Stellenberg bo in opwindende stryd oor Diamonds
Daar was lanklaas sulke opwindende rugby tydens die openingswedstryd van die Wildeklawer-toernooi opgedis soos dié waarmee die gasheer, Diamantveld, en Stellenberg die toeskouers Woensdagaand trakteer het. 
Stellenberg het die wa met 22-19 deur die drif getrek. Teen rustyd was daar niks tussen die twee spanne met die telling op 7-elk te kies nie.
Albei spanne het daarin geslaag om heelwat omgekeerde besit by die afbreekpunte te bewerkstellig. Hulle was ook nie bang om hiervan teenaanvalle te loots nie.
Stellies se kaptein en flank, Khyro van der Westhuizen, het sy span van voor gelei en in die vastelos asook by die afbreekpunte uitgestaan. Diamantveld se kaptein en agtsteman, Stefan Swarts, het ook ‘n blink vertoning gelewer.
Diamonds se losskakel, Morné Matthewson, het ook ‘n skitterende wedstryd beleef voor hy die veld weens vermoedelike harsingskudding moes verlaat. Die tuisspan het sonder twyfel Matthewson se akkurate stelskopwerk in die tweede helfte gemis.
Sy direkte teenstander, Nivan Petersen, was soos gewoontlik ook op sy stukke. Petersen is Stellies se groot planmaker agterlangs.
Die toekenning as Speler van die Wedstryd het egter aan Stellenberg se vleuel, Jean-Jacques “Chappies” van Schalkwyk behoort.
Puntemakers:
Stellenberg 22 (7) – Drieë: Drieë: Hedley Hadlow, Tharquin Manuel, Likho Msengana. Doelskoppe: Nivan Petersen (2). Strafdoel: Petersen. Diamantveld 19 (7) – Drieë: Rudolph Steinmann, Morné Matthewson, Brendon Greyling. Doelskoppe: Matthewson, Greyling.
Kyk die wedstryd weer op  
 
[powr-comments id=”49e4801f_1556776403432″]
 



