SuperSport Schools Plus

Trekkers sal hard moet werk om Wesgrow-titel in 2020 te behou

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2020-01-28 Tags:

WesgrowLigaDie verdedigende kampioen van die Wesgrow-reeks, Voortrekker van Bethlehem, sal sy aanslag om vanjaar se titel op sy tuisveld teen Fichardtpark van Bloemfontein op 14 Maart afskop. Die Trekkers se eerstespan het verlede jaar die titel verower deur die Hoërskool Noord-Kaap met 40-29 in die eindstryd te troef. 

Die Trekkers het ook vir die tweede agtereenvolgende jaar die algehele rugbykampioen van die reeks. Die drie Noord-Vrystaatse skole Goudveld-Hoërskool, Witteberg en Voortrekker is saam met Fichardtpark in Groep B geloot. 

Diamantveld, Noord-Kaap, Jim Fouché en Sentraal sal sake teen mekaar in Groep B uitspook. Diamantveld se eerstespan is in 2018 as die eerste kampioen van die reeks gekroon.   

Vanjaar se reeks sal in Bloemfontein afskop met Sentraal en Noord-Kaap wat mekaar sal pak. Sentraal se nuwe hoof van rugby sal min tyd hê om sy stempel af te druk voor dié eerste wedstryd. Die skool van Bloemfontein het in die week onderhoude gehou vir die pos na Riaan van Straten hom by Shimlas se bestuurspan aangesluit het. 

Die naweek van 9 Mei sal die Derby-wedstryde tussen die skole in die reeks plaasvind. Diamantveld en Noord-Kaap sal mekaar in Kimberley die stryd aansê, terwyl Sentraal en Jim Fouché mekaar in die Rosestad sal pak. Die Trekkers sal ‘n gedugte span van Witteberg die stryd in die twee skole se jaarlikse FNB Classic Clash te woord staan.

Die halfeindronde van die Wesgrow-reeks sal vanjaar op 11 Julie in Bethlehem beslis word. Die Trekkers en Witteberg sal dus ‘n beduidende voordeel geniet indien hulle tot die halfeindronde deurdring. Die eindronde sal in Bloemfontein op 18 Julie beslis word. 

School of Rugby is die amptelike media vennoot van die reeks. Al die uitslae asook puntelyste sal gedurende die reeks op die webtuiste beskikbaar wees.

Die bepalings: 

29 Februarie 2020

Sentraal vs Noord-Kaap

7 Maart 2020 

Diamantveld vs Sentraal
Noord-Kaap vs Jim Fouché
Goudveld vs Fichardtpark

14 Maart 2020 

Voortrekker vs Fichardtpark 

4 April 2020 

Goudveld vs Voortrekker 

9 April 2020 

Fichardtpark vs Witteberg 

18 April 2020

Witteberg vs Goudveld 

9 Mei 2020 

Diamantveld vs Noord-Kaap 
Sentraal vs Jim Fouché
Voortrekker vs Witteberg

16 Mei 2020

Jim Fouché vs Diamantveld

[powr-comments id=”2762cf96_1580218541007″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.