Skolerugby uitslae – 28 Mei 2016
Potchefstroom Volkskool se eerste rugbyspan het gister ’n droogte van vyf jaar in sy jaarlikse ENB Classic Clash teen Potchefstroom Gimnasium op die Fanie du Toit-veld verbreek.
Volkies was naelskraaps met 18-17 in ’n senutergende kragmeting oor Gimmies baas. Volkies se senter Henri Campher het ongeveer vyf minute oor in die kragmeting vir die tweede keer die doellyn oorgestaak om die droogte te verbreek. Volkies was laas in 2011 met 38-17 baas.
Gimmies het teen lemoentyd met 17-13 voorgeloop. Die span se binnesenter, Edrich Cronjé, was verantwoordelik vir al sy span se punte via twee verdoelde drieë en ’n strafdoel.
In die ander wedstryd in die Luiperds se Grootskole-liga het Wesvalia ’n houvas van 20 jaar verbreuk deur die Hoërskool Klerksdorp met 38-19 die loef af te steek. Die span se senter, Justin Basson, was uitstaande in die geskiedkundige sege. Hy het ’n driekuns aan drieë behaal en ook al vyf sy span se drieë verdoel en ook met ’n strafdoel geslaag vir ’n bydrae van 28 punte tot die oorwinning.
Voortrekker van Bethlehem het sy oorheersing in sy jaarlikse Classic Clash teen Witteberg voorgesit deur vir die negende agtereenvolgende jaar as oorwinnaars van die veld te stap. Die Trekkers was oortuigend met 51-3 op sy tuisveld baas.
Wittes kon laas in 2006 (13-10) daarin slaag om Voortrekker te klop, terwyl die wedstryd in 2007 tussen die twee spanne met 13-elk gelykop geëindig het.
Vir die wenspan het veral die vleuel Willie Naudé, agtsteman Michael Janse van Rensburg en senter Jonathan Allison met hul spel beïndruk.
Die Hoër Jongenskool Paarl het nie veel probleme teen Paul Roos Gimnasium in die Markotter-stadion in Stellenbosch ondervind om sy 32ste agtereenvolgende sege op die rugbyveld te behaal nie.
Boishaai het oortuigend met 28-3 koning gekraai meestal danksy sy skitterende werk by die afbreekpunte asook sy uitstaande vermoë op die aanval. Niemand was beter in die sege vir Boishaai as sy flank Francke Horne nie.
Die heelagter, Gianni Lombaard, het nou wel sy skopstewels in die Paarl vergeet, maar was steeds op die aanval ’n groot doring in Paul Roos se vlees.
Oakdale Landbou het op sy tuisveld vir Outeniqua met 22-3 verslaan om te bevestig dat hy vanjaar die sterkste span in die Suidwestelike Distrikte is.
Die Kwaggas van Outeniqua het hulself goed in die vaste fasette laat geld, maar kon net nie afrond nie. Oakdale se Wit Bulle se verdediging asook vermoë om omgekeerde besit in punte te omskep was die vernaamste rede vir sy derde sege op ’n streep teen Outeniqua.
In Durban het Durban High School amper daarin geslaag om Glenwood vir die eerste keer sedert 2006 te klop. Die Springkane (Glenwood) het naelskraaps met 24-23 teen die Perdevlieë deurgeskraap om sy onoorwonne status vanjaar te behou.
Durban High School wat vanjaar se 150ste bestaansjaar vier word deur die voormalige provinsiale spelers Scott Mathie en Ronnie Uys gebrei. Die span het op ’n stadium ’n voorsprong van 16-10 in die wedstryd geniet.
In die Virseker Beeldtrofee het EG Jansen sy spiere gebult deur die Hoërskool Rustenburg met 71-20 op sy tuisveld in Boksburg kaf te draf. Die span van Boksburg se skrumskakel, Ginter Smuts, het 31 punte aangeteken deur drie keer die doellyn oor te steek asook om met agt doelskoppe te slaag.
Monument het op sy tuisveld in Krugersdorp vir Kempton Park met 36-3 omgedop, terwyl die Hoërskool Nelspruit se Rhinos sonder twyfel die beste span in Mpumalanga is na hy die Hoërskool Middelburg met 23-10 geklop het.
Al die uitslae:
NOORDVAAL
Blou Bulle: Affies 52, Jeppe High School for Boys’ 32; Garsfontein 39, Menlopark 24; Eldoraigne 55, Montana 10; Wonderboom 54, HTS John Vorster 3; Centurion 10, Zwartkop 10; Die Wilgers 19, Midstream College 15; Oos-Moot 62, Pretoria-Noord 0; Hoërskool Tuine 13, Wagpos 8; Gerrit Maritz 14, Pretoria THS 12; Overkruin 51, HTS Tuine 0; Curro Hazeldean 41, Uitsig 34; Southdowns College 50, Herronbridge 7; Maragon Olympus 24, Curro Roodeplaat 18.
