Só gaan die spanne mekaar op Fichardtpark se Sportdag pak
Die Hoërskool Fichardtpark is besig om sy vere vir sy jaarlikse sportdag, die grootste skole sportdag in Suid-Afrika, reg te skud. Die sportdag sal van vanjaar af as die McDonalds Sportdag bekend staan.
Jaarliks neem meer as 50 skole aan die sportdag op die rugbyvelde, netbalbane, gholfbaan, tennisbane, hokkiebane en op die skaakbord teen mekaar deel. Skole kom vanuit drie van die land se nege provinsies – die Vrystaat, Noord-Kaap en Oos-Kaap.
Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Fichardtpark sal in die hoofwedstryd van die dag teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) te staan kom.
Fichies het verlede jaar vir Wesvalia met 18-13 in die hoofwedstryd verslaan.
Die dou sal 08:00 reeds van die hoofveld deur Hoërskool Bloemfontein en De Aar gespeel word. Die wedstryd tussen Welkom Gimnasium en Marlow Landbou beloof om ook een van die hoogtepunte van die dag te wees.
Louis Botha en Noord-Kaap het verlede jaar ook op die sportdag kragte gemeet en vanjaar se herontmoeting beloof ewe fisiek te wees.
Dit is vanjaar die 17de keer wat die sportdag aangebied sal word. Die sportdag het in 2002 ontstaan en groei elke jaar tot nog ‘n groter fees van sport.
Die bepalings vir die o.19A-spanne is:
A-veld
08:00 – Hoërskool Bloemfontein vs De Aar
09:10 – President Steyn vs Riebeeckstad
10:20 – Sand du Plessis vs Aliwal-Noord
11:30 – Landboudal (Jacobsdal) vs St Andrews (Bloem)
12:40 – Hoërskool Upington vs Jim Fouche
13:50 – Marlow Landbou vs Welkom Gimnasium
15:00 – Louis Botha vs Noord-Kaap
16:10 – Fichardtpark vs AHS Kroonstad
B-veld
11:30 – Hoërskool Staatspresident Swart (Brandfort) vs HTS Welkom
13:50 – Cathcart High vs Fichardtpark II
16:10 – Hoërskool Retief (Kestell) vs Zastron




