SuperSport Schools Plus

Trekkers het vanjaar weer Wesgrow-titel in die visier

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-01-29

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem beskik vanjaar oor ‘n span wat sterk aanspraakmaker op die Griffon-titel behoort te wees. Die uiters kompeterende Griffon-liga word egter soos die Curriebeker-reeks nie alreeds in Maart gewen nie. 

Die krag van Griffon-skolerugby het boonop die afgelope paar seisoen na Welkom geskuif met Welkom-Gimnasium wat drie van die laaste vier titels ingepalm het. Gimmies se titel in 2015 was die eerste deur ‘n skool van Welkom sedert 1998 toe HTS Welkom die kroon gedra het. 

Voortrekker sal die seisoen na slegs sy derde titel as kampioen van die Griffon-liga op soek wees. Die Trekkers was laas in 2011 as kampioen gekroon na hy Hentie Cilliers van Virginia naelskraaps met 15-14 in die eindstryd uitgestof het. Hulle het ook in 2008 die titel verower.

Voortrekker se Direkteur van Rugby, Christiaan Gouws, sê dat hoewel hulle ‘n moeilike voorseisoen het, dat die Trekkers graag momentum daaruit wil bou vir die onderskeie ligas waarin die span deelneem. 

Gouws is ook die eerstespan se hoofafrigter. Hy sal waardevolle ondersteuning van Stefanus Pretorius (voorlangs) en Eben Scheepers (agterlangs) ontvang. Scheepers het die Vrystaat in 77 wedstryde tussen 1987 en 1991 verteenwoordig. Hy het ook vir die Oos-Vrystaatse seniorspan tussen 1992 en 1994 in 39 wedstryde uitgedraf. 

Scheepers het ook in 1983 die SA Skole-span verteenwoordig. Voortrekker se kondisionering sal deur Heinrich du Plessis hanteer word.

Die Trekkers het tien spelers in sy geledere wat reeds ervaring op eerstespanvlak in 2018 opgedoen het. Hulle is Kamshen Moss, Warren Louw (albei stut), Steyl Barnard (slot), Beast Mofokeng  (flank), Bjorn Steinhobel (agtsteman), Eddie Jackson (skrumskakel), Cammi Roux (losskakel), Duncan Amsterdam, Frans Postma (albei senter) en Peter Motlohong (vleuel). 

Daar is ook vier spelers wat die Griffons verlede jaar op die Grant Khomo-week (vir o.16-spelers) verteenwoordig het. Die viertal Willie Oosthuizen (slot), Robin Fredericks (senter), Vuyani Vanqa (vleuel) en Tshepang Morake (heelagter) behoort almal ook aanspraakmakers op plekke in die eerstespan te wees. NewsG Voortrekker

Voortrekker kom in sy eerste wedstryd van die seisoen teen Helpmekaar-kollege van Johannesburg te staan. Helpies het verlede jaar in die eindstryd van die Virsekerbeker teen Monument die knie gebuig. Daarna wag die uitdaging van ‘n gedugte Menlopark op die Blou Bulle se jaarlikse rugbyaand op Loftus Versfeld op die Trekkers.

“Ons twee wedstryde aan die begin van die seisoen teen Helpmekaar en Menlopark gaan vir ons groot uitdagings wees. In die liga is Welkom Gimnasium altyd ‘n taai teenstander, terwyl ons FNB Classic Clash teen Witteberg nooit ‘n maklike wedstryd is nie,” het Gouws gesê. 

Voortrekker sal soos vorige jare weer die jaarlikse Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal bywoon. Die span vanuit die Riemland sal in sy eerste wedstryd teen Die Brandwag van Uitenhage te staan kom. 

Die skool van Bethlehem is verlede jaar as die alghele rugbykampioen van die nuwe Wesgrow-reeks gekroon. Die skool sal vanjaar weer ‘n aanspraakmaker op die titel wees. Die eerstespan kon nou wel nie verlede jaar daarin slaag om die eindstryd te haal nie, maar dit tel vanjaar onder die doelwitte van die span. 

Al Voortrekker se wedstryde op sy tuisveld sal regstreeks op die skool se eie TV-kanaal, TrekkerTV, op die DigiTV.co.za platform uitgesaai word. 

Voortrekker se bepalings vir 2019 is: 

 12/03/2019VoortrekkervsJim Fouché Wesgrow
 216/03/2019VoortrekkervsBrandwag (Uitenhage)Oakdale Week 
 318/03/2019VoortrekkervsTBCOakdale Week
 420/03/2019VoortrekkervsTBCOakdale Week
 56/04/2019VoortrekkervsGoudveldWesgrow/Griffon
 613/04/2019VoortrekkervsWelkom GimnasiumGriffon
 727/04/2019VoortrekkervsHentie CilliersGriffon
 84/05/2019VoortrekkervsWittebergFNB Classic Clash
911/05/2019VoortrekkervsAHS KroonstadGriffon
1018/05/2019VoortrekkervsDiamantveldWesgrow
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.