SuperSport Schools Plus

Spanne in die NWU-Pukke 16-reeks is uitgehonger vir rugby

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-02-23 Tags:

NWUPuk16Die feit dat daar laas in 2019 ‘n kampioen in die NWU-Pukke 16-reeks gekroon is, maak nie eintlik meer saak nie. Dit is belangriker dat die seuns en hul afrigters weer kan uitsien om rugby te veel en weer die vriendskapbande binne in die reeks te kan hervat. 

Maar net vir die rekord toe die 2020-seisoen afgeskop het, was Pionier van Vryheid opsoek na sy derde titel as kampioen op ‘n streep. Die reeks is kort na sy aanvang in 2020 kortgeknip weens die grendeltydperk wat ingestel is om die Covid-19 pandemie te beveg.

Pionier is dus steeds die verdedigende kampioen. 

Pionier het in 2019 vir Leeuwenhof Akademie met 41-12 in die eindstryd verslaan, terwyl die span in 2018 as kampioen gekroon is, na hy die einste Leeuwenhof in die eindstryd met 38-13 verslaan het. 

Pionier begin sy aanslag op die titel vanjaar op sy tuisveld teen die Hoërskool Piet Retief. Die ander twee skole in Groep B is Volksrust en Ferrum.  

Leeuwenhof Akademie kan vanjaar weer ‘n sterk aanslag op die titel loots. Die feit dat hy een minder wedstryd in die groepfase sal speel, kan dalk in sy guns tel. Die Hoërskool Overvaal moes ongelukkig aan die toernooi onttrek en dit veroorsaak dat al die spanne in Groep C ‘n loslootjie het. 

Die span van Bedfordview sal teen Bekker van Magaliesburg asook Riebeeckrand in sy twee groepwedstryde te staan kom. Die Mambas van Bekker stoot ook altyd ‘n omgekrapte span in die veld. 

In Groep A sal Oosterland, Stoffberg, Pretoria-Noord en Delmas teen mekaar sake uitspook. In Groep D sal die ou aartsvyande van die Noord-Weste – Wolmaransstad, Vryburg, Fochville en Schoonspruit mekaar die stryd aansê.

Die bepalings vir dié reeks is (tuisspanne eerste vermeld): 

26 Februarie 2022

Stoffberg vs Oosterland
Delmas vs Pretoria-Noord
Pionier vs Piet Retief
Volksrust vs Ferrum
Bekker vs Leeuwenhhof
Schoonspruit vs Wolmaransstad
Vryburg vs Fochville

5 Maart 2022 

Delmas vs Stoffberg
Pretoria-Noord vs Oosterland
Ferrum vs Pionier
Piet Retief vs Volksrust
Leeuwenhof vs Riebeeckrand
Fochville vs Schoonspruit
Wolmaransstad vs Vryburg

12 Maart 2022 

Stoffberg vs Pretoria-Noord
Oosterland vs Delmas
Ferrum vs Piet Retief
Volksrust vs Pionier
Riebeeckrand vs Bekker
Wolmaransstad vs Fochville
Vryburg vs Schoonspruit

[powr-comments id=”ba822c16_1645643201527″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.