Strawwe kompetisie in vanjaar se Pukke Prestige-reeks
Na die eerste ronde van die NWU-Pukke Prestige-reeks kan daar geen twyfel bestaan dat Groep C die taaiste van die groepe sal wees nie. Zwartkop het gesweet om Potchefstroom Volkskool met 12-8 te verslaan, terwyl Randburg en HTS Witbank in die ander groepwedstryd met 23-elk gelykop gespeel het.
Noordheuwel van Krugersdorp het die grootste oorwinning van die eerste ronde behaal deur Jeugland met 54-0 kaf te draf. Die span se linkervleuel, Francois Marx, het vier keer die doellyn oorgesteek.
Die Anker van Brakpan het ‘n naelskraapse sege van 16-15 oor Potchefstroom Gimnasium behaal, terwyl Driehoek ‘n belangrike sege van 34-22 oor Montana behaal het.
Puntemakers:
Noordheuwel 54 – Driee: Francois Marx (4), Justin Lambert, Emmanuel Kruger, Conrad van Dyk, Kyle Visser. Doelskoppe: Renier Stander (7). Jeugland 0.
Zwartkop 12 – Driee: Phineas Zitha, Miche Groenewald. Doelskop: Jean Aucamp. Potchefstroom Volkskool 8 – Drie: Logan Boshoff. Strafdoel: Hanru van Rooyen.
Marais Viljoen 26 – Driee: Kwagga Marais (2), Enrico Els, AJ Meyer. Doelskoppe: Brendon Marchbank (3). Hugenote (Springs) 7 – Drie: Derick Oberholster. Doelskop: Edrich Aucamp.
Potchefstroom Gimnasium 15 – Driee: Edrich Cronje (2), Morne Delport. Die Anker 16.
Driehoek 34 – Driee: Armand van der Walt (2), Tiaan Fourie, Jean Herbst, Dean Swart. Doelskoppe: Dyllan Smit (3). Strafdoel: Smit. Montana 22 – Driee: Jacques Tolmay, Thys Loubser. Doelskoppe: Jarrod Crafford (2). Strafdoel: Crafford.
Lichtenburg 43 – Driee: Lohan Jahns, Max Williamson, Henk Venter, Armandt Potgieter, Johan Kotze, Pan Coetzee. Doelskoppe: Jahns (5). Strafdoel: Jahns. Hoerskool Middelburg 13.
Wesvalia 22 – Driee: Justin Basson (2), Shandon Basson. Doelskoppe: Johan Smit (2). Strafdoel: Justin Basson. Oosterlig 6 – Strafdoele: Marinus van Vuuren (2).
Randburg 23 – Driee: Max Terreblanche, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Ryno du Toit (2). Strafdoele: Du Toit (3). HTS Witbank 23 –
Ander spanne:
o.16: Marais Viljoen 12, Hugenote 5; Lichtenburg 34, Middelburg 3; Zwartkop 18, Potch Volkies 13; Wesvalia 57, Oosterlig 10; Randburg 22, HTS Witbank 0;
o.15: Marais Viljoen 17, Hugenote 15; Lichtenburg 19, Middelburg 19; Zwartkop 44, Potch Volkies 7; Wesvalia 50, Oosterlig 10; Randburg 38, HTS Witbank 5;
o.14: Marais Viljoen 20, Hugenote 20; Middelburg 7, Lichtenburg 5; Zwartkop 34, Potch Volkies 7; Oosterlig 29, Wesvalia 12; Randburg 22, HTS Witbank 0;




