Smith en Davids gaan geheime tydens Master Coach 2019 deel
Die gewilde Master Coach-konferensie sal vanjaar op 7 en 8 Februarie weer by die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp aangebied word. Master Coach is die eerste keer in 2014 aangebied en bied ‘n geleentheid aan afrigters om idees met van die voorste rugbyspesialiste uit te ruil.
Dit is ‘n opwindende en prakties-gerigte rugby konferensie. Die aanbieders is van hoogstaande gehalte wat elkeen was afrigters reeds hulle merk op die internasionale verhoog gemaak het.
Vanjaar sal die Cheetahs se breier en voormalige hulpafrigter van die Springbokke, Franco Smith, van sy geheime deel van hoe om ongestrukteërde aanvalle teen gestrukteërde verdediging in die hedendaagse spel in te span. Die Kings se Deon Davids sal gesels oor die oorgangsfases in die spel en hoe spanne daarvoor kan voorberei.
Paul Anthony, wat vanjaar weer na Pretoria Boys’ High teruggekeer het na tien jaar in die Bulle en die Sharks se junior-strukture, sal bespreek hoe om ‘n kultuur binne in jou span te vestig. Hy sal ook ‘n sessie hanteer oor hoë om aanvalle van die vaste fassette te loots.
Slegs ‘n beperkte aantal afrigters kan geakkommodeer word.
“Ons referente beloof weer om van hoogstaande gehalte te wees en sal die kennis en ervaring van huidige tendense en metodes met ons te deel,” het Hans Coetzee gesê.
2017 Referente:
• Franco Smith: Unstructured Attack vs Structured Defence
• Deon Davids: Transitioning Moments in the Game
• Paul Anthony: Creating team Culture & Getting into Attack Shape from a Set-Piece
• André Tredoux: Game-based approach to coaching
• Cash van Rooyen: Dynamic, Specific Match Warm-ups
• Kevin Musikanth: Scenario-Based Coaching
• Dr. Andrew Green: Bio-mechanics of Scrummaging
• Riaan Lombard: Re-active Agility
Vir meer inligting stuur ‘n epos na hwcoetzee1@gmail.com of bel vir Hans Coetzee by 083 459 0903.




