Trio en Tralies skop af in Wesgrow-reeks

Hierdie Saterdag is al die spanne in vanjaar se Wesgrow Sentrale Sportreeks in aksie, met Hoërskool Trio en Hoërskool Sentraal wat hul veldtogte ook dié naweek afskop.
Beleef al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Na ‘n strawwe voorseisoen, is die manne van Trio slaggereed om Hoërskool Diamantveld Saterdag in Kroonstad welkom te heet, terwyl die Tralies vir Hoërskool Witteberg weg van die huis, in Bethlehem, uitdaag.
Verlede seisoen se o.19 rugbykampioen, Hoërskool Fichardtpark, is ook in aksie in Bethlehem, waar hulle teen die algehele wenners van die reeks in 2023, Voortrekker Hoërskool, te staan kom, en, nadat Goudveld-Hoërskool gedurende die week hul veldtog met ‘n stewige sege teen die Fichies geopen het, verwelkom hulle vir Hoërskool Jim Fouché in Welkom, met die oog daarop om nóg ‘n span van Bloemfontein te kasty.
Trio het nog nie ‘n reeksbepaling gespeel nie, maar na twee harde voorseisoenwedstryde, teen Hoërskool Noordheuwel en Grey-kollege, het losskakel, Byron Biennas, en flank, Tapiwa Mundeta, reeds hul hande opgesteek as opwindende spelers om dop te hou.
Die Diamonds het hul reeks op ‘n hoë noot begin deur die bordjies te verhang teen Voortrekker met ‘n oorwinning van 18-6 in Kimberley.
Met ‘n groot pak voorspelers wat die fondasie lê vir spelbrekers soos Marno Greeff (losskakel) en Kyle Taute (heelagter) om aanvalle te loods, beoog die Diamonds om verlede seisoen se sukses te herhaal, toe hulle vir Trio met 21-15 in Kimberley kon baasraak.
Sentraal het goed vertoon in hul kragmeting met Hoërskool Noord-Kaap vroeër vanjaar by die Fichardtpark-sportdag, maar moes steeds met 22-28 die knie buig.
Binnesenter, SJ Coetzee, het gewys hoe giftig hy kan wees, deur binne die eerste 10 minute te gaan druk.
Witteberg het gedurende die week met 24-24 gelykop gespeel teen Jim Fouché in Bloemfontein, maar Saterdag is hulle terug op hul tuisveld en Kenyon Morat en kie sal gretig wees om hul eerste wen van die reeks te behaal.
JF is in aksie teen die manne van Welkom wat die Fichie-Leeus Dinsdag kon tem.
Met Ruben Crous aan die stuur van die Gouties se aanval, sal die besoekers moet ligloop. Franco Oberholzer was indrukwekkend vir Jim Fouché, maar sal Saterdag weer op sy stukke moet wees om te verhoed dat die tuisspan hul ritme vind.
Fichardtpark se Cravenweek-skrumskakel, Devanté Claasen, begin hierdie naweek op losskakel, wanneer die Leeus vir Voortrekker pak.
Claasen bied ‘n dinamiese opsie in die middeveld, en dit sal interessant wees om te sien hoe hy teen die Trekkers vaar.
Sy direkte opponent in die span van Bethlehem, Tumi Khoza, het verlede jaar al die reeks aan die brand gespeel en het vir Griffons by die Cravenweek verteenwoordig, saam met sy groot stut, Cecil Parsons.
Met ‘n hele paar veranderings in die Fichardtpark-span, na hul wedstryd teen Goudveld, sal die Trekkers hul lippe aflek vir die geleentheid om op te maak vir verlede jaar se nederlaag van 19-33 in Bloemfontein, maar die Leeus is nie ‘n span wat sommer gaan lê nie.
Die spanne:
Trio t. Diamantveld om 12:30
Hoërskool Trio: 15 Byron Maggerman, 14 Thulo Kekane, 13 Franco de Wet, 12 Tyron Adams, 11 Aaron Kriek, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Keanu Swanepoel, 7 Tapiwa Mundeta, 6 Johan Kruger, 5 Danie Fourie, 4 Dian Serfontein, 3 Sebastian du Preez, 2 Killian Kriek, 1 Dandré Bloem.
Hoërskool Diamantveld: 15 Kyle Taute, 14 Carel Viljoen, 13 Clinton Brits, 12 Simon Liversage, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marno Greeff, 9 Ethan Manus, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Stiaan van Loggerenberg, 5 Zuan Rautenbach, 4 Daniel Kuhn, 3 Dian Ellis, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.
Witteberg t. Sentraal om 13:30
Hoërskool Witteberg: 15 Janco Swart, 14 Thabo Motheke, 13 JC van Rhyn, 12 Kenyon Morat, 11 Tshepo Motloung, 10 Sydwell Sethi, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Sakkie Brits, 6 Lesego Mosikidi, 5 Marco Grobler, 4 Llewellyn Beukes, 3 Colin van der Merwe, 2 Jacques van der Merwe, 1 Rian Roos.
Hoërskool Sentraal: 15 Aiden Gotsch, 14 CJ Hertzog, 13 Lee-Yagin Arendse, 12 Pat Cloete, 11 Ethan Hoffman, 10 SJ Coetzee, 9 Hendrik Jonker, 8 Liam Pretorius, 7 Jundre Jardim, 6 Chris Kachelhoffer, 5 DJ Bredenkamp, 4 Steven Smith, 3 Daniel Kotze, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.
Goudveld t. Jim Fouché om 13:30
Goudveld-Hoërskool: 15 Ru-Bran Kock, 14 Adriaan Muller, 13 Hendro Boardman, 12 Caleb Lottering, 11 KB Sonopo, 10 Ruben Crous, 9 JM Rensburg, 8 Malan Marx, 7 Thabiso Phafudi, 6 Hannes Fouche, 5 Wehan Mostert, 4 Heinru Carstens, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Jan Coetzee, 1 Toka Khooe.
Hoërskool Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Heinrich Hattingh, 13 Bendré Vermaak, 12 Hanro Marais, 11 Adrian de Necker, 10 Alldrick Johnson, 9 Brenden de Wee, 8 Qian Moller, 7 Franco Oberholzer, 6 Nathan van Breda, 5 JW Stone, 4 Brenden Weyers, 3 Darren Matthews, 2 Ian Nel, 1 SW van der Merwe.
Voortrekker t. Fichardtpark om 14:20
Voortrekker Hoërskool: 15 Tumi Khoza, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Komahelo Moses, 10 Kaneng Komane, 9 Christian van der Sandt, 8 Dawid Fourie, 7 Theo van Wyk, 6 Attilla Ozturk, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.
Hoërskool Fichardtpark: 15 Pule Motsilili, 14 Martin Kalp, 13 Divan Martens, 12 Duan Viviers, 11 Ayanda Quinisa, 10 Devanté Claasen, 9 Zeonardo Nelson, 8 MJ Herbst, 7 Janel du Plessis, 6 Marno Smith, 5 Pieter Tembo, 4 Buko Mlali, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.