Trekkers en Tralies op soek na eerste sege, JF wil Trio in Kroonstad omdop

Die gesogte Wesgrow-reeks skop in alle erns af dié naweek.
Die Hoërskool Trio sal nie te oorgerus wees wanneer hy Saterdag op sy tuisveld teen Jim Fouché van Bloemfontein uitdraf nie.
JF het vanjaar goed uit die blokke gekom. Hy het op Fichardtpark se jaarlikse sportdag vir Duineveld van Upington met 39-10 afgestof voordat hy ook in sy eerste Vrystaatse ligawedstryd vir Burgersdorp met 36-14 verslaan het.
Die Groen Masjien het wel in sy eerste kragmeting van die seisoen teen Welkom Gimnasium met 12-24 die knie gebuig.
Die span se afrigters, Corné Erasmus en Schalk Malherbe, sal egter nie ontevrede oor hul span se vertoning in die nederlaag wees nie.
Trio van Kroonstad het sy seisoen met ‘n nederlaag van 10-38 teen Grey-kollege afgeskop. Die span se breiers, Quintin Geldenhuys en Kerr Till, sal self nie te veel slapelose nagte daaroor hê nie. Veral na Grey verlede week vir Welkom Gimnasium met 60-17 ‘n opstopper gegee het.
Trio het ook teen die Hoërskool Rustenburg met 10-17 vasgeval.
Die besoekers sal Saterdag sonder sy losskakel, Breyton de Wee, moet klaarkom. Sy broer, Brenden, wat tot dusver vanjaar sy skakelmaat was, sal teen Trio sy tokse moet volstaan.
Voorlangs kan die agtsteman, Franco Oberholzer, loskopstut Tristan Russell en slot Rico Kellerman die tuisspan hoofbrekens besorg.
Trio se sleutelspeler teen JF sal ook sy losskakel, Jayden Windvogel, wees. Hy sal moet sorg dat sy agterhoede genoeg geleenthede kry om punte aan te teken.
In Bethlehem sal Voortrekker sonder twyfel nog hul wonde lek na hy verlede week teen Durban High School met 8-63 gekarnuffel is.
Die Trekkers sal ook weet dat die Bloktruie van die Hoërskool Sentraal wat vandag teen hulle op die veld sal draf nie dieselfde span is, wat die skool van Bloemfontein die afgelope paar jaar in die veld gestoot het nie.
Hoewel die Tralies nog opsoek is na hul eerste sege van 2025 het die span reeds vanjaar in nederlae teen die Cherries (0-36) en Marlow Landbou (24-36) gewys dat hy vanjaar nie in die sentrale streek gering geskat kan word nie. Die span het reeds baie veggees het in die twee nederlae getoon.
Die Trekkers se losskakel, Adriaan Bonthuys, kan die Tralies behoorlik met sy spel toets. Voorlangs sal die tuisspan se twee losvoorspelers, Attila Ozturk en Wian Muller, beduidende rolle vertolk.
Sentraal se twee vleuels, CJ Hertzog en Aiden Gottsch, het vanjaar reeds gewys dat hulle meer as gewillig is om met die bal te hardloop. Voorlangs behoort die twee losvoorspelers, MJ Cronjé en Jandré Jardim, ook staatmakers vir die besoekers te wees.
Die spanne is:
Hoërskool Trio t. Jim Fouché in Kroonstad om :
Hoërskool Trio: 15 D’Marco Basson, 14 Darius Job, 13 Kyle Kruger, 12 Tyron Adams, 11 Jaylin Jones, 10 Jayden Windvogel, 9 WJ van Niekerk, 8 Dian Serfontein, 7 Killian Kriek, 6 Franco de Wet, 5 Danie Fourie, 4 Richardt Joubert, 3 Janru Janse van Rensburg, 2 Myburgh Jacobs, 1 Cade Swanepoel.
Jim Fouché: 15 Bendré Vermaak, 14 Kay-Dinn Langley, 13 Adrian de Necker, 12 Juan Swart, 11 Hanro Marais, 10 Brenden de Wee, 9 Duardt Bester, 8 Franco Oberholzer, 7 Qian Moller, 6 JC van Niekerk, 5 Franco Greyling, 4 Rico Kellerman, 3 Jandré Opperman, 2 HJ Noëth, 1 Tristan Russell.
Voortrekker vs Sentraal in Bethlehem om 14:35:
Voortrekker: 15 Christiaan van der Sandt, 14 Sizwe Qwabe, 13 Karabo Ralethohlane, 12 Nolen du Plooy, 11 Renier van Niekerk, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Henry Janse van Rensburg, 8 Attila Ozturk, 7 Jayden de Jesus, 6 Wian Muller, 5 Berto van Niekerk, 4 Theo van Wyk, 3 Moropa Lephondo, 2 Wessel Hattingh, 1 AJ Myburgh.
Sentraal: 15 SJ Coetzee, 14 CJ Hertzog, 13 Johan du Plessis, 12 Waldo Slabbert, 11 Aiden Gottsch, 10 Hanco Nel, 9 Christopher du Toit, 8 MJ Cronjé, 7 Liam Pretorius, 6 Jandré Jardim, 5 DJ Bredenkamp, 4 Pieter Muller, 3 Hugo Coetzer, 2 AJ le Roux, 1 Willem Kotzé.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30