Steyners pak weer vir Wessel Maree op jaarlikse sportdag, terwyl Grey weer litte teen Trio losmaak

Die Hoërskool President Steyn sal weer teen Wessel Maree van Odendaalsrus sake tydens sy jaarlikse Hester van der Walt Sportsdag op Bainsvlei net buite Bloemfontein sake uitspook. Die Steyners was verlede jaar met 17-0 baas in die hoofwedstryd van die dag oor Wessel Maree.
Die sportdag sal vir die 31ste keer op Saterdag, 24 Februarie aangebied word. Al die aksie kan regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gevolg word.
Die land se voorste skolespan van 2023, Grey-kollege, sal ook weer sy seisoen tydens die sportdag afskop. Hy sal soos verlede jaar weer teen die Hoërskool Trio van Kroonstad te staan kom. Grey het verlede jaar die kragmeting met 38-10 gewen.
Die span van die Rosestad het egter nie ‘n volsterkte span in die veld gestoot nie en daar kan verwag word dat Trio ‘n ietwat meer omgekrapte Grey te woord sal staan. Trio word deur die voormalige Italiaanse-kaptein Quintin Geldenhuys gebrei. Hy sal gewis ‘n hele paar planne beraam voor die kragmeting.
Nog ‘n hoogtepunt van die sportdag sal die kragmeting tussen Wolmaransstad en Bultfontein wees. Wollies is een van die voorste spanne in Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup, terwyl Bultfontein ook jaarliks sy stem in die Kovsiestreek-kompetisie dik maak.
Jim Fouché sal teen Welkom Gimnasium in ‘n tweestryd op dié dag gewikkel wees.
Die bepalings is:
GONVAL STORE-PARK | o.19
17:35 – President Steyn vs Wessel Maree
 16:20 – Grey College vs Hoërskool Trio
 15:05 – Jim Fouché vs Welkom Gimnasium
 13:50 – Cherries vs Voortrekker II
 12:40 – Brandfort vs Postmasburg
 11:30 – Louis Botha vs Voortrekker
 10:20 – Sand du Plessis vs Hennenman
 09:10 – Wolmaransstad vs Bultfontein
 08:00 – Sentraal vs Hentie Cilliers
B-VELD
17:30 – o.19 – Hoërskool Bloemfontein vs Marquard
 16:25 – o.19 – Hendrik Potgieter vs Ladybrand
 15:15 – o.19 – Hoopstad vs Ficksburg
 14:10 – o.15 – Wolmaransstad vs Ladybrand
 13:15 – o.15 – Jim Fouché vs Welkom Gimnasium
 12:20 – o.16 – Wessel Maree vs President Steyn
 11:25 – o.16 – Grey College II vs Hentie Cilliers
 10:30 – o.16 – Grey College vs Hoërskool Trio
 09:45 – o.14 – Jim Fouché vs Welkom Gimnasium
 08:40 – o.15 – President Steyn vs Wessel Maree
 07:45 – o.15 – Brandfort vs Ladybrand
 
 

 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 