SuperSport Schools Plus

Steyners reg vir makietie op jaarlikse Hester van der Walt sportdag

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-02-24 Tags: , ,

NewsG President Steyn Reinardt WiidDie 2023 skolerugbyseisoen skop Saterdag, 25 Februarie behoorlik af by die Hester van der Walt Sportdag by Hoërskool President Steyn in Bloemfontein. 

In totaal sal daar 18 eerstespanne kom op die Gonval Store-park bymekaar om kragte te meet met die hoop om die seisoen op ‘n positiewe noot te begin.

Die Steyners se trots sal om 17:20 in die hoofwedstryd van die dag teen Wessel Maree van Odendaalsrus sake uitspook.

Skolerugbyliefhebbers sal weet dat hierdie sportdag ‘n onmisbare bepaling op die rugbykalendar geword het, dit is beide ‘n kans om te sien hoe die verskillende spanne lyk voor al die ligawedstryde en interskole begin, sowel as ‘n unieke geleentheid om spanne wat mekaar nie gewoonlik sou raakloop nie te kan sien kompeteer.

Vanjaar is die 30ste jaar wat President Steyn hierdie sportdag aanbied.

Volg al die aksie op SuperSport SchoolsRegistreer nou om seker te maak jy mis nie ‘n oomblik nie.

Wessel Maree sal moet uithaal en wys om die narratief te verander en die gasheer skool op hul tuisveld te wen. Soms is dit egter presies die tipe motivering wat nodig is om ‘n spesiale wen te kry.

Die Steyners het verlede jaar vir die Hoërskool Bultfontein met 15-5 in die hoofwedstryd geklop en sal hoop dat die vreugdevure om Gonval Store-park weer vanjaar na afloop van dié wedstryd hoog sal brand.

Die derde laaste wedstryd van die dag sal ook vonke lewer waneer Staatspresident Swart van Brandfort te staan kom teen Hoërskool Riebeeckstad. Staatspresident Swart het verlede jaar gemaklik vir Wessel Maree met 31-7 afgetrap.

Sand du Plessis sal sy seisoen teen Bultfontein afskop.

Bultfontein moes verlede jaar die knie buig teen die gasheer skool, President Steyn, so hulle sal gretig wees om hul rekord by die sportdag te verbeter. Sand du Plessis sal egter hul bes lewer om hul eie seisoen met ‘n gunstige uitslag.

Marquard pak Sentraal se derde span aan op die B-veld.

Verlede jaar het Marquard bewys dat hulle nie al die pad Bloemfontein toe kom net om deel te neem nie, maar dat hulle kan sterk staan teen baie groter opponente, toe hulle vir St Andrews van Bloemfontein met 13-7 geklop het. 

Ladybrand en Hendrik Potgieter is die eerste eerstespan wedstryd op die A-veld vir die dag en belowe om die toon te stel vir ‘n dag van opwindende rugby waar baie seuns hul eerste kans sal kry om te bewys dat hulle ‘n plek in die eerstespan verdien.

Die spanne is: 

President Steyn vs Wessel Maree om 17:20:

President Steyn: 15 Reymond Vers, 14 Ashley Marries, 13 Juanrich Swanpoel, 12 Keanu Kretsman, 11 Charl Haas, 10 Antonio Louw, 9 Dewald Vorster, 8 Reece Swart, 7 Brystan Viljoen, 6 Bartho Ackerman, 5 Ettiene Lourens, 4 Marius Olivier, 3 Tiaan Saaiman, 2 Hennie Pretorius, 1 Divan Bekker.

Wessel Maree: 15 Kamohelo Ntaje, 14 Lesego Monyaki, 13 Kananelo Mabelle, 12 Mpumelelo Dumake, 11 Kabelo Oliphant, 10 Junior Maroke, 9 Neo Broems, 8 Nico Lutzke, 7 Ntute Tsotsotso, 6 Kananelo Makelta, 5 Sizwe Mhlongo, 4 Awa Malebo, 3 Andile Gumedi, 2 Thebe Makatsoane, 1 Tsepo Tale.

