SWD kies voorlopige span vir Cravenweek in Stellenbosch
Slegs twee spelers in die voorlopige Cravenweek-span van Suidwestelike Distrikte is nie leerlinge aan die Hoërskool Outeniqua of Oakdale Landbou nie. Langenhoven Gimnasium se flank Kurtley de Laan en skrumskakel, Ruan Steyn, is die enigste twee spelers in die span wat nie van dié twee skole is nie.
Oakdale Landbou van Riversdal het 11 spelers tot die groep van 22 bygedra, met Outeniqua wat nege spelers in die span het. In die Volstruisboere se agterhoede was die senterpaar, Manie Libbok en JP Duvenhage, en die losskakel, Boeta Hamman, op verlede jaar se Cravenweek vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga) in aksie. SWD het verlede jaar in die hoofwedstryd teen die Oostelike Provinsie die knie gebuig.
In die pak voorspelers was die slot Adré Smith, en die twee voorrymanne, Andrew Kuhn en Roux Swart, ook verlede jaar in Middelburg in aksie. Die Cravenweek vind vanjaar in Stellenbosch plaas.
Die span is:
15 Darren Adonis (Oakdale Landbou), 14 Darryl Kameel (Outeniqua), 13 Manie Libbok (Outeniqua), 12 JP Duvenhage (Outeniqua), 11 Logan Stoffels (Outeniqua), 10 Boeta Hamman (Oakdale Landbou), 9 Eckhard Leicher (Oakdale Landbou), 8 Renaldo Ferreira (Oakdale Landbou), 7 Kurtley de Laan (Langenhoven Gimnasium), 6 Levuyo Ndevu (Outeniqua), 5 Ewan Coetzee (Oakdale Landbou), 4 Adre Smith (Oakdale Landbou), 3 Roux Swart (Outeniqua), 2 HP van Schoor (Oakdale Landbou), 1 Andrew Kuhn (Outeniqua). Plaasvervangers: 16 Bertie de Bod (Oakdale Landbou), 17 Hermanus Botha (Oakdale Landbou), 18 Chrisjan du Toit (Oakdale Landbou), 19 Justin Levendal (Outeniqua), 20 Ruan Steyn (Langenhoven Gimnasium), 21 Bradley Kiewietz (Outeniqua), 22 Daine Kannemeyer (Oakdale Landbou).




