Trio en Trekkers pak mekaar in Griffons-halfeindstryd, Witteberg en Welkom Gim spook sake in ander halfeindstryd

Die Griffons A-liga halfeindstryd wedstryde vind Saterdag by die Downtouch Investments Stadion in Welkom plaas met twee herontmoetings om die eindstryd te bepaal.
Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
Voortrekker en Hoërskool Trio spook dit eerste uit vir ‘n kans om vir die titel mee te ding.
Toe die twee spanne mekaar vroeër in die seisoen ontmoet het was dit Voortrekker wat met 24-18 kon wen, maar Hoërskool Trio het na die skoolvakansie klaarblyklik hul vorm gevind.
Die span van Kroonstad wat alle verwagtings verlede jaar in hul debuut-seisoen kon oorskrei toe hulle die Griffon-liga wen deur om die Trekkers in die eindstryd met 21-14 te verslaan het in hul twee wedstryde na die breuk in die seisoen baie sterk vertoon deur om met Sentraal met 37-14 weg te sien voordat hulle verlede naweek die beste vertoning hierdie jaar gelewer het in ‘n 65-21 pakslae vir ‘n baie sterk Jim Fouché span te gee.
Die Trekkers is sonder hul uitblinker Cravenweek heelagter, Tumi Khoza en hul Akademieweek haker, Arnold Ras, vir die wedstryd.
Hul reserwe-haker, HJ Spalding het op dieselfde naweek as Ras seergekry, so Hendrik Matthee kry hierdie naweek weer die geleentheid om sy staal te wys.
Hul agsteman, Fano Linde, is ook nie beskikbaar Saterdag nie. Linde is as deel van die SA o.18 Sewes-groep na Trinidad and Tobago waar hy aan die Statebond Jeugspele gaan deelneem van Sondag af.
Daar is egter steeds vele gevaarpunte in die Voortrekker span, soos hulle verlede naweek gewys het deur om 57 punte teen Sentraal aan te teken.
Hoërskool Trio maak staat op hul dinamiese Akademieweek losskakel, Byron Biennas, wie week na week vir hulle uitblink.
Charlten Basson (senter), Thuto Kekane (vleuel), JD Kirstein (slot), Tapiwa Mundeta (agsteman) en CJ Taljaard (skrumskakel) is die Griffons Cravenweek spelers wat Saterdag vir Trio in aksie sal wees.
Hul Cravenweek haker, Heinrich Loubsher, is nie beskikbaar vir die wedstyd nie en Dandre Bloem, die Griffons stut, begin op die plaasvervangerbank.
In die hoofswedstryd van die dag speel vanjaar se gunsteling vir die titel, Welkom Gimnasium, teen Witteberg.
Toe hulle gedurende die seisoen ontmoet het was die Gimmies gemaklik met 41-19 baas, en hulle het sedert daardie wedstryd minstens 40 punte teen vyf van hul volgende ses teenstanders aangeteken.
Die hele Welkom Gimnasium span is nog heel jaar baie opwindend om te volg, maar Renaldo Kiewiet (losskakel) staan die afgelope paar weke uit as die in-vorm speler in ‘n witwarm span.
Kiewiet is aangewys as die voorste puntemaker by die jaar se Cravenweek in George, en kon sedert die begin van die derde kwartaal 53 punte in twee wedstryde aanteken deur om sewe drieë te druk, ses doelskoppe oor te sit, ‘n strafskop te verdoel en ‘n skepskoppie by te sit om dit alles af te rond.
Die tweeling-broers Naylen en Naven Goeda, lyk net so opwindend elke naweek op heelagter en vleuel, en hul agsteman, Ethan Jones, het self al ‘n hele paar pragdrieë aangeteken
Die span is propvol talent en energie en sorg elke week vir aanskoulike rugby.
Witteberg het verlede naweek egter ook baie sterk vertoon deur om in hul laaste Wesgrow bepaling van die jaar die onoorwonne Fichardtpark te laat sweet tot in die laaste oomblikke, voordat die manne van Bethlehem uiteindelik met 29-27 die knie moes buig.
Hul staatmaker skrumskakel, Dries Stemmet, val hierdie naweek weer in op losskakel sodat Sydwell Sethi vir die beseerde Curtley Smith op heelagter kan instaan.
Kirsten Fourie kry dan weereens speelkans op skrumskakel. Hy het hom verlede naweek goed van sy taak gekwyt teen die Fichie-leeus maar hy sal hierdie naweek op die uitkyk moet wees vir Jones en sy twee flanke, Raylin Kirsten en Lawrence Lamiene, wie lewe vir hom gaan probeer moeilik maak rondom die losgemaal.
Die spanne is:
Voortrekker t. Hoërskool Trio om 12:30
Voortrekker: 15 Tiaan van Rooyen, 14 Kamohelo Moses, 13 Hein Smith, 12 Craig Mann, 11 Kaneng Komane, 10 Johan Whitehead, 9 Alexander Maree, 8 Dawid Fourie, 7 Alberto Argentino, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Hendrik Matthee, 1 Francois Maree.
Hoërskool Trio: 15 Jaco Steyn, 14 Haaron Kabeya, 13 BJ Pelser, 12 Charlten Basson, 11 Thuto Kekane, 10 Byron Biennas, 9 CJ Taljaard, 8 Tapiwa Mundeta, 7 JD Kirstein, 6 JP Botha, 5 Hencoe Kriek, 4 Maansie Crous, 3 Jesse Jordaan, 2 Justino Mateus, 1 Anrhu Mulder.
Welkom Gimnasium t. Witteberg om 12:50:
Welkom Gimnasium: 15 Naylan Goeda, 14 Naven Goeda, 13 Teschan Meas, 12 Mojalefa Matoka, 11 Khamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Ethan Jones, 7 Raylin Kirsten, 6 Lawrence Lamiene, 5 Jayden Auld, 4 Tristan Appollis, 3 Keanan August, 2 Dante Smith, 1 Buhle Mxabayi.
Witteberg: 15 Sydwell Sethi, 14 Ashton Diedericks, 13 Kenyon Morat, 12 Nico van Rensburg, 11 Xavier Lotter, 10 Dries Stemmet, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Lesego Mosokidi, 6 Marco Grobler, 5 Gerard de Boer, 4 Pieter Nel, 3 Bongi Mbambo, 2 Jacques van der Merwe, 1 Zethu Mokhosi.
Ander bepalings:
o.19 B: 09:10 – Hoërskool Trio II t. Hentie Cilliers II; 10:20 – Welkom Gimnasium II t. Voortrekker II.
o.16: 08:00 – Hoërskool Trio t. Hentie Cilliers; 13:00 – Voortrekker t. Welkom Gimnasium.
o.15: 11:00 – Voortrekker t. Goudveld; 12:00 – Witteberg t. Hoërskool Trio.
o.14: 09:00 – Hoërskool Trio t. Witteberg; 10:00 – Voortrekker t. Welkom Gimnasium.




