Sentraal sit Klofies koud
DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Sentraal het Saterdag ‘n verdere waarskuwing aan sy teenstanders van 2014 gestuur toe hy Hoërskool Waterkloof van Pretoria 35-21 verslaan het.
Tralies se losskakel, DP de Lange was aan die spits van sy span se oorwinning. Hy het 20 van sy span se punte aangeteken. Hy het ook die aanvoorwerk vir die vleuel, Zirk Kok se drie net voor rustyd gedoen. Die tuisspan het rustyd 18-6 voorgeloop. Klofies het egter in die tweede helfte terrug geveg en sake gelyk getrek tot 18-elk. Die span van die Jakarandastad het selfs op ‘n stadium 21-18 die voortou geneem.
Sentraal het minder balbesit as Klofies geniet, maar die span het sy kanse beter benut. De Lange se taktiese skopwerk was ook van hoogstaande gehalte. Sy 20 punte het via ‘n drie, drie doelskoppe en drie strafdoele gekom.
Die besoekers se losskakel, Tinus de Beer het self ‘n stewige vertoning gelewer. Waterkloof het egter in die eerste helfte besluit om ‘n hele paar strafskoppe binne trefafstand nie pale toe te korrel nie. De Beer is ‘n sterk aanspraakmaker om later vanjaar die Blou Bulle op die Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Middelburg te verteenwoordig.
Tralies se flank, EP Nel het self goeie spel tydens die sege voorlangs gelewer. Hy het dubbele driedruk-plesier ervaar. Die slot SJ Wessels het ook ‘n stewige vertoning gelewer.
Sentraal het nou drie indrukwekkende seges agtereenvolgens oor Noord-Kaap van Kimberley, Hentie Cilliers van Virginia en Waterkloof behaal.
Die Vrystaatse A1-liga beloof om vanjaar een van die taaiste en opwindendstes nog te wees. Louis Botha en Jim Fouché se spanne het reeds ook al vanjaar hulle spiere gebult. Albei is nog onoorwonne, terwyl Fichardtpark ook vanjaar al gewys het dat hy nie vanjaar die aftog gaan blaas nie. Sentraal kon nog nooit sedert die ontstaan van dié liga met die kroon wegstap nie
Puntemakers:
Sentraal 35 (18) – Drieë: EP Nel (2), DP de Lange, Zirk Kok. Doelskoppe: De Lange (3). Strafdoele: De Lange (3). Waterkloof 21 (6).
- Standard Bank Festival Season to showcase tomorrow’s stars - 2025-03-27
- School Rugby Results – 22 March 2025 - 2025-03-22
- Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle - 2025-03-22