SuperSport Schools Plus

So staan sake in Virsekerbeker vir Kleinskole

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-07-29

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

In die Noordvaal Virsekerbeker vir Kleinskole het Curro Roodeplaat reeds Vrydag sy plek in die kwarteindronde van die streekkompetisie bespreek. Roodeplaat het Maragon Olympus met 22-12 in die eindstryd van die Blou Bulle-liga verslaan om as kampioen gekroon te word.

Roodeplaat sal in die kwarteindronde teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen die naaswenners van die Pumas en Limpopo te staan kom. Curro Roodeplaat se o.17-span is ook as kampioen gekroon na hy Maragon Olympus met 8-7 verslaan het.

Maragon Olympus sal as die Bulle se naaswenner in ‘n uitspeelwedstryd met die naaswenner van die Luiperds gewikkel wees. Koster en Sannieshof pak mekaar vandag in die eindstryd van die Luiperds.

Koster is die gunsteling om as Luiperd-kampioen gekroon te word. Christiana het twee spanne in die Luiperds se eindtryde met sy o.15’s asook o.17’s wat vandag hul oë op ‘n trofee sal hê.

Die verdedigende kampioen en gewis vanjaar weer die span om dop te hou, Curro Heuwelkruin, spook vandag sake teen Stanford Lake College in die Limpopo-eindstryd sake uit.

In die Puma-eindstryd kom Morgenzon Landbou teen Hendrina te staan. Die wenner van dié wedstryd sal teen die Luiperds se kampioen in die kwarteindronde te staan kom.

In die Valke se eindstryd sal Heilbron en Balfour sake om die titel uitspook.

Die spanne is (slegs van spanne wat ingestuur het): 

Hendrina o.19: 15 Theo Manzini, 14 Lunathi Ramncwana, 13 Ngcebo Myeni, 12 Keletso Mampuru, 11 Glad Molotswa, 10 Brian Motsepe, 9 Tiaan Hoffman, 8 Thabo Mnisi, 7 Lucas Balene, 6 Welcome Lusenga, 5 Siyabonga Ndibande, 4 Thenda Simba, 3 Coenraad Fourie, 2 Thammy Masango, 1 Sylvester Mhangami.
20 Sfiso Mthimunye.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.