Leeus: Monument 36, Kempton Park 3; Helpmekaar 36, Waterkloof 20; Linden 40, Riebeeckrand 14; Fochville 24, Trinityhouse 7; Bekker 17, Trinityhouse 14; Parktown Boys’ High 18, Pretoria Boys’ High 15; King Edward VII 22, St. Alban’s College 5.
Limpopo: Hoërskool Pietersburg 40, Ben Vorster 29; Frikkie Meyer 22, HTS Tom Naudé 12; Frans du Toit 55, Louis Trichardt 19; Ben Viljoen 8, Hans Strijdom 7; Piet Potgieter 52, Ellisras 7.
Luiperds: Potchefstroom Volkskool 18, Potchefstroom Gimnasium 17; Wesvalia 38, Hoërskool Klerksdorp 19; Schweizer-Reneke 60, HTS Rustenburg 0; Hartebeespoort 19, Brits 18.
Pumas: Hoërskool Nelspruit 23, Hoërskool Middelburg 10; Piet Retief 50, Volksrust 17; Hoogenhout 41, Standerton 17; Ermelo 19, Ligbron 14; Secunda 38, Generaal Hertzog 10; HTS Witbank 36, Rob Ferreira 20; Lydenburg 37, Bergvlam 17; Penryn College 36, Uplands College 17; Morgenzon Landbou 88, Curro Bakenveld 7; Carolina 12, Belfast 12.
Valke: EG Jansen 71, Hoërskool Rustenburg 20; Hugenote (Springs) 26, Transvalia 23; Dr. Malan 43, Benoni High 18; Vereeniging Gimnasium 35, Heidelberg Volkskool 10; Driehoek 31, Hans Moore 3; Stoffberg 19, John Vorster (Nigel) 15; HTS Sasolburg 20, Hoërskool Sasolburg 10.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Voortrekker 51, Witteberg 3; Diamantveld 49, Landboudal 0; Goudveld-Hoërskool 71, Hoërskool Kroonstad 3; Hentie Cilliers 26, AHS Kroonstad 6; Welkom Gimnasium 46, HTS Welkom 14; Bothaville 19, Riebeeckstad 5; Wessel Maree 24, Hennenman 24; De Aar 27, Vaalharts 24;Harrismith 21, Reitz 0; Reitz 18, Vrede 15; President Steyn 59, Tsoseletso 7; Sandveld 18, Hoopstad 15; Vrede 21, Ficksburg 18; Brandfort 61, Hoërskool Bloemfontein 10.
OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL
Glenwood 24, Durban High School 23; Grey PE 61, St. Andrew’s College 7; Brandwag (Uitenhage) 39, Otto du Plessis 7; Framesby 32, Marlow Landbou 28; Selborne College 49, Cambridge 13; Kearsney College 82, St. Stithian’s College 5; Itembelihle 28, HTS Newton 22; HTS Daniël Pienaar 29, Pearson 16; Dale College 35, Kingswood College 29; Maritzburg College 27, Westville Boys’ High 16; Nico Malan 12, Graeme College 12; Michaelhouse 19, St. John’s College 8.
WES-KAAP
Hoër Jongenskool Paarl 28, Paul Roos Gimnasium 3; Oakdale Landbou 22, Outeniqua 3; Paarl Gimnasium 45, Bishops 10; HTS Drostdy 43, Punt 12; Boland Landbou 34, Stellenberg 22; SACS 17, Brackenfell 13; Durbanville 53, Hottentots-Holland 7; Parel Vallei 33, HTS Bellville 27; Overberg 50, Labori 9; Hermanus 36, Bredasdorp 15; Swartland 50, Vredenburg 0; Rondebosch Boys’ High 29, Strand 9; Worcester Gimnasium 19, Hoërskool Bellville 19; Oudtshoorn 31, DF Malan 24; Wynberg Boys’ High 42, De Kuilen 15.
NOORDVAAL
Blou Bulle: Affies 52, Jeppe High School for Boys’ 32; Garsfontein 39, Menlopark 24; Eldoraigne 55, Montana 10; Wonderboom 54, HTS John Vorster 3; Centurion 10, Zwartkop 10; Die Wilgers 19, Midstream College 15; Oos-Moot 62, Pretoria-Noord 0; Hoërskool Tuine 13, Wagpos 8; Gerrit Maritz 14, Pretoria THS 12; Overkruin 51, HTS Tuine 0; Curro Hazeldean 41, Uitsig 34; Southdowns College 50, Herronbridge 7; Maragon Olympus 24, Curro Roodeplaat 18.
Leeus: Monument 36, Kempton Park 3; Helpmekaar 36, Waterkloof 20; Linden 40, Riebeeckrand 14; Fochville 24, Trinityhouse 7; Bekker 17, Trinityhouse 14; Parktown Boys’ High 18, Pretoria Boys’ High 15; King Edward VII 22, St. Alban’s College 5.
Limpopo: Hoërskool Pietersburg 40, Ben Vorster 29; Frikkie Meyer 22, HTS Tom Naudé 12; Frans du Toit 55, Louis Trichardt 19; Ben Viljoen 8, Hans Strijdom 7.