SuperSport Schools Plus

Tag: Grey College


Sannies, Grey en Trekkers wen oortuigend

GREY-KOLLEGE se linkervleuel, Charl Pretorius, het ’n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 52-13 oor Duineveld op Upington behaal. Die tuisspan se voorspelers het met ’n reuse-aanslag gekom en Grey met tye probleme besorg. Velties se kaptein en agtsteman, Junior Burger, het sy troepe nie net voorlangs aangevuur nie, maar ook die vonk verskaf. Hy is goed deur die flank Theunis Visser bygestaan.

Pretorius was agterlangs Grey se beste speler. Voorlangs was die stryd kliphard en dit verbaas ook glad nie dat Grey se kaptein en kantman, Marius Louw, voorlangs beïndruk het nie. Louw is ’n speler wat nie bang is vir die fisieke aspekte van die spel nie.

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-04-01

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.