Trekkers maak dit nege in ‘n ry in FNB Classic Clash
Voortrekker van Bethlehem se linkervleuel, Willie Naudé, was met ’n driekuns aan drieë aan die voorpunt van sy span se oortuigende oorwinning van 50-3 oor Witteberg in die skole se jaarlikse interskole rugbywedstryd.
Naudé het Wittes se verdediging heelwat probleme besorg. Die sege was die Trekkers se negende agtereenvolgende oorwinning oor Witteberg. Die verloorspan kon laas in 2006 met 13-10 as oorwinnaars van die veld stap. Die twee spanne het in 2007 met 13-elk gelykop gespeel.
Buiten Naudé het die losskakel, Louis Viljoen, agterlangs ook ’n puik vertoning gelewer. Voorlangs was die flank Sakkie Molentze en die agtsteman, Michael Janse van Rensburg, dorings in Wittes se vlees.
Goudveld-Hoërskool aanslag op ’n plek in die halfeindronde met twee seges oor die twee skole van Kroonstad verstewig. Gouties het eers Dinsdag vir die eerste keer sedert 1991 daarin geslaag om die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad te klop toe hy met 36-7 baas was.
Die span van Welkom het op sy tuisveld op alle silinders gevuur en in die skrums, op die verdediging en by die afbreekpunte die botoon gevoer. Die kantman GP Nieuwenhuizen speel elke week net beter en het as baljagter en baldraer vir Rooiskool probleme gegee.
In die voorry het Estiaan Terblanche, Ruben Breedt en Dylan Aploon met sterk skrumwerk gehelp om die grondslag vir die sege te lê. Agterlangs was die losskakel, Tristan September, soos gewoontlik op sy stukke, terwyl die vleuel Triumph Baloyi ’n welverdiende drie gedruk het.
Gouties het Saterdag vir die Hoërskool Kroonstad met 71-3 oorrompel. Die telling moes eintlik 66-3 gewees het, maar die skeidsregter het nie die wedstryd gestop soos wat die reëls van die liga voorskryf nie. September, Nieuwenhuizen en die senter Lorenzo Cloete kan tevrede met hul vertonings in die sege voel.
Welkom Gimnasium se senter, Lubabalo Mtyeshi het met sy twee drieë in sy span se sege van 46-14 oor HTS Welkom sy totaal vir die liga tot 14 drieë in sy span se sewe wedstryde tot dusver opgestoot.
Hentie Cilliers het in Virginia vir AHS Kroonstad met 26-6 geklop. Vir Henties was sy flank Hendrik Strauss, die losskakel Daelin Jafta en die senter Ruben Pretorius goed vertoon.
Henties beklee nou met 19 punte die vyfde posisie op die puntelys met nog twee rondes oor. Die span van Virginia gaan met Witteberg in ’n stryd wees om die halfeindronde te haal. Witteberg het 20 ligapunte tot dusver ingesamel en moet nog teen Rooiskool en Wilgerivier speel. Henties se twee oorblywende wedstryde is teen HTS Sasolburg en HTS Welkom.
Wilgerivier van Frankfort Dinsdag vir HTS Sasolburg met 61-0 die loef afgesteek.
Puntemakers:
Voortrekker 50 (18): Drieë: Willie Naudé (3), Francois Klopper, Sakkie Mollentze, Jonathan Allison, Marco Labachagne. Doelskoppe: Louis Viljoen (5). Strafdoele: Viljoen (2). Witteberg 3 (3): Strafdoel: George Spershott.
Welkom Gimnasium 46: Drieë: Lubabalo Mtyeshi (2), Richman Gora (2), David Eyssen, Gift Dlamini, Kwagga van Staden, JJ Scheepers. Doelskoppe: Andrew Kota (3). HTS Welkom 14.
Hentie Cilliers 26: Drieë: Morné Mkwayi, William Hendricks, Jaco Vermeulen, Ruben Pretorius. Doelskoppe: Pretorius (3). AHS Kroonstad 6: Strafdoele: Chappies van der Walt (2).
Goudveld-Hoërskool 71 (35): Drieë: Tristan September (2), Triumph Baloyi (2), Craig Colby (2), AJ Jacobs (2), Jacques Potgieter, Lorenzo Cloete, GP Nieuwenhuizen. Doelskoppe: Zane Vorster (5), Cloete (2), Jacobs. Hoërskool Kroonstad 3 (0): Strafdoel: Theo Roux.
Goudveld-Hoërskool 36 (15): Drieë: Tristan September, Lorenzo Cloete, Paul Sauer, GP Nieuwenhuizen, Triumph Baloyi. Doelskoppe: Zane Vorster (2), Cloete (2). Strafdoel: Tristan September. AHS Kroonstad 7 (7): Drie: PC van Rooyen. Doelskop: Chappies van der Walt.
Wilgerivier 61 (28): Drieë: Juan Jordaan (2), Corjan Muller (2), Daniel Jooste (2), Jandré Labuschagné, Norman Bibbey, Bert van Wyk. Doelskoppe: Cobus Erasmus (8). HTS Sasolburg 0.




