Tiere hoop om Ellisras te skok in Mookgophong
Om 12:40 Vrydag-middag sal die asems opgehou word in Mookgophong wanneer Hoërskool Ellisras en Hoër Tegniese Skool Tom Naude in die Limpopo-halfeindstryd van Afdeling 2 in die SDC Noordvaal Cup kragte meet.
Die span wat as oorwinnaars uit die stryd tree sal teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi in die eindstryd te staan kom. Frikkie Meyer het eerste geeindig en het regstreeks gekwalifiseer vir die eindstryd.
Ellisras en Tom Naude het vroeër die seisoen reeds swaarde gekruis. Die span van Ellisras het bewys hoekom hy as gunstelinge geag word en het gemaklik, met ‘n telling van 50-14 gewen.
Hy sal veral staatmaak op sy losskakel, Gerdro Grobbelaar, en binnesenter, Divan Malan.
Grobbelaar en Malan is tot dusver n groot doring in die vlees vir enige verdedigings struktuur. Die duo speel al vir amper 70 wedstryde saam.
Boonop die gevaar in die middelveld sal losvoorspeler Jardin van Blerk ook weer amok saai onder die voorspelers. Van Blerk beleef tot op hede ‘n goeie seiesoen en is bedrieglik met bal in hand.
Aan die kant van die Tiere sal dit flank, Perd Mokgosa, wees wat Ellisras op sy tone sal hou. Mokgosa is soos ‘n Jack Russel by die afbreukpunte. Hy sal veral hierdie naweek op sy stukke wil wees om te verseker dat Ellisras se bal stadig gemaak word.
Agtsteman, Phosa Kenielwe, sluit by Mokgasa en kie aan. Kenielwe se verdediging is van hoeë gehalte en skroom hy nie om sy teenwoordigheid te laat hoor met groot duikslae nie.
Die Tiere se selfvertroue sal oorloop na hy verlede naweek met Hans Strijdom afgreken het. Sy sege oor die span van Mookgophong het sy plek in die halfeindstryd verseker.
Albei spanne speel intrukwekkende rugby tot op hede. Ellisras het reeds teen Frikkie Meyer in sy groepwedstryd geseëvier. Die Tiere het in ook aanloop tot die semi-finaal goeie ritme begin vind.
Dit gaan beslis nie weer so maklik vir Ellisras gemaak word nie en gaan die Tiere vir die volle 70 minute aan die deur bly klop.
Die spanne:
Hoërskool Ellisras vs Tom Naude om 12:40.
Hoërskool Ellisras: TBC.
HTS Tom Naude: 15 Ashwyn Rodgers, 14 Brent Jansen van Vuuren, 13 Dylan Nieuwenhuys, 12 Riaan Keyser, 11 Dylan Potgieter, 10 Jared Kotze, 9 Andy Meso, 8 Phosa Kenielwe, 7 Perd Mokgosa, 6 Ian van der Merwe, 5 Verwey Slabbert, 4 Litchi Mamabolo, 3 Andrew Steamer, 2 Marnus de Klerk, 1 Beast Mulaudzi.




