SWD-reuse slaags op die plaas in Riversdal

Met die voorlopige SWD-oefengroep wat weereens meestal uit spelers van Oakdale en Outeniqua bestaan, bied Saterdag se kragmeting in Riversdal ‘n gulde geleentheid om te sien hoe die opwindende jong spelers teen mekaar opweeg.
Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
Oakdale spog met 11 spelers in vanjaar se Cravenweek-groep. Kaptein, Kurt Coetzee, Kai Prat, Gustav van der Merwe, Tiaan Turck, Roy Viljoen, Erick Steyn, Lee-Winn Pretorius, Reinhardt Viljoen, Sine Mdlakomo, Ruan Swart en Waylon Kortjie is almal in die SWD-groep opgeneem.
Die Kwaggas het self sewe verteenwoordigers in die groep, naamlik Gareth Maree, Elgernon Meyer, Andrew Stopforth, Luca Potgieter, Keenan Jantjies, Ruben Rossouw en JZ Olivier.
Boonop het Oakdale en Outeniqua ook onderskeidelik nege en sewe spelers in die Akademieweek-span.
Tot dan is alle fokus egter op hierdie naweek se groot stryd, met enige toekomstige kameraadskap wat eers moet opsystaan vir klipharde wedywering.
Verlede jaar het die Kwaggas hul 100ste herdenking in styl gevier met ‘n uitstekende seisoen, wat ‘n sege van 25-14 oor Oakdale ingesluit het. Die Bulle sou omgekrap gewees het oor daardie uitslag en sal Saterdag hul wraak wil neem wanneer die Kwaggas op die plaas kom kuier.
Kurt Coetzee het verlede jaar reeds vir sy skool en die SWD-span uitgeblink, en vertoon vanjaar ewe indrukwekkend.
Oakdale het albei hul wedstryde by die Absa Wildeklawer-toernooi in Kimberley verloor, met 14-33 teen Durban High School en 10-32 teen Affies, maar vroeër by meer as een geleentheid gewys waartoe hulle in staat is, met goeie seges oor Framesby (50-33) en Stellenberg (29-22).
Die Kwaggas het ook gesukkel om hul ritme by Wildeklawer te vind en moes die knie buig teen Waterkloof (32-51) en Kirkham Grammer van Engeland (25-27).
Met opwindende jong spelers soos Ellie Meyer en Luca Potgotier in hul midde, en die ekstra inspuiting wat só ‘n interskole bied, belowe Saterdag se kragmeting om ‘n klipharde, aksiebelaaide stryd af te gee tussen die twee tradisieryke skole.
Oakdale t. Outeniqua om 13:00
Hoër Landbouskool Oakdale: 15 Waylon Kortjie, 14 Duraan Janse van Rensburg, 13 Kurt Coetzer, 12 Christian Vorster, 11 Lee-Winn Pretorius, 10 CT Vosloo, 9 Jandrian Goosen, 8 Migail Barnard, 7 Jannes Snyman, 6 Zack Wessels, 5 Liam Lightley, 4 Ruan Swart, 3 Tiaan Turck, 2 Gustav van der Merwe, 1 Kai Pratt.
Hoërskool Outeniqua: 15 Jade Peterson, 14 Keenan Jantjies, 13 Reshaan Damons, 12 Luca Potgieter, 11 Xavier Solomons, 10 Ellie Meyer, 9 Jay-Zee Olivier, 8 Gareth Maree, 7 Ruart Curlewis, 6 Jonathan Schutte, 5 Ruben Rossouw, 4 Trent Huisamen, 3 Zacary Meyer, 2 Ruan van Rensburg, 1 Deven Kleingeld.
Ander bepalings
o.19: 12:20 – Langenhoven Gimnasium t. York High.