Tralies wil FNB Classic Clashes-sukses van 2022 laat herleef

Hoërskool Sentraal is vasbeslote om hierdie naweek hul sukses in 2022 te laat herleef wanneer die FNB Classic Clashes-kragmeting met Jim Fouché weer op eie bodem plaasvind.
Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
JF was verlede jaar tuis met 38-17 baas, maar die laaste keer wat hulle vir Tralies voor dié se tuisskare aangedurf het, het die bloktruie met 29-26 geseëvier. Later daardie jaar het die twee spanne weer ontmoet in die Stadsliga-eindstryd, met die Green Machine wat laaste gelag het met ‘n sege van 19-14 om die titel te verower.
Die Tralies se seisoen het vanjaar stadig begin, maar ‘n puik vertoning teen Hoërskool Kalahari verlede naweek sou hul selfvertroue ‘n hupstoot gegee het op die vooraand van Saterdag se groot stryd teen hul bure. Lee-Yagin Arendse en Pat Cloete is twee van die tuisspan se gevaarmanne wat ‘n taamlike impak kan maak.
Jim Fouché beskik self oor meer as genoeg skietgoed, met Franco Oberholzer en Breyten de Wee aan die spits van hul aanslag. JF het in hul vorige kragmeting, ook met ‘n Bloemfonteinse mededinger, vir HTS Louis Botha met 47-10 afgestof, nadat hulle vroeër met 15-24 die knie moes buig teen Fichardtpark.
Die Fichies is ook hierdie naweek in aksie teen Landboudal.
Na ‘n moeilike begin tot hul seisoen, lyk dit of die Fichie Leeus weer hul ritme gevind het nadat hulle verlede week spiere gebult het teen Kalahari met 62-17. Die Lanties bied nietemin altyd ‘n strawwe toets, en die span van Jacobsdal het reeds vanjaar met Hoërskool Burgersdorp (26-6) en Sentraal (43-12) afgereken.
Die stryd tussen die twee skrumskakels behoort interessant te wees, met Devanté Claasen wat die Fichies-aanval bestuur en Craven Crause wat ook sy stempel sal wil afdruk vir Landboudal. Crause en kaptein, Divan Vorster, het verlede jaar hul skool met onderskeiding in die Barbarians-span by die VKB Reitz-week verteenwoordig, terwyl Claasen verlede jaar Cravenweek gespeel, saam met Fichardtpark se eerste SA Skolespeler ooit, Jaco Grobbelaar.
Sentraal t. Jim Fouché om 14:20
Sentraal: 15 Jayden Betty, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Pat Cloete, 12 CJ Hertzog, 11 Louis Harm Fourie, 10 SJ Coetzee, 9 Schalk Linde, 8 Chris Kachelhoffer, 7 Percy Reynolds, 6 CJ Cloete, 5 Jandre Jardim, 4 Steven Smith, 3 EJ van der Berg, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.
Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Kay Dinn Langley, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Bendré Vermaak, 10 Breyten de Wee, 9 Brenden de Wee, 8 Franco Oberholzer, 7 Qian Moller, 6 Brenden Weyers, 5 Milan Marais, 4 JW Stone, 3 Jandré Opperman, 2 Ian Nel, 1 Tristan Russle.
Fichardtpark t. Landboudal om 12:50
Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Ruben Visagie, 13 Duan Viviers, 12 Junior Titoti, 11 Divan Martens, 10 Pule Motsilili, 9 Devanté Claasen, 8 MJ Herbst, 7 Janel du Plessis, 6 Marno Smith, 5 Pieter Tembo, 4 Buko Mlali, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.
Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Simeon de Klerk, 13 Jan-Louis Nel, 12 Divan Vorster, 11 Jannie de Waal, 10 Henko Truter, 9 Craven Crause, 8 Brink Bruwer, 7 Jaco Venter, 6 Chris Strauss, 5 Juhan van der Westhuizen, 4 Franke Fourie, 3 Ruan van Bosch, 2 Regard Scheepers, 1 Wianco Ludike.




