Mpho Madisaotsile, 1 Meyer Opperman.

Rustenburg t. Grey II om 15:00

Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Lorenzo Snyers, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jaden Meyer, 9 Adriano George, 8 MC Smit, 7 Coenraad Coetzer, 6 Wikus Jacobs, 5 Erich Potgieter, 4 Pedrie Human, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.

Grey-kollege II: 15 Heinz Stockenström, 14 Benjamin van den Berg, 13 Jean Rossouw, 12 Riaan Benadé, 11 Theko Montjane, 10 Toriq Schambreel, 9 Gerhard Scholtz, 8 AJ Booysen, 7 Adem Nieuwoudt, 6 Tian Fourie, 5 Claude Steyn, 4 Renier Grobler, 3 Marinus Oosthuizen, 2 JT Laney, 1 Henco Diederichs.

Die res van die bepalings

A-Veld

14:00 – o. 19 – Ligbron t. Noordheuwel II
13:00 – o. 19 –
Hoërskool Rustenburg II t. Grey III
12:00 – o. 16 – Hoërskool Trio t Noordheuwel
11:00 – o. 19 –Hoërskool Trio II t. Noordheuwel III
10:00 – o. 19 – Ligbron II t. Grey-kollege IV
09:00 – o. 15 – Hoërskool Trio t. Noordheuwel
08:00 – o. 14 – Hoërskool Trio t. Noordheuwel

B-Veld

16:00 – o. 16 – Ligbron B t. Grey-kollege D
15:00 – o. 15 – Hoërskool Rustenburg B t. Grey-kollege C
14:00 – o. 19 – Hoërskool Rustenburg III t. Grey-kollege V
13:00 – o. 16 – Ligbron t. Noordheuwel B
12:00 – o. 14 – Ligbron t. Noordheuwel B
11:00 – o. 16 – Hoërskool Rustenburg t. Grey-kollege B
10:00 – o. 15 – Hoërskool Rustenburg t. Grey-kollege B
09:00 – o. 14 – Hoërskool Rustenburg t. Grey-kollege B
08:00 – o. 15 – Ligbron t. Noordheuwel B

C-Veld

16:00 – o. 16 – Hoërskool Rustenburg B t. Grey-kollege C
15:00 – o. 16 – Hoërskool Trio B t. Noordheuwel C
14:00 – o. 14 – Hoërskool Trio B t. Noordheuwel C
13:00 – o. 15 – Ligbron B t. Grey-kollege D
12:00 – o. 19 – Ligbron III t. Grey-kollege VI
11:00 – o. 19 – Hoërskool Trio III t. Grey-kollege VII
10:00 – o. 15 – Hoërskool Trio B t. Noordheuwel C
09:00 – o. 14 – Ligbron B t. Grey-kollege D
08:00 – o. 14 – Hoërskool Rustenburg B t. Grey-kollege C

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.