SuperSport Schools Plus

Trekkers se sewesspan is bobaas in Bethlehem

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-15

FOTO: Memories 4Ever Photography

Voortrekker van Bethlehem het die bordjies verhang teen Welkom Gimnasium om die o.17 sewestitel by die Witterberg Sportsfees te verower.

Verlede naweek was die Trekkers ook baas met 17-12 teen die Gimmies by die Hentiesfees in Virginia toe hulle in die groepswedstryde ontmoet het. Die span uit Bethlehem was egter net vir die eerste  dag van die fees daar en Welkom Gimnasium het in hul afwesigheid aangegaan om daardie titel te neem.

Hierdie naweek kon Voortrekker bewys dat sy o.17 sewesspan die kroon in die Griffonstreek dra na nog ‘n indrukwekkende vertoning.

Nadat die Trekkers bo aan hul poel geeindig het met seges oor Sarel Cilliers (43-12), Kestell (63-5) en Goudveld (31-7) kon die manne van Bethlehem vir Landboudal in die kwarteindstryd uitskakel met 17-5.

In die halfeindstryd het hulle met die besoekers uit Braamfontein, Helpmekaar, reken met 17-5 voordat die Gimmies in die eindstryd kon weg sien.

Dawie Fourie het bo-oor ‘n paar manne gehardloop hierdie naweek. Sy haastige eerstespan vleuels, Kamohelo Moses en Kaneng Komane was weereens opwindend elke keer as hulle die bal in die hande kon kry.

Moses is aangewys as speler van die wedstryd in die eindstryd, maar altwee manne skitter nog heel seisoen vir die Trekker eerstespan.

Kelvin Chaka en Atilla Ozturk is nog twee wat vir die Trekker-span beïndruk het.

Welkom Gimnasium se Revaldo Farmer is ook ‘n opwindende speler om dop te hou, maar die Trekkers kon hierdie naweek die Gimmie-aanval neutraliseer en het hulself bewys as die voorste sewesspan in die streek met ‘n omvattende vertoning by hul buurskool se toernooi.

Hul o.15 span het dit ook tot in die eindstryd gemaak deur om die B-span in die halfeindronde uit te skakel. Die jonger manne het teen die tuisspan uitgedraf vir die titel, en na 14 minute was daar niks om die twee spanne te skei op 28-elk nie. Witteberg het egter die eerste drie gedruk en word dus, volgens die toernooi se reëls aangewys as die wenners om aan te beweeg na die eindstryd toe.

Voortrekker se uitslae

o.17: Voortrekker 43, Sarel Cilliers 12; Voortrekker 63, Kestell 5; Voortrekker 31, Goudveld 7; (Kwarteindstryd) Voortrekker 24, Landboudal 7; (Halfeindstryd) Voortrekker 17, Helpmekaar 5; (Eindstryd) Voortrekker 19, Welkom Gimnasium 15.

o.15: Voortrekker 60, Kestell 0; Voortrekker 47, Landboudal 17; Voortrekker 50, Die Anker 21; (Kwarteindstryd) Voortrekker 27, Voortrekker II 7; (Halfeindstryd) Witteberg 28, Voortrekker 28 (Witteberg druk eerste).

o.15 B: Voortrekker II 19, Hoërskool Trio 5; Voortrekker II 66, New Horizon 0; Helpmekaar 48, Voortrekker II 7; (Kwarteindstryd) Voortrekker 27, Voortrekker II 7; (Plaat halfeindstryd) Voortrekker II 42, Witteberg II 7; (Plaat eindstryd) Goudveld 28, Voortrekker II 21.

Ongelukig kon het ons nie al die toernooi se uitslae vanaf die organiseerders ontvang nie.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.