SuperSport Schools Plus

Swanepoel held in Diamantveld-sege

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-05-26

DIAMANTVELD se rugbyspan se senter, JD Swanepoel, was met sy driekuns aan drieë sy span se held in sy sege van 52-26 oor Hoërskool Upington in Kimberley.

Swanepoel se drie Saterdag kort voor rustyd het die gang van die wedstryd in sy span se guns geswaai. Die besoekers van Upington het ondanks die drie rustyd met 9-7 voorgeloop. Uppies het egter in die eerste helfte met die wind van agter gespeel.

Diamonds se losskakel, Gerco Nortjé, het sy skopskoene aangehad en sy span op die voorvoet met die wind van agter gehou. Die tuisspan het in die tweede helfte 45 punte, wat ses drieë insluit, ingeryg.

) Landboudal van Jacobsdal se losskakel, Guillaume Oberholster was Saterdag teen Kathu in ’n klas van sy eie.

Hy het 21 punte in sy span se sege van 59-17 oor Kathu aangeteken. Hy het self een van sy span se agt drieë gedruk en nie een stelskop pale toe verbrou nie.

Die wenspan se lostrio Michael Pienaar, Jean Bezuidenhout en Chritopher Menezes was puik.

Die skrumskakel, CD Wilke het ook floreer agter sy pak wat op die voorvoet was. Agterlangs verdien die senters, Erick Reinecke ek Kat Mabaleng, elk ook ’n klop op die skouer.

) Riebeekstad se sege van 15-13 in die doodsnikke oor Hennenman in die Sandveld-liga beteken dat laasgenoemde eers vir Wessel Maree moet troef indien hy Saterdag teen Bothaville in die eindstryd wil uitdraf.

Riebies se vleuel, Solly Seeta, het in die hoek met die laaste beweging van die wedstryd gaan druk om die telling 13-elk gelyk te maak. Die span se flank, Zander Bester, het met die moeilike doelskop geslaag om sy span se kanse om die eindstryd te haal lewend te hou.

Vir Riebies was die stut Morné Botha, Bester en die slot Wessel Loggenberg voorlangs staatmakers. Agterlangs verdien die senterpaar, Antonio Jurack en Johan Engelbrecht, saam met die heelagter Kgomotso Kuitsi lof vir hulle spel.

Bothaville se senter en onderkaptein, Derek Beeslaar, was vernietigend op die aanval in sy span se sege van 64-7 oor Wessel Maree.

Beeslaar het vier keer die span van Odendaalsrus se doellyn oorgesteek. Die wenspan het ook daarin geslaag om sy struktuur tydens die kragmeting te behou, wat vir die afrigters voor die eindstryd ’n goeie teken is.

Bothaville se uitblinkers was die haker Rikus Alkema, slot Marnus Cronjé en flank Drikus Klopper.

) In die Oos-Vrystaat het Ficksburg met ’n naelskraap-sege van 18-17 oor Paul Erasmus van Senekal die sake in die liga behoorlik deurmekaar gekrap.

Vir die wenspan was die senter Boeta du Preez en agtsteman Doors Smit uitstaande.

) Bultfontein se losskakel, Bernard Fourie, het 26 punte in sy span se sege van 61-3 oor Theunissen aangeteken.

Hy het twee keer gedruk en ook agt drieë verdoel.

Puntemakers:

>Bothaville 64 (33) – Drieë: Derek Beeslaar (4), WJ Crous (2), Sakkie Bester, Merwe Snyman, Thato Mojaki, Duncan Holiday. Doelskoppe: Crous (7). Wessel Maree 7 (0) – Drie: Chris Norton. Doelskop: Pierre van der Walt.

Riebeeckstad 15 (3) – Drieë: Antonio Jurack, Solly Seeta. Doelskop: Zander Bester. Strafdoel: Bester. Hennenman 13 (0) – Drie: Stefan Smit. Doelskop: Angelo Pienaar. Strafdoele: Pienaar (2).

Ficksburg 18 – Drieë: Thato Lieta, Attie Michau, Christo Schuld. Strafdoel: Lionel Pietersen. Paul Erasmus 17.

Vrede 15 – Drieë: Michael Podges (2), Charl du Toit. Reitz 5 – Drie: Jaco Pretorius.

Bultfontein 61 – Drieë: Bernard Fourie (2), Frikkie du Plessis, Jano Smit, Guilliam Viljoen, Etien Botha, Erik Helm, Jopie Taljaard, Arno Taljaard. Doelskoppe: Fourie (8). Theunissen 3 – Strafdoel: Sylvester Seseane.

Hoopstad 55 – Drieë: MJ de Bruin (2), Adriaan Meintjes, Janus Venter, Stefan Roos, Andries van Zyl, Gerrit Smit, Rénard van Jaarsveld, Mar-Jean Victor. Doelskoppe: Franco Schoonraad (3), MJ Griessel (2). Harmony High 0.

Hoopstad 33 – Drieë: Mar-Jean Victor, Stefan Roos, Frasn-Willem van Beeck, Dirk Smit, Estean Smit. Doelskoppe: Franco Schoonraad (4). Salomon Senekal 0.

Sandveld 49 (26) – Drieë: Michael Fulton (3), Jaco Groenewald, Wian le Roux, Johan Fick, Edward Jordaan. Doelskoppe: Fick (4), Lucky Bob (3). Harmony High 12 (0).

) GRIEKWAS

Diamantveld 52 (7) – Drieë: JD Swanepoel (3), JP Abrahams (2), Janco Cloete, Nico Roets, Nardus Bosman. Doelskoppe: Gerco Nortjé (7). Hoërskool Upington 26 (9).

Landboudal 59 – Drieë: Erik Reinecke (2), Gideon Kriel, FC Swart, Teubes Brits, Jean Bezuidenhout, Guillaume Oberholster, Kat Mabaleng. Doelskoppe: Oberholster (8). Strafdoel: Oberholster. Kathu 17.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.