SuperSport Schools Plus

Strand slaggereed vir die Jade Brigade

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-26 Tags: , , ,

Photo: Haygan Orlam

Hoërskool Strand kom Saterdag voor hul grootste uitdaging van die seisoen te staan, wanneer hulle die Jade Brigade van Hoërskool Stellenberg tuis die stryd aansê.

Die Arende lewer nog heel jaar opwindende en aanskoulike rugby, maar dit sal hul beste vertoning nóg verg om die besoekers hierdie naweek te troef.

Hoewel Stellenberg nog nie heeltemal hul ritme vanjaar gevind het nie, meet hulle hulself weekliks teen van die beste spanne in die land en het hulle reeds hul potensiaal tentoongestel met puik vertonings teen Boland Landbou en Oakdale.

Strand het verlede naweek vir Robertson met ‘n enekele punt geklop, en dit was hul vyfde wedstryd sover vanjaar wat deur minder as vyf punte bepaal is. Die Jade Brigade bied egter ‘n totaal nuwe uitdaging en dit sal interessant wees om te sien of die tuisspan ‘n geleentheid gaan kry om hul spelpatrone uit te voer.

Gevaarmanne soos Sherwin April en Lyle Julies kan enige verdediging oopsluit, maar die besoekers het self geen gebrek aan spoed in hul agterhoede nie, met snellers soos Dehan Neethling en Luc Cilliers. Die Stellies-voorry sal ook oorgehaal wees om hul stempel op die kragmeting af te druk, en het beïndruk in hul vorige twee bepalings.

Na ‘n klassieke Worcester-derby teen HTS Drostdy gedurende die week, die eerste in sewe jaar, is Worcester Gimnasium reeds weer gereed om die volgende uitdaging aan te pak. Die Gimmies kom Saterdag teen ‘n witwarm Hoërskool Brackenfell te staan, in ‘n bepaling wat beloof om vuurwerke op te lewer met albei spanne wat aandag trek vanjaar met hul opwindende spel.

Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

Die vonke gaan spat tussen die stutte, Amaan Adendorff en Graigan Matroos, en wie ook al die botoon kan voer in die skrums behoort ‘n taamlike impak te hê op die stryd.

Hoërskool Robertson is ook in die Kaap om vir Hoërskool Tygerberg aan te durf. Die Tiere het verlede naweek teen Parel Vallei verloor en sal spoedig na die wenpad wil terugkeer, maar die Robbies beskik self oor ‘n opwindende groep spelers wat nooit gaan lê nie.

Die spanne:

Hoërskool Strand t. Stellenberg om 12:10:

Hoërskool Strand: 15 Tyron Nicholas, 14 Lyle Julies, 13 Sherwin April, 12 Grezano Plaatjies, 11 Heinrich April, 10 Uwen Januarie, 9 Jayden Steenkamp, 8 Ashraf Fanie, 7 Chrismar Prinsloo, 6 Michael Ruvidzo, 5 Dewald Barnard, 4 Wessel Cloete, 3 Cayden Theunissen, 2 Roeben Robinson, 1 Wiehan Adams.

Stellenberg: 15 Dehan Neethling, 14 Luka Tonitz, 13 Estian Steyn, 12 Ruben Pretorius, 11 Luc Cilliers, 10 Eben Rademan, 9 Christiaan van der Bijl, 8 Stefan Visser, 7 Dale du Toit, 6 Alex Schoeman, 5 Zian Erasmus, 4 Daniel du Plessis, 3 Ryk Groenewald, 2 Almero Keizer, 1 Dean Janse van Rensburg.

Hoërskool Tygerberg t. Hoërskool Robertson om 11:45:

Hoërskool Tygerberg: (Moontlik) 15 Thurlow Goodheart, 14 Frank Atembe, 13 Kean Gousards, 12 Marius Griebenow, 11 Jodrey Yemba, 10 Venito Geduld, 9 Aidon Solomons, 8 Micheal Saal, 7 Prince Misengue, 6 Ray Reynalds, 5 Daniel Banza, 4 Divin Mbomba, 3 Jamie Coetzee, 2 Duhlin Kruger, 1 Tristan Macpearson.

Hoërskool Robertson: 15 Tyron April, 14 Winsor de Koker, 13 Bernardo Diedericks, 12 Tyron Matthys, 11 Haygen Persent, 10 Jaydan van Niekerk, 9 Kyle Cedras, 8 Yannick du Plessis, 7 Groban van Wyk, 6 Ivor Thompson. 5 Andre Gelderblom, 4 Mychal Swart, 3 Petrus Coetzee, 2 Kallie Joubert, 1 Jeandre Viljoen.

Worcester Gimnasium t. Hoërskool Brackenfell om 12:30:

Worcester Gimnasium: 15 Elrenzo Swarts, 14 Vuyolwethu Bavuma, 13 Breyton Cupido, 12 Lukewin van Heerden, 11 Alungile Mothibe, 10 Aiden Abrahams, 9 Luke Cupido, 8 Ryan Jacobs, 7 Waylan Pienaar, 6 Valentino Nomadluka, 5 Joshua Coetzee, 4 Chris O’Neil, 3 Wilfred Slingers, 2 Armand Croeser, 1 Amaan Adendorff.

Hoërskool Brackenfell: 15 Justin Abrahams, 14 Cwenga Ntsapho, 13 Jaydon La Douce, 12 Marquine Abrahams, 11 Migile Carelse, 10 Junior Louw, 9 Jaydin Basson, 8 Wade Fortuin, 7 Dawson Lombard, 6 Antwone Julies, 5 Ntsikayomzi Njongonkulu, 4 Zander van Zyl, 3 Graigan Matroos, 2 Matthew Wyngaard, 1 Siraaj Cook.

Milnerton t. Hoërskool Bellville om 12:50:

Milnerton: 15 Chadlin Sellidon, 14 Litha Tasane, 13 Morgan Lodewyk, 12 Frank Hitimana, 11 Keagan Wood, 10 Chadwin Sellidon, 9 Devon Damons, 8 Keagan van Blerk, 7 Dylan Peverett, 6 Briint Davids, 5 Mathew Gabriel, 4 Keenan Togni, 3 Chadley Davids, 2 Keagan Harding, 1 Sheldan Puma.

Hoërskool Bellville: (Moontlik) 15 Jaden Gumede, 14 Dominic Adams, 13 Carlo Aucamp, 12 James Parker, 11 Ronaldo Lakay, 10 Ashwin Cox, 9 Jerric Estree, 8 Divan Swanepoel, 7 Kyle Brotherton, 6 Matthew Veldsman, 5 Ethan Swartz, 4 Willick de Klerk, 3 Gavin Peterson, 2 Devan Visagie, 1 Zack Viviers.

Ander bepalings:

o. 19: 13:30 – Swartland t. DF Malan;  

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.