SuperSport Schools Plus

Steyners, Reddersburg ryg dubbele seges in

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-13 Tags: , , , , , ,

FOTO: President Steyn

Landbouskool Hendrik Potgieter en President Steyn het albei twee oorwinnings behaal oor die afgelope week.

Die Steyners het altesaam 114 punte opgestapel teen onderskeidelik Sand du Plessis (53-0) en Bloemfontein-Suid (61-5). Saterdag het President Steyn se stewige stut, Divan Bekker, en die opwindende binnesenter, Brandon Parkin, elk twee keer die Sannies se doellyn oorgesteek.

Stirling Batties, Reddersburg se losskakel, het uitgeblink in hul seges oor Hoërskool Bloemfontein (35-7) en SPS Brandfort (34-26).

Die Brandfort-manne het verbete teruggeveg om in die tweede skof 21 punte teenoor die 17 van Hendrik Potgieter aan te teken, maar die besoekers kon vasklou aan hul algehele voorsprong om ‘n waardevolle oorwinning te verseker. Brandfort se flanke, Cecil Lee en Pieter Bezuidenhout, het uitgeblink met hul gewoel in die los.

Zastron in aksie teen Sand du Plessis. | FOTO: Saunette Kotze

Zastron-flank, Juan Botha, het ook die veld vol gespeel in sy span se wegholoorwinning van 59-8 oor Sannies, en is met ‘n welverdiende driekuns beloon.

Dinsdag het Hoërskool Bloemfontein 10 drieë ingeryg teen Heatherdale vir ‘n reuse-sege van  56-0.

Brandfort en Heatherdale is Dinsdag in aksie op Clive Solomon, terwyl Zastron vir St. Andrew’s pak. Die Saints het die afgelope naweek swaar getrek in Johannesburg waar hulle ‘n loesing van 5-80 teen St. John’s College op die lyf geloop het.

Puntemakers:

Saterdag, 11 Mei:

Landbouskool Hendrik Potgieter 35 – Drieë: Denver Jacobs (2), Stirling Batties, Boitshepo Nthipe, Tumi Pholoane. Doelskoppe: Batties (5). Hoërskool Bloemfontein 7 – Drie: Brandon Erasmus. Doelskop: Onbekend.

President Steyn 53 – Drieë: Divan Bekker (2), Brandon Parkin (2), Antonio Louw, Juanrich Swanepoel, Divan Greyling, Justin van Lingen, Breyston Viljoen. Doelskoppe: Louw (4). Sand du Plessis 0.

Dinsdag, 7 Mei:

President Steyn 61. Bloemfontein-Suid 5.

Hendrik Potgieter 34 – Drieë: Unathi Ngeyakhe (2), Tumi Pholoane, Boitshepo Nthipe. Doelskoppe: Stirling Batties (4). Strafdoele: Batties (2). SPS Brandfort 26 – Drieë: MJ Wolmarans, Malan Kriel, Cecil Lee, Franco de Klerk. Doelskoppe: De Klerk (3).

Zastron 59 – Drieë: Juan Botha (3), Rheinieco Nel (2), Lechabile Leballo, Michael Burger, Jay-Cee Knoetze, Thabiso Mdlalana. Doelskoppe: Leballo (6), Jesse Mathee. Sand du Plessis 8.

Hoërskool Bloemfontein 56 – Drieë: Zander Pretorius, Nico Kleynhans, Wessel van der Merwe, Mosa Diphoko, Boeta Rancho, Keanu van Heerden, Hlalele Motaki, Bokang Maichu, Jamie Brown, Jamal Pretorius. Doelskoppe: Onbekend (3). Heatherdale 0.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.