SuperSport Schools Plus

Spoke word more tussen Garsies en Drostdy op Noord/Suid begrawe

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-03-24 Tags:

NewsGNelspruitIn die kragmeting tussen die Hoërskool Garsfontein en HTS Drostdy tydens die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi sal albei spanne probeer om spoke van die verlede te begrawe.

Garsies het verlede jaar sy rieme lelik styfgeloop op die eerste dag van die toernooi teen Paarl Gimnasium (0-84). Die span van Pretoria sal egter nie weer in so lokval onvoorbereid inloop nie.

Agt spelers wat verlede jaar in die wedstryd in aksie was, sal vanjaar weer vir die Turkoois Bere in aksie wees. Hulle is Michail Damons (heelagter), Pieter Coetser (senter), De Wet Lottering (haker), Henco Hugo (stut), Egan Botha (stut), Ruben le Roux (slot), Steven Nel (skrumskakel) en Boeloe Scott (senter). Slegs Damons en Coetzer was verlede jaar in die beginspan. 

HTS Drostdy se afrigter, Hans Coetzee, sal sy spook teen die Hoërskool Garsfontein wil begrawe. Die laaste keer wat hy as hoofafrigter van ‘n eerstespan teen die Garsies kragte gemeet het was in die halfeindstryd van die Beeldtrofee van 2015 toe sy span Monument ‘n voorsprong van 36-10 in die laaste tien minute prys gegee het, om uiteindelik met 36-37 die knie te buig.

Dit was ook Coetzee se laaste wedstryd aan stuur van sy geliefde Wit Bulle. Dit was nou wel sewe jaar gelede, maar ‘n sege oor Garsies sal gewis aan Coetzee ‘n soet smaak in sy mond laat. 

Dit is die Donkies se eerste wedstryd ooit op die Noord/Suid-toernooi. Die span van Worcester het wel al drie wedstryde vanjaar agter die rug. ‘n Sege van 26-0 oor die Hoërskool Durbanville asook twee nederlae teen Stellenberg (27-33) en Bishops (19-27).

Dit is veral die nederlaag teen Stellenberg wat die Garsies nie te gerus sal laat slaap nie. 

Stellenberg het daarna met slegs 6-12 teen Paarl Gimnasium die knie gebuig. Garsfontein was nog nie vanjaar in ‘n amptelike wedstryd in aksie nie, maar het goeie kontaksessies teen Helpmekaar-kollege en Pretoria Boys’ High gehad om te slyp vir die eerste kragmeting. 

Die enigste kragmeting tussen die Bere en die Donkies was in 2011 tydens die Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal. HTS Drostdy was toe met 28-12 baas.

Die Hoërskool Nelspruit en Pretoria Boys’ High sal elk slegs een wedstryd op die toernooi speel en skop die stryde tussen die eerstespanne op die eerste dag af. Die span van Pretoria was vanjaar nog net een keer in aksie teen Jeppe High School for Boys’ waar hy met 10-16 die knie gebuig het. 

Die Rhinos van Nelspruit het vanjaar al teen Secunda (14-18) die knie gebuig en dan ook ‘n blink sege teen EG Jansen van Boksburg (35-33) behaal. 

Nelspruit se plaasvervanger-vleuel, Aldo Muller, volg in die voetspore van sy twee ouer broers, Wessel (2014-15) en SP (2016-17), wat onderskeidelik as losskakel en haker vir die Rhinos uitgedraf het. SP was in 2017 die Rhinos se kaptein. Die slot Wian Stoltz se broer, Waldo, het self ook die Rhinos in 2020 aangevoer.

Die Rhinos word deur Hennie Skorbinski en Dylan Herbst gebrei. Skorbinski het op sy dag vir die Luiperds en die Pumas se seniorspan uitgedraf.

Die wedstryde word regstreeks deur SuperSport Schools gebeeldsend op YouTube, DStv Now asook via hul toepassing – die direkte skakel na die wedstryd is – https://bit.ly/SoRNoordSuid1.

Die spanne is: 

Pretoria Boys’ High vs Hoërskool Nelspruit om 13:45:

Pretoria Boys’ High: TBC.

Hoërskool Nelspruit: 15 Ethan van der Westhuizen, 14 Thando Nkosi, 13 Brent de Villiers, 12 Drikus Greeff, 11 Ulrich Cilliers, 10 Danny van Staden, 9 Andeon Pringle, 8 Leonard Bornman, 7 Francois Odendaal, 6 Bernard van Esch, 5 Wian Stoltz, 4 Juan Bezand, 3 Ryan Venter, 2 Andreas Fouché, 1 Stefan Veldsman. Plaasvervangers: 16 Duard Diechmann, 17 Juandré Ras, 18 Channon Wienneke, 19 Braam Basson, 20 Luke Poison, 21  Heino Meiring, 22 Aldo Muller, 23 Brendan Boucher.

Hoërskool Garsfontein vs HTS Drostdy om 15:15: 

Garsfontein: 15 Michail Damons, 14 Jason Hugo, 13 Calven Scott, 12 Dimitre Erasmus, 11 Liam Dick, 10 , 9 Steven Nel, 8 Maynard Kleynhans, 7 Abri van der Westhuizen, 6 Anrich Engelbrecht (kaptein), 5 Luan Taylor, 4 Divan Brits, 3 Henco Hugo, 2 De Wet Lottering, 1 Adriaan van Niekerk. Plaasvervangers: 16 Zander Lourens, 17 Leighton Cloete, 18 Egan Botha, 19 Ruben le Roux, 20 Christopher Sjoblom, 21 Zian Cilliers, 22 Tireque Apollis, 23 Pieter Coetzer. 

HTS Drostdy: 15 Clayton Longman, 14 Nolan Adams, 13 De Wet Mostert, 12 Abraham Claassen, 11 Graham Thompson, 10 Anthony Bosch, 9 Jurie du Toit, 8 Luke Bock, 7 Matt Romao, 6 George Groenewald, 5 Daniel Verdoes, 4 Lood Prins, 3 Dujean Smit, 2 Corné Albertyn, 1 Charl Eksteen. Plaasvervangers: 16 Xander de Bruin, 17 Josh Petersen, 18 Quhain Claassen, 19 Etienne Claassen, 20 Romeo Farmer, 21 Jayden Fortuin, 22 Shaun Klein, 23 Arthur Mdliwa.

[powr-comments id=”77d18850_1648137047777″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.