SuperSport Schools Plus

Swanesang vir Grey se SA Skole spelers teen Oakdale in die Rosestad

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-04

FOTO: Frans Lombard/Actionpix

Oakdale Landbou pak hierdie naweek hul grootste toets van die seisoen sover aan waneer hulle teen Grey-kollege in Bloemfontein gaan speel.

Die wedstryd is regstreeks beskikbaar op SuperSport SchoolsRegistreer nou Skakel vir die wedstryd, Saterdag om 13:30.

Hierdie twee spanne het nog net vier keer teen mekaar gespeel. Grey het die eerste drie van daardie ontmoetings gewen, voordat Oakdale verlede jaar vir Grey op die plaas in Riversdal kon inperk om 17-elk gelykop te speel.

Grey was egter nog in al die ander wedstryde met meer as 20 punte baas, en hulle sal die gaping tussen hulself en die res van die top-rugbyskole in Suid Afrika wil beklemtoon met ‘n goeie vertoning op hul tuisveld voordat hulle die seisoen afsluit teen Paul Roos.

Die trotse Bloemfonteinse inrigting beleef ‘n merkwaardige, onoorwonne seisoen en het selfs teen van die sterkste spanne in die land, soos Paarl Gimnasium (33-12), Garsfontein (23-9), Paarl Boys’ High (39-30) en Outeniqua (19-17) eenvoudig gelyk asof hulle op ‘n vlak van hul eie is.

Saterdag sal dan die eerste keer wees wat die Bloemfonteiners hul helde op eie bodem in aksie sal kan sien, nadat Jean Erasmus (stut), JJ Theron (agsteman), Christiaan van der Westhuizen (skrumskakel), Ian van der Merwe (losskakel) gedurende die vakansie vir die SA Skole span gekies is wat teen Engeland en Frankryk gaan meeding.

Benito Goeda (senter), Pieter van der Merwe (senter) en Ranon Fouché (stut) is ook vir die SA A groep verkies. Saterdag sal al hierdie seuns se laaste skolewedstryd wees, aangesien hulle Grey se finale bepaling van die jaar teen Paul Roos gaan misloop.

Grey is hierdie naweek sonder sy dinamiese slot, Marno Stopforth, wie Sondag begin deelneem aan die Statebond Jeugspele in Trinidad en Tobago as deel van die SA o.18 Sewes-span.

Watokal verder mag gebeur hierdie seisoen, Grey het weereens gewys hoekom hulle as van die beste in die wêreld beskou word met hul oorheersing teen die sterkste teenstanders in Suid Afrika en die hoeveelheid spelers wat hulle kon oplewer vir die provinsiale en nasionale spanne.

Die besoekers het verlede naweek ‘n goeie 31-24 sege in Worcester teen HTS Drostdy behaal maar dit sal hul beste vertoning van die jaar verg om vir Grey in Bloemfontein te pootjie.

Sy vlugvoetige vleuel, Therlow Prins, is een van die opwindendste spelers. Hy kon verlede naweek drie keer agter die doellyn gaan kuier.

Oakdale begin die wedstryd sonder een van hul ander gevaarmanne, Shaydon Fradie (losskakel), alhoewel hul generaal in die middeveld dalk later ‘n verskyning vanaf die reserwebank mag maak.

Voorlangs is dit die manne van Riversdal se slot, Roy Viljoen, en agsteman, Erick Steyn, wat hierdie seisoen uitstaan, maar daar was nog nie ‘n pal voorspelers wat vir Grey-kollege kon domineer hierdie jaar nie, en dit sal ‘n titaniese poging neem om dit hierdie naweek in Bloemfontein reg te kry.

Die spanne is:

Grey-kollege t. Oakdale Landbou om 13:30:

Grey-kollege: 15 Vincent Wolhuter, 14 Hanré du Plessis, 13 Benito Goeda, 12 Pieter van der Merwe, 11 Martin Botha, 10 Ian van der Merwe, 9 Christiaan van der Westhuizen, 8 JJ Theron, 7 Keegan Scholtz, 6 Jean-Henri Smit, 5 Schalk du Plessis, 4 Heinrich Theron, 3 Jean Erasmus, 2 Liam van Wyk, 1 Ranon Fouché

Oakdale Landbou: 15 Waylon Kortjie, 14 Duraan Janse van Rensburg, 13 Louis Fourie, 12 Kurt Coetzee, 11 Therlow Prins, 10 Zandre Conradie, 9 Tian Ferreira, 8 Erick Steyn, 7 Migail Barnard, 6 Hanno Louw, 5 Roy Viljoen, 4 Hanre Jubelius, 3 Devon Windvogel, 2 JC van Wyk, 1 Marco Steyn.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.