Staatspresident Swart vs Riebeeckstad om 15:00

Staatspresident Swart: 15 Gustav Maree, 14 Janco Snyman, 13 Fanie van Heerden, 12 Franco de Klerk, 11 Amolang Maloisane, 10 Henré Smith, 9 Altus Coetsee, 8 Wehan Strydom, 7 Barend de Klerk, 6 Demas Moloyi, 5 JC Venter, 4 Cor Lourens. 3 Lian Naude, 2 MJ Wolmarans, 1 Heinrich de Kock.

Riebeeckstad: 15 Kenneth Matsuba, 14 Kananelo Moshaaliba, 13 Kabelo Liphoko, 12 Junior Mokoena, 11 Pule Dunjane, 10 Godfrey Makhasane, 9 Lerato Mangapane, 8 Amos Moleleki, 7 Resego Diamond, 6 Tumisang Kholumo, 5 Werner Nel, 4 Pulle Sello, 3 Barend Heins, 2 Toka Thaele, 1 Austin Duka.

Sand du Plessis vs Bultfontein om 10:20:

Sand du Plessis: 15 Charlton Mto, 14 Delron Klein, 13 Iklas Lamont, 12 Ruan Kruger, 11 Lebo Rasetuntsa, 10 Je-André Blaauw, 9 Devano Bergman, 8 Rian Koekemoer, 7 Tiaan Opperman, 6 Thabang Fuzani, 5 Johnothan Vaaltyn, 4 Shadrek Koza, 3 Donovan Botha, 2 Elroe Smit, 1 Xolani May.

Hoërskool Bultfontein: 15 Tumi Moahludi, 14 Isaiah Garbers, 13 Abraham Greyling, 12 Janro Struwig, 11 Aboubacer Gaya, 10 Jedri Janse van Rensburg, 9 Tshepiso Mohatalle, 8 Eddie Buys, 7 Marnitz Dannhauser, 6 Eduan Janse van Rensburg, 5 Braam Madden, 4 Ian Erasmus, 3 Cicel Stevens, 2 Werbrand Swart, 1 Righardt Ardenodorff. 

Hendrik Potgieter vs Ladybrand om 09:10

Hendrik Potgieter: 15 Breyton Read, 14 Denver Jacobs, 13 Jandré van Niekerk, 12 Sterling Batties, 11 Tumi Pholoane, 10 Cedric Booysen, 9 Atlehang Momela, 8 Divan van der Bank, 7 Bin Laden Macholo, 6 Unathi Ngeyakhe, 5 Kallie Erasmus, 4 Sam Landman, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.

Ladybrand: 15 Bokang Sehloho, 14 Bradley Phillips, 13 Kgosi Tladi, 12 Itumeleng Monyatsi, 11 Calvin Lambrechts, 10 Tebello Kabi, 9 Justin Haakonsen, 8 Franco van Heerden, 7 Anjo Michals, 6 Mpho Moeletsi, 5 Daniël Knot, 4 Lebo Marunye, 3 Callum Roy, 2 Mareon Maré, 1 Ronaldo Martins.

Marquard vs Sentraal III om 10:45 op die B-veld

Marquard: 15 Neo Ramabodu, 14 Bijan, 13 Tsepiso Mokone, 12 Prince Selikane, 11 Tshepang Lekhase, 10 Boitumelo Nkhatho, 9 Gift Shabangu, 8 Thlokomelo Roelane, 7 Renang Shelile, 6 Prince Utete, 5 Mustafa Leisa, 4 Keketso Seeta, 3 Tumisang Ramotete, 2 Thabo Mokonyane, 1 Keketso Monye.

Sentraal III: 15 Zander Britz, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Henco Smith, 12 JP Pretorius, 11 Pat Cloete, 10 Ruan van Niekerk, 9 Johan van der Merwe, 8 Sarel Taljaard, 7 Stephan de Lange, 6 Robert van Eeden, 5 Steven Smith, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.